November 29:"Camus 100: Die blywende betekenis van Albert Camus - ook vir Suid-Afrika" - Pieter Duvenage

-->
Wie is hierdie enigmatiese denker-skrywer wat die geeste, internasionaal en in Suid-Afrika, bly boei? Met die herdenking van sy honderste geboortedag (7 November) is dit die moeite werd om weer na sy blywende betekenis te kyk.
Hierdie bydrae fokus nie net op die biografiese aspekte van Camus se lewe nie, maar ook op die tematiese ontvouing van sy denke. Die standaard-interpretasie van Camus is sy hantering van begrippe soos die absurde, verset, rebellie - met ander woorde die vroeëre fase van sy eksistensialisme. Dié bydrae sal egter ook aantoon dat daar 'n latere fase by Camus bestaan. Dit is naamlik die fase van die vroeë-1950's tot met sy onverwagse dood in 1960. Hierdie fase word gekenmerk deur die volgende tematiese verskuiwing: individu en gemeenskap, die ander, geregtigheid, liefde asook die plaaslike en die universele. Kortom: In hieredie bydrae sal daar gepoog word om 'n genuanseerde blik op Camus te ontwikkel in gesprek met 'n Suid-Afrikaans en Afrikaanse gehoor. 

--> Pieter Duvenage is in 1963 gebore en het filosofie in Suid-Afrika en Duitsland studeer. Hy het vanaf 1995 dosentposte in filosofie beklee aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite asook twee Australiese universiteite (met kampusse in Johannesburg). Sedert 2011 is hy professor en hoof van die departement filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. 
 Hierdie is die laaste gesprek vir die jaar, en dus ons afsluiting. Kom gerus vroeg en geniet die samesyn, daar is nog Beaujolais Nouveau beskikbaar!
Cafe Riche
Kerkplein  2
Pretoria. Parkeer op Kerkplein. 
R75 per persoon (sluit 'n heerlike aandete in wat bedien word al vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 of caferiche@kerkplein.co.za