November 28: "Hoe dan dat die skeurvallei dié digter so verlei?" -Andries Bezuidenhout verken waaróm in hierdie gesprek met Johann Lodewyk Marais.

Hierdie is die bekendstelling van Johann Lodewyk Marais se negende digbundel, Nomade (Cordis Trust 2014).
Dit is ook die afsluiting van vanjaar se program. Kom dus vroeg genoeg en geniet die tuuruur in die hart van ons stad. Ontmoet nuwe gespreksgenote  en dink saam oor aktuele sake van belang.

Tans konstruksie op Kerkplein weens opgradering:
Toegang dus via Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat en dan parkeer reg voor Cafe Riche.
Behoorlike beligting met 3 solarligte, en sigbare teenwoordigheid van Metro Polisie. Wees skepties oor lapswaaiers.

19:30 Soffkamer, Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.
R80 pp sluit aandete in.
rsvp: 012 328 3173.

Oktober 31: "Het Freud 'n toekoms?" -Philippe Van Haute

'Heeft Freud een toekomst?'

De psychoanalyse staat toenemend onder druk vanuit zowel wetenschappelijke , als wijsgerige hoek. Haar opvattingen zijn voorbijgestreefd, haar therapie werkt niet  en buitendien is ze  in hoge mate conservatief. Ze kan beter maar snel verdwijnen. Toch bevatten met name Freuds inzichten over de seksualiteit tal van inzichten die van betekenis kunnen zijn voor een hedendaagse, progressieve seksuele moraal. Ik zal deze inzichten behandelen in het licht van hedendaagse debatten over wat in de seksualiteit als ‘normaal’ zou kunnen gelden. Zo zal duielijk worden dat de psychoanalyse veel minder conservatief en (bijgevolg?) veel actueler is dan vaak wordt aangenomen.

Philippe Van haute is gewoon hoogleraar wijsgerige antropologie aan de Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland). Hij is psychoanalyticus bij de Belgische School voor Psychoanalyse waarvan hij tussen 2006 en 2009 voorzitter was.

Inleiding in Nederlands: vrae in Afrikaans of Engels 

Iedereen Welkom!
R80 pp - sluit aandete in, wat gereed is vanaf 18:00
rsvp: hostess@caferiche.co.za / 012 328 3173

Toegang tot Kerkplein tans vanaf Pretoriusstraat, via Parlementstraat (tussen Ou Raadzaal en Capitol Teater)
weens opgraderings.
Parkeer reg voor Cafe Riche; ADT wag aan diens.
“Wat bly mense voeter met ontgroening in die jaar 2014?”- Johan Snyman


Daar is ‘n paar hardnekkige wanopvattings oor ontgroening wat nou weer kop uitgesteek het na die herrie op die Potchefstroomkampus van NWU vroeg in die jaar, soos dat ontgroening en tradisie ten nouste met mekaar verbonde is; dat ‘bonding’ noodsaaklik is vir die lewe, dat dit in ‘n universiteitskoshuis aangeleer word, en dat ontgroening die hoekstene daarvoor lê; dat die ‘swaarkry’ van ontgroening kosbare lewenslesse leer en herinneringe oplewer. Nog ‘n wydverspreide wanopvatting is dat ontgroening veral op voormalige Afrikaanssprekende kampusse voorkom. Sonder om die Potchefstroomse voorval te bespreek, sal ek teenargumente vir die voorgaande wanopvattings op die tafel sit. My hoofargument sal wees dat ontgroening volgens die meeste van hierdie argumente neerkom op ‘n normalisering van die sogenaamde Stockholm-sindroom en dikwels ook van die Zimbardo-eksperiment. Die uitdaging wat ek aan verdedigers van ontgroening wil stel, is om praktyke in te stel waardeur gasvryheid aan vreemdelinge en nuwelinge bewys word sodat hulle sonder vrees vir hulle aanvanklike andersheid deel kan word van ‘n florerende gemeenskap.

Johan Snyman is sedert 2012 emeritus professor in Filosofie aan die Universiteit van Johannesburg, waar hy 34 jaar onderrig in Filosofie gegee het. Sy aanvanklike skoling in Reformatoriese filosofie en sy latere kennismaking met die Kritiese Teorie van die Frankfurtse Skool (interessante parallelle ten spite van oënskynlike diepgaande verskille!) het hom sedert sy studentedae links van apartheid en van ontgroening gemaak. Hy het al in 1967, in sy eerste jaar op die Puk, ongemaklike vrae gevra oor die Sieg Heil!-saluut wat hy en sy mede-eerstejaars in Makouvlei moes gee.  Tans spits hy hom daarop toe om meeste van die boeke waarna hy altyd moes verwys het, te lees, en die bolle en plante wat hy altyd moes uitstel om te plant, aan die groei te kry en aan die groei te hou.
  Iedereen Welkom ! 

Vrydagaand 19:30  in die Soffkamer,
Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
R80 pp (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein.






Augustus 29: “Die uitdaging wat etiese kwessies tydens mediese navorsing in Afrika bied.”-Mariana Kruger

Navorsing is krities belangrik om algemene voorkombare siektes te ondersoek en maniere te vind om hierdie siektetoestande beter te hanteer én effektief te voorkom. Afrika het haar eiesoortige problematiek soos erge armoede, beperkte toegang tot mediese sorg, weerloosheid van weeskinders, ensovoorts. Gevolglik is die beskerming van navorsingsdeelnemers in die mediese navorsingsproses uiters belangrik.

Mariana Kruger is die redakteur van ‘n boek - pas vrygestel - wat handel oor die etiese hantering van navorsing in Afrika. Alle aspekte van navorsing word in hierdie publikasie bespreek vanaf die hantering van kliniese proewe tot die deelname van weerlose kinders, asook genetiese navorsing in Afrika.  Hierdie boek, wat befonds is deur die European and Developing Countries Clinical Trials Partnership(EDCTP), is in Julie in Berlyn bekendgestel.

Mariana is ‘n kinderonkoloog en etikus. Sy is tans vol professor en uitvoerende hoof van die departement Pediatrie en Kindergesondheid te Stellenbosch Universiteit en Tygerberg Hospitaal. Sy dien op verskeie etiek-komitees en is tans die Afrika kontinentale president van die Internasionale Vereniging van Kinderonkologie (SIOP).


Iedereen Welkom ! 

Vrydagaand 19:30  in die Soffkamer, Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
R80 pp (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein.
 

 

Vrydagaand Julie 25: "Pittige Burgerskap: Humor en Vryheid in die Openbare Sfeer" - Louise Mabille

-->
'Pittige Burgerskap: Humor en Vryheid in die Openbare Sfeer'   
Dame: ‘Winston, jy is walglik dronk!’
Churchill: ‘Ja ek is. En jy is lelik. Maar more is ek sober en dan is jy is nog steeds lelik.’


Een van die barometers om die stand van 'n gesonde openbare sfeer te bepaal is om te kyk of burgers op 'n skerpsinnige manier met hulle eie taal kan omgaan. Die Engelse tradisie, met sy sterk demokratiese wortels, is bekend vir sy 'wits' - Winston Churchill, G. K. Chesterton, George Bernard Shaw, J.B. Synge, Oscar Wilde - die beste Engelsman is gewoonlik 'n Ier- om maar 'n paar te noem. Dit is egter hoegenaamd nie afwesig in Suid-Afrika nie. Afrikaners kan ook gevat wees. Aan die hand van 'n aantal skerpsinnige voorbeelde gaan ons 'n gesprek voer oor hoe ironie, satire en ondermyning vryheid in die openbare sfeer  in stand hou. 
-->
Louise is besig met voorbereidings vir ’n doktersgraad by die Universiteit van Hull, oor die onderwerp 'transhumanisme' - die politieke implikasies van die tegnologies-gerekonstrueerde subjek. 'n Artikel, 'Nietzschean heresy' oor hoe Nietzsche die sg 'nuwe ateiste sou hanteer het, het vroeër vanjaar in die populêre Britse filosofietydskrif The Philosopher's Magazine verskyn, en 'n boek oor hierdie onderwerp volg later by Bloomsbury. Verder doen sy navorsing oor republiekanisme in die VSA en begin versigtig aan 'n roman te werk...
 
Iedereen Welkom ! 
Café Riche 
Kerkplein nr 2, Pretoria.
R80 pp sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00 
rsvp: 012 328 3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein - karwag gereël 


Terugberig: 27 Junie 2014

-->
Vrydagaand se Filosofiekafee-onderwerp was ‘Distopia en Utopia: die rol van politieke en sosiale aspekte in kuns,’ aangebied deur Diek Grobler.

Die spesifieke vorm van kuns wat onder die loep geneem is was animasie.  Twee formate is aanwesig in die wêreld: eksperimentele animasie, wat nie populisties is nie, nie aandring op ‘n gelukkige einde nie en selfs nie vereis dat alles in die film verstaanbaar hoef te wees of ‘n ‘storie’ hoef te vertel nie.  Dan is daar kommersiële of ‘Disney’ animasie, wat aandring op ‘n storie - een met ‘n goeie einde - en meestal gemik is op kinders.  Dié styl maak gebruik van vergrote bewegings en oordrewe ‘toneelspel’ van die karakters.  Die styl is grootliks voorskriftelik en dus voorspelbaar.  Hierdie styl is dominant in die Engelssprekende wêreld en word nie gevind in bv Franse of Spaanse animasiefilms nie.

Daar was ‘n interessante variasie op die normale formaat van die Filosofiekafee, in die vorm van die vertoning van ‘n animasiefilm van 1979, A Tale of Tales deur Russiese kunstenaar Yuri Norstein.

Norstein was nooit populêr in sy tyd nie en moes binne moeilike beperkinge werk in die destydse USSR.  Sy werk was nie gesensor as sulks nie, maar hy is nie toegelaat om te toer daarmee nie, selfs nadat hy begin pryse wen het in die Weste. A Tale of Tales word deur meeste kenners beskou as die beste animasiefilm ooit.  Dit het vier jaar geneem om te maak en al die werk is deur Norstein self gedoen.  Dit sou onmoontlik wees om so ‘n film vandag te vervaardig, aangesien dit veels te duur sou wees.

Die werk is grootliks outobiografies van aard en is gestruktureer soos  menslike herinneringe.  Daar is dus nie ‘n netjiese, chronologiese opeenvolging nie; beelde verskyn herhaaldelik; een gedagte lei na ‘n ander; daar is ‘n sterk invloed van jeugdige gebeure wat ‘n groot indruk gemaak het.  Herhalende temas is
-   Oorlog en die vernietigende effek op Rusland van die stryd op die front tydens WW II
-   Die lig in die oop deur aan die einde van die gang
-   Groen appels
-   Die baba wat soog
-   Die kat op die tafel
-   Vuur binne en sneeu buite.
-    
Die ‘karakters’ wat herhaaldelik verskyn is die digter, ma met die stootwaentjie, die dogtertjie met die groot bul, die seuntjie in die park met die kraaie, dansers, soldate en die grys wolfie. Die wolfie (met groot kop en groot ronde oë) kom uit ‘n baie bekende Russiese wiegeliedjie wat verwys na die wolf wat die baba sal kom steel – soos ook uitgebeeld in die film.

Kleurgebruik is besonders: die meeste beelde is wat ‘n mens seker ‘sepia’ sal noem; effens bruinerig.  Nou en dan is daar helderder kleure bv die groen appel en in die park.  Gedeeltes van die film het byklanke wat ingevoeg is of stilte.  Musiek word effektief gebruik: die klankbaan is gekomponeer deur Mikhael Meyerovich en het ook snitte uit komposisies van Bach, Mozart en ‘n tango vir die dansers van Petersburski.

Die gesprek ná die tyd was interessant.  Reaksies het gevarieer van mense wat koud gelaat is tot ander wat meegevoer is deur die film.  Dit is beskryf as ‘soos ‘n droom’, magies, meesleurend. Dit kyk terug na ‘n nostalgiese utopie – het dit ooit regtig bestaan? Die utopiese ideaal is wel onderliggend aan die kommunisme; daar is egter altyd die menslike factor. Daar is gevra of die meeste van ons ingestel is op woorde – is ons dalk ‘dom’ oor die visuele en vind dit dus verwarrend?  Die film is gemaak vir alle oë en is nie elitisties nie. 

Ten slotte het Diek geantwoord op ‘n vraag oor hoe die film gemaak is.  Norstein het dit letterlik self gemaak: hy was die regisseur sowel as die animeerder.  Die animasietafel het gewoonlik ‘n lig reg bo die tafel.  Norstein het ‘cut-out’ animasie gebruik teen verskeie agtergronde.  Soms het hy werklike footage gebruik soos bv voertuie op die pad wat op die agtergrond geprojekteer is.  Hy het verskeie glas tableaux gemaak wat hy gebruik het om diepte te verkry. Inderdaad ‘n kragtoer vir een persoon om te bereik.  Norstein werk reeds sedert 1981 aan ‘n film genaamd The Overcoat gebaseer op die kortverhaal van Gogol. Die einde is egter nog nie naastenby in sig nie. Sy Hedgehog in the Fog is wel voltooi en word sterk aanbeveel.

Laastens is daar genoem dat daar ‘n ATKV-projek vir Suid-Afrikaanse animasie aan die gang is asook die Mzanzi kortfilmfees, waar ses animasie films vertoon is.

Dankie aan Diek Grobler vir ‘n aangrypende aand!
Ansie de Swardt

Junie 27: “Hoe belangrik is die politieke en sosiale omstandighede vir die skepping van ‘n meesterstuk?” - Diek Grobler

Utopia versus Distopia in animasiefilms van Yuri Norstein

Yuri Norstein word beskou as een van die grootste animasiekunstenaars ter wêreld.  Hierdie reputasie berus aleenlik maar op ‘n handjievol films, en veral op die outobiografiese film  “a Tale of tales”.  Geskep in die sewentiger jare in Sovjet Rusland word die film beskou as die beste animasiefilm ooit.  Die poëtiese film  oorbrug kulturele grense met sy nostalgiese blik op die kunstenaar se jeug en die utopiese belewing van die kindertyd, ten spyte van die feit dat die verlede  vêr van idillies was.  Hoe universeel is so n utopiese belewing van die kindertyd?  hoe belangrik was die politieke en sosiale omstandighede vir die skep van hierdie meesterstuk?

 Diek Grobler is ‘n ervare en bekroonde kunstenaar wat in ‘n verskeidenheid media en dissiplines werk. In ‘n loopbaan van 23 jaar het Diek verskeie uitstallings in SA en in Europa gehou. Sy geanimeerde films is ingesluit in die amptelike seleksie van meer as 40 internasionale animasiefeeste, en hy het vier internasionale toekennings sowel as ‘n SAFTA-toekenning vir sy animasiewerk ontvang.

Iedereen Welkom !

 

Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.
27 Junie vanaf 19:30
R80 (sluit aandete in)
rsvp: caferiche@kerkplein.co.za / 012 328 3173
Parkeer op Kerkplein (Ingang tans via Parlementstraat weens opgradering konstruksies)
Karwag word gereël.
 

FilosofieKafee 30 Mei 2014 vanaf 19:30: "Wat beteken berou in 'n regskonteks?" (Engels) - Ann Skelton


 

What is the legal meaning of remorse?

Remorse, retribution and restoration.

Philosophers and legal theorists have been theorizing about punishment for several centuries. Retributivism and Utilitarianism have dominated the discourse, until the 20th century with the rise of rehabitilation, restitution, and most recently, restorative justice. What justifies punishment? How important are issues of remorse, apology and forgiveness in the pursuit of justice?

Wat beteken berou in 'n regskonteks? Filosowe en  regsteoretici dink al eeue lank oor die konsep van straf na. Vergeldende beregting en utilitarisme het die gesprek gedomineer, totdat die 20ste eeu aangebreek het met die opkoms van rehabilitasie, restitusie (of herstel) en, meer onlangs, herstellende beregting. Wat beteken straf? Hoe belangrik is die kwessies van berou, apologie en vergifnis in die nastrewing van geregtigheid?

Professor Ann Skelton graduated with a BA LLB (UKZN) in 1985 and LLD (University of Pretoria) in 2005. She has worked as a human rights lawyer in South Africa for 25 years, specialising in children’s rights. She was at the forefront of child law reform through her involvement with the South African Law Reform Commission. Ann is currently the Director of the Centre for Child Law, University of Pretoria. She often appears in the superior courts arguing children’s rights issues in a wide range of public interest law matters. She regularly attends expert meetings of UN bodies, and in 2012 she was awarded the Honourary Worlds’ Children’s Prize, presented in Sweden. She is an established researcher and has published widely in the fields of child law, family law, constitutional law, criminal justice and restorative justice

Hierdie gesprek sal ingelei word op Engels, terwyl die debat in Afrikaans en Engels gevoer sal word.

-

Iedereen Welkom !

30 Mei 2014 vanaf 19:30
Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.  
R80pp - sluit aandete in wat vanaf 18:00 bedien word.
rsvp: Zanté 012 328 3173  caferiche@kerkplein.co.za