TEMA: Ode aan die Mensdom, Sophocles, Antigone, 332-375.

SPREKER: Danie Lombard.

‘n Sentrale koorlied in Sophokles se Antigone besing die voortreflikheid van menslike tegnologiese prestasies, maar ook die gevaar wat daarin geleë is. Hierdie ode is deur filosowe soos Hegel en Heidegger opgeneem en geïnterpreteer, en dit open ook Hans Jonas se werk ‘Das Prinzip der Verantwortung’. Hegel en Heidegger poog om die betekenis van die lied in nadenke op die aard en bestaan van die mens toe te pas; Jonas beklemtoon die tematiese aktualiteit daarvan. Die huidige bydrae is beperk tot 'n meer beskeie poging om die lied en sy posisie in die tragedie te interpreteer en genoemde vertolkings krities te evalueer. Daarna sal dit hopelik ’n gesprek onder ons stimuleer oor die voortdurende aktualiteit van die Sophokleïese lied in die lig van kernnavorsing en KI.

Danie Lombard het in Freiburg i.Br. onder die Plato-kenner Hermann Gundert gestudeer en gespesialiseer in die neerslag van voorsokratiese denke in die tragedies van Euripides. Sy latere navorsing het ook die antisipasie van Platoniese etiek by Euripides belig. Ná sy terugkeer na Suid-Afrika was hy uiteindelik Hoof van Klassieke by Unisa. Hier het hy sy navorsingsgebied uitgebrei na mondeling oorgelewerde digkuns, aangesien isiZulu-prysgedigte ’n lewende laboratorium bied vir ’n vergelykende ondersoek na die voorskriftelike mondeling-poëtiese tegnieke wat ook die grondslag vorm van die oudste Westerse narratiewe epos, die Ilias en die Odysseia. Hierdie werk het neerslag gevind in Duitse klassiek-filologiese en volkskundige publikasies. Weens sy kennis van akkulturasie is hy by UP se Fakulteit Gesondheidswetenskappe betrek as mentor en kontekstuele tutor.

IEDEREEN IS WELKOM!

http://filosofiekafee.blogspot.com

Filosofiekafee


Datum: Saterdagoggend 30 Mei 2026

Tyd: vanaf 9vm – 12nm

Plek: PROE(voorheen PRONK), Afriforum Teater, Greenlyn Village-sentrum, Menlo Park, Pretoria.

Bespreek asb by Lamé +27(0)828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.

Toegang: R150pp sluit ‘n kontinentale ontbyt in.

Betaal asb met dié datum P30/05  en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee



TEMA: Watter rol speel erekodes in samelewings?

SPREKER: Marthie Momberg

Sosiale gebruike wat eens lank as aanvaarbaar, of selfs eerbaar, beskou is (dink aan slawehandel en Britse tweegevegte) verdwyn soms vinnig – selfs binne een geslag. Sulke praktyke word dan raakgesien as belaglik of as verregaande onregte. In terugskouing vra mens saam met Kwame Anthony Appiah –  wat het ons besiel? Hoe kon ons dit vir soveel jare toelaat? Sistemiese onreg verdwyn egter nie omdat dit skielik as onpraktiese, oudmodiese, of immorele praktyke herken word nie. Waarom dan? Kom gesels saam oor erekodes en morele revolusie in die konteks van Israel, die Palestyne en die rol van die wêreldgemeenskap

Marthie Momberg het nagraadse kwalifikasies in teologie, letterkunde en onderwys, waaronder 'n doktorsgraad in teologie. Een van haar primêre fokusgebiede is die Israel-Palestina kwessie nadat sy in 2011 namens die Wêreldraad van Kerke menseregteskendings in Israel en Palestina gemoniteer het. Sy probeer tans genoeg tyd kry vir vars lug en skilder, maar dien steeds op nasionale en internasionale liggame en lewer gereeld kommentaar in plaaslike en internasionale media. Haar akademiese bydraes asook haar vroeëre professionele bydraes in die korporatiewe sektor is verskeie kere bekroon.

IEDEREEN IS WELKOM!

Filosofiekafee

Datum: Vrydagaand  8 Mei 2026

Tyd: vanaf 6nm – 9nm

Plek: ATKV Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.

Toegang: R150 pp sluit ‘n welkomsdrankie in.

Betaal asb met dié datum W08/05  en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee