Vrydag 24 Maart

*KENNISGEWING* 
Filosofiekafee vind in Maart op die laaste, en nie die eerste, Vrydag van die maand plaas nie om nie met die US Woordfees te bots nie.

Kwantumfisika - wonders sonder ophou

Die radikale uiteenlopende kenmerke van kwantumfisika maak dit een van die mees tergende onderwerpe.


Dr. Jean Joubert is 'n Prinsipale Spesialis op die gebied van ontwerpveiligheid in die Standaarde, Magtigings en Assesserings Department van die Nasionale Kernreguleerder. Sy werk dek o.a. veiligheidsasseserings van kerninstallasies van Eskom en die Kernenergie korporasie van Suid-Afrika.  Sy hoogste kwalifikasie is 'n Ph.D. graad in Teoretiese Hoë-Energie Fisika van die Universiteit Kaapstad. Sy belangstellings sluit in klassieke musiek, ongerepte natuur, lees van meesal nie-fiksie en motorfietsry.

Bernard d’Espagnat sê in sy boek “On physics and philosophy”: 

“… nowadays, any tentative philosophical approach to a world-view should take information coming from contemporary physics into account quite seriously. … the information science yields serves to limit possible options, rather than put forward the allegedly correct one. … while Nature – in the broadest possible sense – refuses to explicitly tell us what she is, she sometimes condescends, when we press her tenaciously enough, to let us know a little about what she is not.”
Laasgenoemde aanhaling klink oorversigtig sover dit die beduidendheid van fisika ontdekkings betref, veral die van die kwantumfisika. Want kwantumfisika is die mees suksesvolle teorie wat die mensdom nog ooit ontwikkel het. Maar ten spyte van sy ongeëwenaarde akkuraatheid en sukses is die interpretasie daarvan baie teen-intuïtief, selfs onverstaanbaar. Hierdie radikale uiteenlopende kenmerke van kwantumfisika maak dit een van die mees tergende onderwerpe.

Vrydag 24 Maart 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.

Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Toegang is tans vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer dan voor die ou Capitol Teater. Alternatiewelik kan u regs draai in Bosmanstraat en die eerste straat regs in Kerkstraat (nou WF Nkomo straat) om voor Café Riche te parkear.



Daar bestaan vele uitsprake van die vaders van kwantumfisika wat die asemrowendheid van die onderwerp besing. Hier volg net enkele weereens uiteenlopende voorbeelde:

Max Born: "I have tried to read philosophers of all ages and have found many illuminating ideas but no steady progress toward deeper knowledge and understanding. Science, however, gives me the feeling of steady progress: I am convinced that theoretical physics is actual philosophy. It has revolutionized fundamental concepts, e.g., about space and time (relativity), about causality (quantum theory), and about substance and matter (atomistics), and it has taught us new methods of thinking (complementarity) which are applicable far beyond physics."


Max Born: "We have sought for firm ground and found none. The deeper we penetrate, the more restless becomes the universe; all is rushing about and vibrating in a wild dance."

Wolfgang Pauli: "The best that most of us can hope to achieve in physics is simply to misunderstand at a deeper level."


Ten spyte van bogenoemde soms wanhopige uitsprake, bly kwantumfisika die kroon van die mensdom se ontdekkings wat die mensdom se vistas ver uitgebrei en opwindend omgedolwe het. Ek sal poog om die inhoud van kwantumfisika op 'n toeganklike manier aan te bied en onderskeid te tref tussen die feitelike en die bespiegelende daar rondom.

Uiteindelik kom mens by die gestruktureerde letterlike niksheid uit by die basis van fisika en daarom ook by die basis van die werklikheid soos ons dit ken. Dit blyk dat, namate die fisika horisonne verskuif, raak die volgende lae misterie wat blootgelê word net meer asemrowend en wiskundig, selfs suiwer wiskundig.

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #kwantumfisika