10 Junie - Friedrich Nietzsche as Afrikaner – 'n verbeeldingsvlug

Louis du Plessis worstel met die vrae: Wie is 'n Afrikaner? Wie is Friedrich Nietzsche? Simboliseer Nietzsche vandag dalk iets vir die Afrikaner?



Vrydag 10 Junie vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word. 

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

 

Louis is die skrywer van "Die berge waaroor Afrikaners klim", gepubliseer deur die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum. Voorts verdiep hy hom sedert 1972 in Nietzsche en beskou meeste van sy werke, veral "Die vrolike wetenskap" (Die fröhliche Wissenschaft) en "Anderkant goed en kwaad" (Jenseits von Gut und Böse), as onder die boeiendste geskrifte wat al sy pad gekruis het

Louis du Plessis verwerf 'n M in politieke filosofie in Stellenbosch onder Johan Degenaar en doktoreer in 1988 in politieke wetenskap in Pretoria met lof. Tydens sy weermagloopbaan aan verskeie eenhede, doen hy ook operasionele diens. Sy moedereenheid is 1 Valskermbataljon. As dosent aan die Fakulteit Krygskunde in Saldanha, en as professor en direkteur van die Sentrum vir Militêre Studie van die Universiteit van Stellenbosch, onderneem hy feitesendings aan strategiese sentra en weermagte op alle vastelande. Hy is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 'n redaksielid van die "Verklarende Politieke Woordeboek" en mederedakteur van verskeie werke oor strategiese kwessies.

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee met die tema #NietzscheasAfrikaner

Iedereen Welkom !

 

rsvp: 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

 

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria

 

Toegang tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie voltooi nie. Daar is wagte buite.