"Onteiening sonder vergoeding – R.I.V.? 

Gaan die herstel van grondregte ten gronde? "  -Eberhard Bertelsmann. 

As die regering geen tweederde meerderheid vir die wysiging van die Grondwet kan beding nie, bly die vraagstuk van ‘n billike herverdeling van grond ‘n krisis wat dringende antwoorde verg. (Die krisis mag selfs groter wees as die tweederde meerderheid verkry word.)

Daar is sterk aanduidings dat die beoogde wysiging van artikel 25 van die Grondwet, om onteiening van grond sonder vergoeding te bewerkstellig, die wind van voor kry.

Die aandrang om toegang tot landbougrond en menswaardige huisvesting te verkry, is 'n tydbom. Die oplossing lê nie in slagspreuke en wetsontwerpe nie. Daar moet onmiddellik prakties opgetree word, maar hoe?

Die toepassing van die Wet op die Herstel van Grondregte is omslagtig, stadig en deurspek met mislukking en vertraging. Ander regeringspogings om grond volhoubaar te verdeel vaar nie veel beter nie.

Sommige private inisiatiewe om ‘n billike en verantwoordbare oplossing te vind is met sukses bekroon, maar bly ‘n druppel aan die emmer.

Oudregter Eberhard Bertelsmann was advokaat, voorsitter van die balieraad en later regter van die Hooggeregshof van Gauteng, waarna hy in 2016 uitgetree het. Sy aanmoediging, gerig op jong regstudente, is bekend: “Onthou dat die mense wat jou die meeste nodig het, diegene is wat jou nie kan bekostig nie”.

Hy bly aktief betrokke by 'n pro bono regshulpkliniek asook by die voorkoming en behandeling van rehabilitasie ten opsigte van substans-afhanklikheid.  Verder is hy aktief betrokke by arbitrasies, insolvensie-ondervragings en mediasie.

Sy belangstellings wissel van die regte, politiek, kerkreg, teater en letterkunde.


R220 pp sluit aandete en 'n glasie wyn in.  

rsvp:  Lamé 0828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za


Bespreek asb spoedig, getalle is belangrik ter wille van covidregulasies. Betaal asb direk by hierdie portaal:

 http://pay.yoco.com/filosofiekafee



            

"Wat op aarde gaan aan met die nuus?" - Arrie de Beer.


Dis nou nie meer fake news nie, maar mis-, dis- en malinformation. 

Waarheen nou? Arrie praat oor die onstaan van nuus en die joernalistiek in die Romeinse era, die verloop daarvan, die hede  en waarheen die joernalistiek en nuus onderweg is. En hoe ons dit dalk kan hanteer.


Arrie de Beer is 'n buitengewone professor in die department joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy stel sedert hy sy verstand gekry het, belang in die verskynsel nuus. Sedert  sy studentedae het hy daaroor navorsing gedoen en later daaroor gepubliseer. Hy was ook betrokke by media-instansies soos die SAUK-raad; die Mediaraad en Sanef In sy jong dae was hy hoofsubredakteur van Die Burger en ook redakteur van die Ensikolopedie van die Wêreld op Stellenbosch. Hy het saam met Max du Preez voor die TRC se Mediasitting op uitnodiging van (toe) Biskop Desmond Tutu getuig toe Naspers dit nie wou doen nie. Tot onlangs was hy lid van die uitvoerende komitee van die Worlds of Journalism-projek, die grootse ondersoek na die joernalistiek wat nog wêreldwyd onderneem is. Hy moes in 2002 op 60 weens 'n ingypende Puk-beleidsbesluit aftree.  Om redes wat net aan hom bekend is, voer hy soms met sy minibulterriërhond, Pablo, 'n gesprek op Facebook.  


Die nuwe datum en plek sal binnekort aangekondig word.

 


 

 

     

"Wat is die verhouding tussen aanspreeklikheid en verantwoordelikheid? - Mollie Painter.

Die konsep van relasionele aanspreeklikheid sal verduidelik word aan die hand van die denke van twee Franse filosowe, Emmanuel Levinas en Gilles Deleuze, en in gesprek gebring word met die verhoudingsaard van ubuntu. Voortgesette aanspreeklikheid teenoor ander word onderskei van eenmalige of periodieke aanspreeklikheid vir aksies in die verlede. Verantwoordelikheid, in hierdie konteks, word gesien as die vermoë om te antwoord, eerder as om jouself te verantwoord. Beteken dit egter dat ons mekaar nie verantwoordelik kan hou vir foute nie, en dat straf of oordeel nie meer inpas by die idee van aanspreeklikheid nie? Oor hierdie dilemmas sal ons saam medereer.


Mollie Painter is professor van Etiese Organisasie by die Nottingham Sakeskool in Brittanje. Sy staan aan die hoof van ‘n navorsingsentrum genaamd The Responsible and Sustainable Business Lab. Sy is verder buitengewone professor by Tuks se Gordon Institute of Business Science (GIBS) op ‘n deeltydse basis. Weens Covid-19 is sy egter tans ‘n swerwende filosoof, wat haar besig hou met verskeie projekte gemik op die normatiewe herstel van verhoudings en instellings in die samelewing. Een so ‘n projek het te make met die vind van digitale oplossings om gender-gebaseerde geweld aan te spreek. ‘n Ander projek is gefokus op die ondersteuning van fluitjieblasers en die skep van organisasie-kulture wat waardegedrewe-aksie moontlik maak. Haar werk word gekenmerk deur die wyse waarop sy 20ste eeuse Europese filosofie aanwend om verhoudinge binne organisasie(s) te verdiskonteer. ‘n Goue draad wat deur verskillende van haar skrywes loop, is die konsep van gedeelde aanspreeklikheid.

 

 


“Hoe kan die filosofie van die Middeleeue ons vandag inspireer?” - Kobus Krüger.

'Sou dit moontlik wees om vanuit die vergete en verwaarloosde momente in die ideegeskiedenis 'n vastrapplek te kry om filosofie minstens vir myself as betekenisstigtend te herwin en filosofie in my eie gemoed teen haar skynbaar gelyklopende doodskrif en doodsangs te verdedig?'


Kobus is emiritus professor in godsdienswetenskap en navorsingsgenoot verbonde aan UP en UOVS. Hy het ook nagraadse studietydperke aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en Tübingen deurgebring. Kobus het sestien boeke geskryf, onder andere oor San-religie en mistiek. Sedert sy aftrede in 2005 bly hy steeds besig met die skep van ' n woning vir die gees.





PLEK: BICCCS Brooklyn Bridge  www.bicccs.net

TYD: 30 Okt 2020    18:30 - 22:00

R180 pp sluit aandete in.

Rsvp en betaal asb vooraf direk by my:  oopgesprek@filosofiekafee.co.za of teks (+27) 828951139Absa Spaar rek naam en no: Lamar 9242373000

Julie 26: Waarom openbare kunsmuseums? - Marilyn Martin

Dit is belangrik om te besin oor die rol en plek van openbare kunsmuseums in Suid-Afrika, met die fokus op die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum (SANK). Die plaaslike openbare instansies is in ‘n veelvuldige krisis gedompel. Met die opening van die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) en die Norval-stigting het die rol van die SANK eintlik vervaag . Wat word van die nasionale kunsmuseum binne ‘n ontwikkelende ekosisteem en in die lig van die redelik nuwe verhouding tussen openbare en private kunsmuseums in die land? Het privaat ruimtes en kommersiële galerye openbare kunsmuseums se plek ingeneem? As die antwoord ja is, hoekom het dit gebeur en hoe kan die gemeenskap help om hierdie museums se voortbestaan te verseker?

Ná11 jaar as direkteur van die SANK is Marilyn Martin in 2001 as direkteur van die kunsversamelings by die Iziko-museums aangestel. Sedert haar aftrede in 2008 werk sy as ‘n onafhanklike skrywer, kurator en lektor. Sy is 'n ere-navorsingsgenoot by die Michaelis-Skool, aan die Universiteit van Kaapstad.

Marilyn se boek, wat pas deur Print Matters gepubliseer is, sal  teen 'n spesiale prys beskikbaar wees. Een gelukkige gespreksgenoot gaan die wenner wees van so'n boek! 

'Vir die eerste slag binne die Suid-Afrikaanse kunshistoriese dissipline het ons nou hier 'n omvangryke teks deur 'n gerespekteerde kuns- en argitektuurgeskiedkundige wat die moed het om omstrede en sleutelkwessies oor die kunste in ons land vreesloos aan te vat.  Sy trap oor politieke mynvelde en stel dit dat die Staat dikwels in die hede en verlede nagelaat het om die nodige steun aan die kunste te verleen'.  Eunice Basson

Between Dreams and Realities vertel die boeiende verhaal van Suid-Afrika se toonaangewende kunsmuseum, en bekyk weer belangrike uitstallings, gebeure en strydpunte.

R150 pp sluit aandete in.
rsvp: oopgesprek@filosofiekafee.co.za 

Plek: Rupert Museum, Stellentiaweg, Stellenbosch.
Tyd: 18:00
Datum: Vrydag 26 Julie 2019

Vrydagaand 10 November 2017 vanaf 19:00

Wit Afrikaanse vroue in postapartheid SA :
Christi van der Westhuizen


Tydens die opening van Suid-Afrika se eerste demokratiese parlement in 1994 het die nuut verkose president Nelson Mandela 'n beroep gemaak op 'n onwaarskynlike groep: wit Afrikaanse vroue wat tydens die apartheidsera gelyktydig “onderdrukker” en ”onderdrukte” was. Hy het die gedagte van die digter Ingrid Jonker as 'n Afrikaner en 'n Afrikaan in herinnering gebring van “ons strewe (wat) oor die bevryding van die vrou, die emansipasie van die man en die vryheid van die kind (moet) wees”.

Meer as twee dekades later is die vraag: Hoe het wit Afrikaanse vroue gereageer op die bevrydende moontlikhede van grondwetlike demokrasie? Met Afrikaner-nasionalisme in verval, en met amptelike apartheid wat vervaag het, het hierdie vroue hulself weer herontdek in opposisie teen die koloniale idees van ras, geslag, seksualiteit en klas?

Christi se nuwe boek wat einde Oktober verskyn: "Sitting Pretty: White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa "
sal die basis van die gesprek wees.

Se het haar loopbaan as joernalis by die anti-apartheidkoerant Vrye Weekblad begin. Sy tree gereeld as kommentator op in plaaslike en internasionale media en was lank politieke rubriekskrywer vir die Independent Newspapers, Beeld en By, en is deesdae rubriekskrywer vir Netwerk24. Sy is ‘n genoot van die Democracy Works-stigting en was voorheen as navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van Kaapstad se Institute for Humanities in Africa (HUMA) en die Vrystaatse Universiteit se Institute for Social Justice and Reconciliation.
Christi is ‘n skrywer, politieke ontleder en mede-professor in Sosiologie aan die Universiteit van Pretoria.

R110 pp sluit aandete in.
rsvp: Leon by 0123231332 of gasheer@caferiche.co.za

8 September 2017

KLEINBOER
  in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn

Met Hierdie Huis het Kleinboer, anders as met sy vorige boeke, ’n veel meer universele boodskap om oor te dra, ’n boodskap wat meer vervat as bloot die verbrokkeling van een man se huwelik of die rampspoedige ervarings van 'n spesifieke huisgesin. Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien - ’n spieëlbeeld van die huidige samelewing.
Fanie de Villiers is in 2004 die eerste ontvanger van die Jan Rabie-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa met Kontrei. Hierdie boek was in dieselfde jaar ook op die kortlys vir die toekenning van die RAU Mardene Marais-debuutprys. Vir 2004 se Aardklop-kunstefees is die boek ook saam met die sanger Albert de Vos vir die verhoog verwerk in ’n produksie onder die titel Diep kontreie, waarin hy self optree. Kontrei is ook deur Jaco Fouché in Engels vertaal onder die titel Midnight Missionary. 

Vrydag 8 September 2017 vanaf 19:00


R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.




Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za


Iedereen Welkom!


Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.
Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:
a)    Suid: Vanaf Pretoria Stasie of vanuit Pretorius-straat: in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

b)Wes(minder wenslik): Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #kleinboer