Januarie 31 vanaf 19:30: "Wie die laaste (s)lag....." - Christo Lombaard


"Wie die laaste (s)lag......"
Genesis 22 kan waarskynlik as die tweede aakligste hoofstuk in die Bybel beskou word. Dit is ook 'n kunstige kort-kortverhaal wat mense briesend maak: God wat aan Abraham opdrag gee om sy seun Isak te offer. Waar figureer die God van liefde, lewe en vryheid dan? Hierdie hoofstuk dwing mense tot moralismes oor gehoorsaamheid of Godsgeheimenis.



Maar wát sê hierdie "Catch 22"-hoofstuk nou eintlik?  Die voorstelle in hierdie verband staan al op vyf; nee, ses; nee, sewe...
Kom dink saam en praat saam, oor wie eintlik die laaste (s)lag in Genesis 22:1-19


Christo Lombaard is professor in Christelike spiritualiteit aan Unisa.

Vir sy jongste boek, The Old Testament and Christian Spirituality(Atlanta, Georgia; 2012), het hy die 2013 Krister Stendahl-medalje vir Bybelwetenskap in die VSA ontvang.

Vrydagaand 31 Januarie 2014 vanaf 19:30
Café Riche (Soffkamer)
Kerkplein 2, Pretoria.
R80 per persoon (sluit 'n heerlike aandete in wat vanaf 18:00 gereed is)
rsvp: 012 328 3173  / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein (Wagte word gereël)