Die plek van gemeenskap in die tyd van globalisering

Terugberig: Lydia Von Wielligh-Steyn

Vir die wat die Nederlandse filosoof, politikus en musikus Ad Verbrugge by die Filosofie-kafee gemis het op 26 Januarie 2016, lees gerus die terugberig van sy gesprek hieronder.



Ad Verbrugge verwys na die dood van die filosoof Sokrates, wat homself as’t ware opgeoffer het vir die polis of gemeenskap, wat binding tussen ′n plek en sy mense skep en waar dit handel oor “sorg vir mekaar”. Alle individue vorm deel  van ′n gemeenskap, en dit begin reeds by die gesin – ′n eenheid wat tans onder druk verkeer en waar heelwat sosiale probleme hul oorsprong het.

Vryheid van individuele regte is beding in die 1960s in Europa. Nou word dit ′n globale ordening. Grense word tans opgehef wat verkeer van mense, goedere en dienste betref. Die wêreld van die tegnologie verbind ons aan die ekonomie en versterk ook die rol van die individu binne die gemeenskap.

Een van die gevare van globalisering is die skep van gedelokaliseerde ruimtes waarbinne prikkels verskaf word deur Youtube, Instagram ens.

Wat ek doen, kan ek slegs doen danksy die bestaan van Die Ander. Wanneer my groet byvoorbeeld nie beantwoord word nie, is dit bloot gek. Die erkenning van jou as ′n persoon vorm die grondslag van die juridiese stelsel. Wanneer die krimineel jou deur middel van sy dade ontken as persoon, ontken hy terselfdertyd ook homself.

Gemeenskap gaan oor die tot bloei bring van jouself en Die Ander. Dit geld ook vir instellings. Politiek handel oor die organisering van ruimte. Politieke vervreemding ontstaan wanneer daar nie meer ′n gemeenskapsgevoel bestaan nie. Die politiek het ′n spesifieke taak om mense tot volle bloei te bring.

Die stedelike ruimte “suig” talent op van die landelike gebiede. Jongmense verlaat die platteland omdat hulle nie geleenthede daar sien nie. Ironies genoeg beland hulle dan meesal in afgesonderde voorstede buite die stad. Op streeksvlak kan mens egter wel van betekenis wees. Die kulturele sfeer kan bevorder word. Deur trots op jou herkoms kan ′
n desentraliserende tendens geskep word.
 

Nederlands-Afrikaanstalige Wysgerige Genootskap 21-22 Januarie 2016


Vir diegene wat wil kennis neem van aktuele temas wat internasionaal bespreek word, hier volg die abstrakte van al die sprekers by die afgelope kongres vir die Nederlands-Afrikaanstalige Wysgerige Genootskap wat in Stellenbosch plaasgevind het van 21 tot 22 Januarie.

Dr. Marcel Becker
De Politica van Aristoteles en de hedendaagse organisatie


Afgelopen decennia is veel gewerkt aan actualisering van de aristotelische deugdethiek. Zeker in professionele ethiek is doordacht welke betekenis deugden als moed, maat en rechtvaardigheid kunnen hebben. Hierbij was Aristoteles’ Ethica een belangrijke inspiratiebron.

Aristoteles zelf geeft aan begin en eind van zijn Ethica aan dat zijn project van praktische filosofie wordt voortgezet met een traktaat over de instituties, waarbinnen het deugdzame leven vorm krijgt. Deze Politica is echter veel minder eenduidig dan de Ethica. Wellicht’s dit de reden dat het boek afgelopen decennia weinig aandacht heeft gekregen. Maar gezien de populariteit van de Ethica moet de vraag gesteld worden: welke inzichten biedt de Politica voor de hedendaagse organisatie? Met die vraag gaan we in deze tentatieve bijdrage aan de slag. 
  
Hercules Boshoff 

Denke en Tradisie



Hierdie bydrae beredeneer dat denke en tradisie die beste tot hul reg kom in ʼn samespel met mekaar wat herkenbaar is in ʼn wedersydse oorgawe van beide aspekte tot mekaar. Twee terme wat behulpsaam gaan wees om hierdie samespel te belig, is enersyds spoor (Spur), wat na die ruimte (milieu) van ontmoeting tussen die twee aspekte verwys, en andersyds individuasie, wat die gebeurtenis van die ontmoeting verduidelik.

