15 April - Afrikaanse Filosofie: Bestaan daar so iets?

Koos Malan tree in gesprek met Pieter Duvenage oor sy nuwe boek 'Afrikaanse Filosofie'.



Vrydag 15 April vanaf 19:00 

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

 

Pieter Duvenage.
Pieter Duvenage.

'Oor ’n periode van byna twee dekades, wat nagenoeg saamval met die eerste twee dekades ná die einde van apartheid, het Duvenage in samewerking met sy gespreksgenote ’n merkwaardige tydsdokument saamgestel. In hierdie tydsdokument blyk nie net watter boeiende denkarbeid in die skadu van apartheid – dit wil sê baie beslis ook in die lang geskiedkundige skaduwee wat apartheid vandag nog gooi en nog lank gaan gooi – deur hierdie denkers in Afrikaans verrig is nie, maar ook watter reuse-denkuitdagings die plaaslike konteks steeds stel.

Die vraag waarmee Duvenage en sy gespreksgenote my uiteindelik gelaat het, is: Wie sal verantwoordelik en dapper genoeg wees om hierdie uitdagings vandag en môre te aanvaar?

Van die antwoord op hierdie vraag sal afhang of die morele en nog onvoltooide taak om die denke van elders hier, in Afrikaans, te laat tuiskom, voortgesit sal word.

Want dit is ’n taak wat nog wag.' - Johann Rossouw op Litnet.co.za. Lees die volledige resensie.


Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee met die tema #AfrikaanseFilosofie.

Iedereen Welkom !

rsvp: 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria


Toegang tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie voltooi nie. Daar is wagte buite.