R.I.V Arrie de Beer.  

10 Junie 1942 - 20 Oktober 2021

Arrie sou binnekort hierdie gesprek inlei, waarna ons almal so lankal uitsien. Sy humor, prikkelende gesprekke sal altyd onthou word. 'n Ware heer en uitnemende gespreksgenoot. 


"Wat op aarde gaan aan met die nuus?" - Arrie de Beer.


Dis nou nie meer fake news nie, maar mis-, dis- en malinformation. 

Waarheen nou? Arrie praat oor die onstaan van nuus en die joernalistiek in die Romeinse era, die verloop daarvan, die hede  en waarheen die joernalistiek en nuus onderweg is. En hoe ons dit dalk kan hanteer.


Arrie de Beer is 'n buitengewone professor in die department joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy stel sedert hy sy verstand gekry het, belang in die verskynsel nuus. Sedert  sy studentedae het hy daaroor navorsing gedoen en later daaroor gepubliseer. Hy was ook betrokke by media-instansies soos die SAUK-raad; die Mediaraad en Sanef In sy jong dae was hy hoofsubredakteur van Die Burger en ook redakteur van die Ensikolopedie van die Wêreld op Stellenbosch. Hy het saam met Max du Preez voor die TRC se Mediasitting op uitnodiging van (toe) Biskop Desmond Tutu getuig toe Naspers dit nie wou doen nie. Tot onlangs was hy lid van die uitvoerende komitee van die Worlds of Journalism-projek, die grootse ondersoek na die joernalistiek wat nog wêreldwyd onderneem is. Hy moes in 2002 op 60 weens 'n ingypende Puk-beleidsbesluit aftree.  Om redes wat net aan hom bekend is, voer hy soms met sy minibulterriërhond, Pablo, 'n gesprek op Facebook.