TEMA: Van ekonomistifikasie na die ekonomie van kosbaarheid
SPREKER: Hercules Boshoff
In ‘n tydsgewrig waarin tegnologie en verbruik beloftes van selfoptimalisering aanbied, blyk dit– soos die ekonoom Dawie Roodt beweer, dat ons nie meer politieke wetenskappe en ander sagte wetenskappe vir ‘n florerende samelewing benodig nie. Uit die yl aanbod van geesteswetenskaplike vakke by privaatinstellings in Suid-Afrika blyk dit dat ander invloedryke rolspelers hierdie sentimente deel. In die gesprek gaan die teendeel beweer word, naamlik dat ‘n ekonomistiese ingesteldheid ‘n verengde ekonomie skep, wat nie meer bestand word teen ideologie nie, maar juis meer vatbaar daarvoor. Hierteenoor gaan ek aan die hand van die tema van kosbaarheid ‘n ruimer begrip vir die ekonomie daarstel wat nie gerig is op die bestuur van voorafbepaalde uitkomstes uit toegepaste opvoeding nie, maar dialogiese instemming tot die kernaspekte van ons menswees in die wêreld aanmoedig.
IEDEREEN IS WELKOM!
http://filosofiekafee.blogspot.com
Dr Hercules Boshoff is gebore in Vereeniging waar hy ook grootgeword het. Na skool het hy in Londen gaan werk en het daarna teologie en filosofie studeer eers aan UP tot by M vlak, en daarna ‘n PHD by UFS, en ‘n Postdoc by PUK. Met hierdie studies het hy onder van Nederland se mees vooraanstaande filosowe navorsing gedoen met uitruilprogramme. Hy het doseer aan Akademia in Centurion waar hy die vakhoof van filosofie en besigheidsetiek was, en is tans studieleier en navorser by verskeie instellings, insluitend Stadio die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ook medewerker by die Instituut vir filosofie en die samelewing.
Hy was eens ‘n ywerige tennisspeler, maar is vandag slegs ‘n waarderende kyker. Hy stap graag en soek nog ‘n goeie latynse dansklub om by aan te sluit rondom Stellenbosch.
Datum: Vrydagaand 3 Julie 2026
Tyd: vanaf 6nm – 10nm
Plek: Atkv Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, WELLINGTON.
Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150pp sluit ‘n welkomsdrankie in.
Betaal asb met dié datum W03/07 en jou naam by hierdie portaal: