TEMA: Wat skuld ons aan plekke? Johannesburg, Wellington en die Etiek van Plek.
SPREKER: Schalk Engelbrecht
Een van die sentrale vrae in die studieveld van etiek is “Wat behels die goeie lewe?” of “Wat beteken dit om ‘n goeie lewe te lei?” Antwoorde op hierdie vraag sentreer dikwels rondom intermenslike gedragstandaarde, of hoe ons teenoor ander mense moet optree. In die era van klimaatskrisis (globaal) en die verval van dienste, dorpe en stede (plaaslik), is dit egter nodig om ook ons verhouding tot plekke deel te maak van ons oorweging van deug. In hierdie gesprek oorweeg ek die etiek van plek, of wat (indien enigiets) ons aan plekke verskuldig is, en waarom.
Schalk Engelbrecht is die Hoof Etiekbeampte van KPMG in Suid-Afrika, en ‘n navorsingsgenoot aan die Sentrum vir Toegepaste Etiek by Stellenbosch Universiteit.
Hy is gebore in Port Elizabeth, het skoolgegaan by Hoërskool DF Malherbe, en Filosofie studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n PhD in Filosofie behaal het in 2010 (oor die onderwerp van utopiese denke). Daarna het hy Filosofie en Sake-Etiek doseer by Noordwes Universiteit, voor hy verhuis het na Johannesburg in 2010 om by KPMG te begin werk.
IEDEREEN IS WELKOM!
Datum: Vrydagaand 2 Oktober 2026
Tyd: vanaf 6nm
Plek: Atkv Bôrdienghuis,
Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150pp sluit ‘n welkomsdrankie in. Ekstra: Pizzas, koffie & tee, oop kroeg.
Betaal asb met dié datum W02/10
en jou naam by hierdie portaal: