"Jy is jou brein!" Jy is nie jou brein nie!"
Nie een van die twee nie?
Mens, wie is jy dan...

Wilhelm Jordaan.

Met die koms van neurowetenskap oor brein en bewussyn het die eeue oue, en steeds onopgeloste, liggaam-gees-probleem verdiep. 

In hierdie gesprek gaan Wilhelm die reduksionistiese opvattings  in die titel kortliks prakties (nie diep-filosofies nie!) bekyk en spekuleer oor ‘n werkbare alternatief; ‘n ander manier van wees. Daarmee saam kom belangrike, selfs opwindende, implikasies vir lewenswerklike dinge soos moraliteit en spiritualiteit.

 Wilhelm Jordaan studeer voorgraads aan die Universiteit van die Vrystaat en nagraads aan die Universiteit van Stellenbosch en UNISA. Ná ‘n aantal jare as joernalis by Volksblad in Bloemfontein, Welkom en Klerksdorp word hy in 1969 lektor in sielkunde aan UNISA waar hy later hoof van die departement sielkunde, visedekaan (Fakulteit Lettere) en lid van die Unisaraad was.

WAARMEE HOU HY HOM TANS BESIG?

“Lank-lank gelede, byna soos in ‘n sprokie, moes ek ‘n intreerede by Unisa hou. My onderwerp was ‘n Grammatika vir Menskunde. Dit het gegaan oor hoe die sielkunde kan baat deur interdissiplinêre samewerking, byvoorbeeld tussen sielkunde, teologie, letterkunde en filosofie. In my akademiese loopbaan was dié tema vooropgestel en die rubrieke wat ek sedert 1987 vir Afrikaanse koerante skryf, is ‘n voortsetting daarvan. Die projek kom nie klaar nie. Jy kan maar sê ek werk nog steeds aan ‘n onvoltooide én onvoltooibare grammatika vir menskunde.

Daarnaas hou ek van lees oor alles en nog wat, vuurmaak, vleisbraai, kyk na die sterre, tuinmaak, reis na stil beskutte plekke, gesels met my geliefde, wanneer ek kan klets met my kinders en kleinkinders en praatjies maak vir die vaak – soos vanaand. " 

                                 IEDEREEN WELKOM !

PLEK: Die Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
DATUM: Vrydagaand 3 Mei 2024
TYD: Vanaf 6nm

TOEGANG: R140 pp sluit ’n glasie wyn in! 

Pizza, soetgoed en koffie is ekstra beskikbaar.

Bespreek asb by  Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za

en betaal met dié datum W03/05 en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee

 

“Kan kommersialisering biodiversiteit beskerm?” – Elise Tempelhoff.

Die biodiversiteits-ekonomie beoog om die hele bewaringlandskap van SA radikaal te verander. Kommentaar oor die voorgestelde wetgewing moet gelewer word teen 12 April en dit is noodsaaklik dat almal wat SA lief het en ons land respekteer, daarop kommentaar moet lewer. Afskrifte van die Witskrif sal beskikbaar wees.

Elise Tempelhoff werk die afgelope 14 jaar as spesialis omgewingsjoernalis by Media24, veral bekend vir haar indringende ondersoeke oor die wyse waarop Suid-Afrikaanse maatskappye ons omgewingswetgewing toepas, al dan  nie en hoe dit menseregte raak. Sy skryf oor die handel met plante, wild en wildprodukte, asook oor water en die invloed van mynbou op die omgewing. Tans ondersoek sy Operasie Phakisa, veral invloed van die uitgebreide soektog na olie en gas in die Suid-Afrikaanse oseaan op die mariene ekologie. Elise het reeds twee keer die SAB prys vir omgewingsjoernalistiek ontvang en is in 2009 ook met die FAK se HB-Thom prys vir joernalistiek vereer, asook in 2010 'n merieteprys vir omgewingsjoernalistiek ontvang vir onthullings oor die Aurora-sage by die Grootvleimyn en in 2016 die SANParke omgewingsprys, die Koedoe-toekenning, vir haar bydrae tot omgewingsbewaring ontvang. 

Iedereen welkom!

 

Datum: Saterdagoggend 6 April 2024

Tyd: Vanaf 09:00.

Plek: Pronk, Greenlyn Village, Menlo Park, Pretoria

Toegang: R190pp. Ontbyt en koffie/tee/sap ingesluit.

Bespreek vroegtydig by +27(0)828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal asb met dié datum P06/04 en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee