Vrydag 28 Februarie 19:30: 'Wat gebeur wanneer die kaart die gebied vervang?' - Duncan Reyburn (Engels)


 

Wat gebeur wanneer die kaart die gebied vervang? 
Binne die oorversadigde mediakultuur van digitale tegnologie en massa kommunikasie kan dit goed wees om 'n wyle stil te staan en te reflekteer oor die gevolge wat ontstaan wanneer die kaart (die bemiddelde konstruk) dikwels die outoriteit van die gebied vervang (die primêre ervaring van die realiteit). Watter impak het dit op ons debatvoering en ons sielkundige staat, asook op ons verhouding met geloof self? Wat is nodig om die gebroke verhouding tussen bemiddeling en persoonlike ervaring te herstel?

What happens when the map replaces the territory?
In a media-saturated culture of digital technologies and mass communications, perhaps it will do us good to pause for a while and examine the various consequences that arise when the map (the mediated construction) often supplants the authority of the territory (the primary experience of things in reality). How does this affect our debates, our psychologies, and our relationships with belief itself? What is needed to restore the broken relationship between mediation and personal experience?


Kom geniet die oopgesprek - iedereen welkom!
Vanaf 19:30 
Parkeer op Kerkplein - adt wagte gereël.
R80 pp ( aandete ingesluit en gereed vanaf 18:00)
rsvp: Zanté:  hostess@caferiche.co.za  / 012 328 3173


Terugberig: Christo Lombaard en die Catch-22 van Genesis 22.



Christo Lombaard en die Catch-22 van Genesis 22.
Daar is min dinge waarvan ons Afrikaners so hou as ‘n lekker teologiegesprek. Daarvan getuig die briefkolomme in die pers daagliks. Soms is hierdie gesprekke nie altyd van die hoogste gehalte nie. Maar daar is gelukkig ook ‘n sterk hermeneutiese tradisie in die Afrikaanse denkwêreld. Daarvan getuig die kwaliteit van ons teologiese navorsing!
Die filosofiese jaar by Café Riche het op 31 Januarie juis op so ‘n noot afgeskop met ‘n fassinerende oorsig van die hoogs problematiese teks van Genesis 22, ingelei deur Christo Lombaard van UNISA se teologiefakulteit. Die betrokke teks vertel die verhaal van God se opdrag aan Abraham om vir Isak te offer. Dit is ‘n teks wat baie lesers erg ongemaklik stem, aangesien dit moeilik is om dit met die liefdevolle beloftes van God die Voorsiener te versoen. Soos Lombaard dit dan ook stel, dit is voorwaar ‘n Catch-22 situasie! (Die term Catch 22 verwys na Joseph Heller se beroemde roman oor hoe absurde burokratiese reëls oorlog nog verder bemoeilik. Die Catch-22 situasie geld natuurlik wanneer soldate poog om gevaarlike missies vry te spring deur hulself as waansinnig voor te doen, juis dit demonstreer hoe rasioneel en gebalanseerd hulle werklik is. So was Abraham ook tussen ‘n duiwel en ‘n diep blou see: moet hy kies vir die lewe van sy seun wat hy liefhet, of vir getrouheid aan die God wat hy ook liefhet? Met erkenning aan Fransi Philips, ons het miskien hier met ‘n donker God te make! Gesofistikeerde hermeneut wat hy is, gee Lombaard ‘n aantal opsies, met die werklik oorspronklike bydrae waar die teks gesien kan word as ‘n agonistiese stryd tussen twee patriargsdiskoerse, naamlik die Abrahamitiese en die Isakiaanse tradisies, met eersgenoemde wat dan op die ou einde getriomfeer het. 
- Louise Mabille