8 September 2017

KLEINBOER
  in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn

Met Hierdie Huis het Kleinboer, anders as met sy vorige boeke, ’n veel meer universele boodskap om oor te dra, ’n boodskap wat meer vervat as bloot die verbrokkeling van een man se huwelik of die rampspoedige ervarings van 'n spesifieke huisgesin. Hierdie boek is, in kort, ’n woordskildery van die nuwe Suid-Afrika soos dit vandag daar uitsien - ’n spieëlbeeld van die huidige samelewing.
Fanie de Villiers is in 2004 die eerste ontvanger van die Jan Rabie-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa met Kontrei. Hierdie boek was in dieselfde jaar ook op die kortlys vir die toekenning van die RAU Mardene Marais-debuutprys. Vir 2004 se Aardklop-kunstefees is die boek ook saam met die sanger Albert de Vos vir die verhoog verwerk in ’n produksie onder die titel Diep kontreie, waarin hy self optree. Kontrei is ook deur Jaco Fouché in Engels vertaal onder die titel Midnight Missionary. 

Vrydag 8 September 2017 vanaf 19:00


R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.




Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za


Iedereen Welkom!


Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.
Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:
a)    Suid: Vanaf Pretoria Stasie of vanuit Pretorius-straat: in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

b)Wes(minder wenslik): Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #kleinboer