Voordat die samespel egter ondersoek kan word, moet heersende vooroordele wat dié twee aspekte as onversoenbaar teenoor mekaar wil afspeel, eers krities bevraagteken word. Hieronder tel enersyds die outonome, geïsoleerde aard van denke, en andersyds die gesette aard van tradisie. In teenstelling met dié vooroordele, word aangevoer dat die omgang met tradisie ʼn voorwaarde vir denke is, en dat tradisie noodwendig herkonfigurasie ondergaan in die vrugbare omgang daarmee, oftewel denke. Die ontmoetingsruimte tussen denke en tradisie word egter nie méér deur een van die aspekte beslag geneem of bepaal nie, so ʼn ruimte skep sy eie reëls vir die samespel. Hierdie ruimte is herkenbaar in die begrip Spur (spoor), soos deur Derrida verduidelik. Spoor wys altyd vanuit homself na buite, maar bestaan uit tekens en samestellings wat deur tradisie daargestel word. In hierdie spanning, die insuig sowel as die wys na buite, kom denke tot sy reg. Die opname en verwerking van tradisie deur denke word verder verduidelik met die begrip individuasie, in aansluiting by Simondon se gebruik daarvan. Individuasie verwys na ʼn voortdurende gebeurtenis eerder as ʼn toestand, oorsprong of ʼn telos, waarvan identiteit slegs ʼn moment is. Dit besin met dieselfde erns oor die prosesse waartydens verwerping van sommige aspekte as die opname van ander uit tradisie plaasvind.

Laastens bied die bydrae ʼn voorstel vir ʼn gemakliker wedersydse toenadering tussen denke en tradisie. Dit behels die herbewerking van tradisie sodat dit as sisteem eerder as stel verstaan word, wat gemotiveer gaan word deur die begronding van tradisie as pre-individuele orde waaruit individuasie voortdurend plaasvind. 

Dr. Jens de Vleminck

Kant avec Nietzsche – Van Foucaults Introduction à l’Anthropologie de Kant naar Les mots et les choses

In April 2016 zal het exact 50 jaar geleden zijn dat Foucaults magnum opus Les mots et les choses: Une archéologie des sciences humaines (1966) van de drukpersen rolde. Dit werk zorgde niet alleen een plotse ophef in het door Sartre gedomineerde filosofische landschap in Frankrijk, maar zou van dan af wereldwijd een indrukwekkende receptiegeschiedenis kennen. Foucaults bestseller zou niet alleen in de wijsbegeerte invloedrijk worden, maar zou tot op de dag van vandaag een absoluut referentiewerk blijven in onder meer de social, de cultural en de posthumanism studies.

Deze paper beoogt een reconstructie te presenteren van Foucaults centrale these uit Les mots et les choses (1966) aangaande de “antropologisering” (“l’anthropologisation”) van het moderne denken en de bekende profetische stelling van de “dood van de mens” (“la mort de l’homme”). Het wil deze stelling deconstrueren door haar terug te voeren tot haar oorspronkelijke vindplaats in Foucaults veelal onbekende “thèse secondaire”, die – in tegenstelling tot zijn bekende (gelijktijdige) proefschrift Folie et déraison (1961) – tot in 2008 op publicatie diende te wachten. Onze lectuur van Foucaults “Introduction à l’Anthropologie de Kant” (2008) bevraagt zowel de particulariteit van Foucaults Kant-lectuur als de situering van Foucaults these van de “antropologische wending” van het filosofische denken in relatie tot de befaamde humanismedebatten in de Franse hedendaagse wijsbegeerte.

Prof. Theo de Wit

Jean Améry en Johan Degenaar over de spanning tussen voortbestaan en gerechtigheid



Dertig jaar na zijn concentratiekampervaringen publiceerde de filosoof Jean Améry een aantal essays over zijn tijd in Auschwitz. Daarin onderzoekt hij enerzijds zijn eigen ‘ressentiment’ en zijn rebellie jegens het nieuwe Duitse Wirtschaftswunder-optimisme en de ‘wat gebeurd is, is gebeurd’-stemming, anderzijds zijn verlangen naar herstel. Voor hem bestaat er geen toekomst zonder schulderkenning, geen recht op voortbestaan zonder gerechtigheid. Hier raken zijn reflecties aan teksten van Johan Degenaar over de ‘spanning tussen voortbestaan en gerechtigheid’ uit de jaren zeventig en tachtig die vooral tegen het Afrikaner nationalisme waren gericht. Maar Améry moet ook pessimistisch en lucide vaststellen dat een natiestaat geneigd is zijn ‘amour de soi’ te volgen en vóór alles zijn voortbestaan te verzekeren, óók ten koste van de morele waarheid. Ook hier bestaat er een analogie met Degenaars problematiek, zoals vooral de TRC heeft laten zien: omdat de raamvertelling (de ‘transcendentie’ naar een nieuwe collectiviteit) bij aanvang van de TRC vaststond, dreigen de singuliere verhalen van slachtoffers daaraan ondergeschikt te worden. 



Jean du Toit



Merleau-Ponty by die digitale draai: ’n Beliggaamde beskrywing van moderne tegnologie


Vandag is twee teoretiese raamwerke sentraal in die filosofie van tegnologie: tegnologiese konstruktiwisme en tegnologiese determinisme.
Die fenomenologie bied egter ’n belowende derde metodologiese benadering tot die veld, omdat dit potensieel die tekortkominge van tegnologiese konstruktiwisme en tegnologiese determinisme kan oorbrug. Verder kan ’n eerstehandse beskrywing van ervaringstrukture, waarneming en bewussyn ook ’n nuwe diversiteit van intellektuele insigte op die veld rig. Die fenomenologiese benadering kan dus potensieel ’n unieke blik op tegnologiese vraagstukke bied. Spesifiek die werke van Merleau-Ponty bied die geleentheid om, met die liggaam as primêre basis, die oorbrugging van klassieke tegnologie na digitale tegnologie op ’n nuwe manier te beskryf.
Merleau-Ponty beskryf die beliggaming van klassieke tegnologie deur te verwys na ’n blinde man wat die kontoere van sy liggaam verleng deur middel van ’n loopstok. Later is die man nie meer bewus van die stok nie, maar eerder slegs van wat die stok aanraak. Die stok word die medium van waarneming en die tegnologie word deel van die man se sintuie. Hierdie beskrywing is egter nie klinkklaar van toepassing op digitale tegnologie nie, aangesien moderne tegnologie die ervaring van afwesigheid of projeksie oor lang afstande by die gebruiker skep, eerder as ’n ervaring van teenwoordigheid (’n aspek wat sentraal tot Merleau-Ponty se konsep van beliggaming staan).
Om die interaksie tussen die liggaam en moderne digitale tegnologie te beskryf moet die konsep van beliggaming dus uitgebrei word deur ’n onderliggende element van Merleau-Ponty se werk verder te ontwikkel. Hierdie is die konsep van verbeeldingryke beliggaming.




Prof. Pieter Duvenhage



Liefde en geregtigheid. Albert Camus en die Afrikaanse wêreld 

Wie is hierdie enigmatiese denker en skrywer wat nie net internasionaal nie, maar ook hier in Suid-Afrika die geeste boei? Nou na die herdenking van Albert Camus se honderdste geboortedag, in 2013, is dit die moeite werd om weer na sy nalatenskap te kyk. Voordat daar na sy biografie, werke en temas gekyk word, is dit nodig om enkele opmerkings oor die eksistensialisme te maak – die denkskool waaraan Camus se naam gewoonlik gekoppel word en wat in Europa, maar ook in die Afrikaanse wêreld, groot invloed uitgeoefen het.



Schalk Gerber



Die her-evaluering van barmhartigheid



Ons bevind ons in ’n wêreld waar identiteite konstant bots. Weste teen Afrika. Europa en die Ooste. Die Christendom en Moslem. Wit en swart. Manlik en vroulik. Hetero en homoseksueel. So kan die lys nog oneindig aangaan. Hoe dan gemaak met ’n gemeenskap waarin daar soveel verskillende groepe saam moet bestaan sonder om te verval aan die eenkant, in die onderdrukking van ’n groep of identiteit deur ’n ander, en aan die anderkant, in die gelykmaking van groepe in ’n vereenvoudigde middelmatige identiteit wat die historisiteit van mense misken. Hierdie referaat pak die probleem aan en bespreek die vraag na ʼn alternatiewe sin van gemeenskap deur die herdink of her-evaluering van die Christelike konsep van barmhartigheid of, anders gestel, die onmoontlikheid van Christelike liefde. Die gesprek word bemiddel deur hoofsaaklik die denke van Heidegger en Nancy en val dus in die lyn van die sogenaamde post- of nuwe fenomenologie. Daar word geargumenteer dat, alleen deur die opgee van jou metafisiese identiteit (Heidegger), kan die ruimte oopgaan om dit wat ons deel, maar niemand besit nie, naamlik dat ons bestaan (Nancy), ’n nuwe sin van gemeenskap bewerkstellig. Hierdie besef van ons gegewe bestaan wat geen historiese of logiese regverdiging benodig nie, verskaf die reël van die ontologiese gemeenskap wat op sy beurt die werklike of metafisiese gemeenskappe verhoed om mekaar totaal te wil uitroei, maar terselfde tyd verskille toelaat sonder die vereenvoudiging en redusering tot ʼn gemene metafisiese identiteit.



Prof. Danie Goosen



Die metafisiese tradisie vandag. Aantekeninge by die werk van hedendaagse metafisici



Enigeen wat vandag aansluiting by die metafisiese denke opsoek, het met 'n buitengewone opgawe te doen. Verskeie strominge binne en buite die formele filosofie het tydens die afgelope twee eeue 'n omvattende klagstaat daarteen ontwikkel. Desondanks het die metafisiese denke ook in dié tyd op 'n groot verskeidenheid van wyses teruggepraat. In die jongste verlede blyk dit onder meer uit die werk van John Milbank, Lloyd P. Gerson, W.J. Hankey, Jean-Marc Narbonne, Michael Hanby en David C. Schindler. Die oogmerk van die lesing is om by een so 'n hedendaagse antwoord vanuit die tradisie stil te staan, naamlik Eric D. Perl. In die besonder sal gefokus word op die vraag of Perl se fokus op die synsvraag wenke bied vir 'n weg anderkant die ou beskuldiging dat die metafisiese denke onto-teologies van aard sou wees.   

Prof. Michael Heyns





Die goeie en die moderne




Die Kanadese filosoof Charles Taylor verwys na hoëre idees met die term goeie. Hy gaan selfs sover om die ekwivalent van ʼn hoogste goed te identifiseer wat ʼn sogenaamde goeie lewe – met ander woorde waardigheid, lewensin en ʼn vol lewe – uitspel. Volgens Taylor is hiërargie reeds ingebou in die historiese gebruik van die term goeie. Hy verwys na ʼn onderskeid wat in die voormoderne tyd gemaak is tussen ʼn goeie lewe en ʼn gewone lewe. Die goeie dui hierin op ʼn hoëre bestaan. Die gewone lewe is die lewe van produksie en reproduksie en word die voertuig vir die moderne klem op gelykheid.
Teen die agtergrond van ʼn groter wordende moderne skeptisisme oor hiërargie (en dus ook ter wille van pluraliteit) my vraag: Verskaf Taylor se idee van die goeie ʼn koherent analitiese en kritiese meganisme om die moderne tyd te beskryf en beoordeel?
ʼn Totalitaristiese uitwerking van die gewone lewe funksioneer vir veral moderne vorme van naturalisme en ʼn eksklusiewe humanisme, op paradoksale wyse, as hoogste goed. Om afstand te doen van die goeie lyk dus kontroversieel ten spyte van en juis as gevolg van die moderne klem op die gewone. Taylor se eie idee van die goeie veronderstel ʼn omvattendheid en ʼn aantal nuttige funksieonderskeidings maar suggereer ook dat volstaan word met ʼn pluralistiese (d.i. ʼn spanningsvolle pluraliteit) goeie. Sekerlik moet gevra word of ons nie kan vorder tot ʼn meer genuanseerde onderskeid en posisionering tussen die funksies van die goeie as dié van ʼn blote pluralisme nie?
 

Candess Kostopoulos

Hoër onderwys as kritiese erfenis: Ricoeur en die dekolonialiseringsdebat

Filosowe kan nie langer verseg om ernstig na te dink oor die dekolonialiseringsdebat wat in 2015 soos ’n veldbrand onder Suid-Afrikaanse studente versprei het nie. Ek stel in hierdie voordrag voor dat ons ’n geskikte konseptuele model van (hoër) onderwys bedink wat twee probleme gelyktydig die hoof kan bied, naamlik: (1) die imperialistiese nalatenskap van epistemiese eendersheid; (2) die nalatenskap van die apartheidsbegrip van epistemiese andersheid. Onder die vaandel van die eerste vind ons die koloniale sendingskool, onder die tweede die spook van Bantoe-Onderwys. Ek argumenteer dat ’n begrip van onderwys as “kritiese erfenis van kennis” gerade is teen sodanige agtergrond, en stel in die lig hiervan ’n model voor, aan die hand van ’n saamlees van twee opstelle van Paul Ricoeur: “Imagination in discourse and in action”, en “Hermeneutics and the critique of ideology”.
Die slotsom is ’n dialektiese model van onderwys waarin die “gesonde” funksie van epistemiese eendersheid (of universaliteit) die behoud, afbakening, en oordrag van kennis behels, terwyl die “gesonde” funksie van epistemiese andersheid (“diversiteit”) ’n kritiese ondervraging en ontmaskering behels van “kennis” wat onder die dekmantel van magsug, bevoorregting, en onderdrukking as “waarheid” maskeer. Onderwys – as kritiese erfenis – is die nimmereindigende, interafhanklike bemiddeling tussen dít wat ons vertrou waar is en vir ’n volgende geslag behoue wil maak, en dít wat ons vermoed vals mag wees en liefs plek moet maak vir ’n voller vorm van waarheid.

Prof. Mariana Kruger

Skaars siektes – ons etiese verantwoordelikheid

Die hantering van raar siektes bied baie uitdagings, wat insluit die skaarsheid van effektiewe medisyne, sowel as terapeutiese toegang. Openbare gesondheidsorg-beleid gebruik meestal ’n utilitaristiese benadering tot die verdeling van skaars hulpbronne, wat beteken dat die grootste getal pasiënte die meeste moet voordeel trek uit beskikbare bronne vir algemeen voorkomende siektes. Die sleutelvraag is of dit eties verantwoordbaar is om voordeel te laat geskied aan een pasiënt en nie ’n ander nie, slegs gebaseer op die voorkoms van ’n bepaalde siekte? 


Om die vraag te beantwoord is dit belangrik om die onderliggende etiese argumente te bepaal wat die verdeling van skaars hulpbronne in die gesondheidsorg bepaal en daarna te poog om ’n regverdigbare verdeling van gesondheidsorg-hulpbronne te verkry. ’n Sleutelkonsep vir die doel is welwillende geregtigheid, wat volgens Aristoteles, behels die regverdige verdeling van voordele en laste in ’n gemeenskap. Volgens Rawls se teorie van geregtigheid moet die grootste voordeel gaan aan die mees benadeelde. Vir skaars siektes is dit nodig om saam te stem dat die terapeutiese doel insluit die moontlikheid tot deelname aan normale lewensgeleenthede. Om toegang te verseker is dit nodig dat verdeling van gesondheidshulpbronne op so ’n wyse geskied dat pasiënte met skaars siekte ook die moontlikheid tot toegang verkry. Ter afsluiting wil ek redeneer dat dit ons etiese verantwoordelikheid is om aktief voorspraak-aksies te loods vir pasiënte met skaars siektes wanneer effektiewe behandeling bestaan en so regverdige toegang te verseker vir almal. 

Charl-Pierre Naudé

Wat is letterkunde?” en “Wat is ʼn outeur?” ʼn Kritiese beskouing van die vroeë Roland Barthes se denke in spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde en kritiek

Die referaat gee ʼn vlugaanblik van hoe die begrippe “outeur” en “letterkunde” vanaf die outyd tot die hedendaagse tyd verander het, veral in verwysing na die denker Roland Barthes se hantering van die begrip “letterkunde” vir die huidige tyd. Die stuk trek eers ooreenkomste en verskille tussen drie makrogewrigte – hier genoem Premoderniteit, Moderniteit en Postmoderniteit – en skets sekere implikasies van hierdie verskuiwings vir die huidige tyd. Daar word ʼn sketsing verskaf van letterkunde in Suid-Afrika, soos binne makroverband gesien. Dan word spesifiek op Barthes se opvattinge van letterkunde gefokus, soos wat dit voorkom in sy vroeë, baanbrekende werk Zero Degree Writing en sy vernaamste ontledings word op die plaaslike opset van toepassing gemaak.
Die stuk sluit af met ʼn bespreking van sekere twyfelagtige kodes wat aangetref word in die letterkundekritiek en beskouingskultuur op grond van ʼn Barthesiaanse ontleding van daardie kodes. Een van die belangrikste spanninge wat in die referaat bespreek word, is die spanning tussen Barthes en Jean-Paul Sartre wat betref hul sienings oor “Wat is letterkunde” en “En wat is bevrydende letterkunde”.  

Prof. Andrew Nash

Johan Degenaar se Gesprek met die Dood

Na die dood van Johan Degenaar in Julie 2015, is hy vir baie redes gehuldig en onthou, maar veral vir sy merkwaardige gawe vir gesprek. Hierdie gawe was deel van sy hele persoon, en kan nie tot tegniek gereduseer word nie. Tog wil ek hier probeer om die styl en struktuur te beskryf waarmee hy gesprek beoefen het, en die spesifieke karakter wat hierdie genre – meer deeglik en deurdringend as gesels; meer spontaan en insluitend as analise of argumentasie; met ʼn eiesoortige moontlikheid van denke as avontuur – by hom aangeneem het. Ek beklemtoon veral twee momente daarvan: die vraag “hoe is dit moontlik?” en die rigtingwysende verwysing na ʼn “hele wêreld” wat agter ʼn bepaalde opmerking of beskouing lê, of wat daarby aansluit. Ek wil iets van hierdie styl en struktuur illustreer, en die onderliggende doelwitte en aannames daarvan probeer verhelder, aan die hand van Degenaar se geskrifte (vanaf 1955 tot 1967) oor die aanvaarding van die dood. Behoort sy argument dat “die dood behoort wesenlik tot die wyse waarop die mens leef” ʼn rol te speel in die manier waarop ons vandag oor sy lewe en erfenis dink?

Prof. Bert Olivier

Nihilisme en die moontlikheid van menslike uitsterwing


Hierdie artikel spreek die toenemend-opvallende, drievoudige krisis in die tydgenootlike wêreld aan, naamlik die groeiende ekologiese krisis, wat Žižek as ’n gebrek aan etiese substansie identifiseer, en wat Foster as ’n krisis in die menswetenskappe beskou. Hierdie 3 krisisse is met mekaar verbind deur die feit dat al drie in die globale “netwerksamelewing”, wat grafies as sodanig deur Castells gekarakteriseer is, na vore getree het. Daar word aangevoer dat die beeld van die huidige samelewing wat deur Castells geskets word, intrinsiek nihilisties is, wat ’n mens moet verstaan teen die agtergrond van die fundamentele transformasie van ruimte en tyd in die netwerksamelewing, wat tot uitdrukking kom in die hedendaags-dominante “ruimte van vloei” en “tydlose tyd”, wat tradisionele ruimte- en tydservaring, naamlik die “ruimte van plek”, en “opeenvolgende tyd” sedert die 1990s vervang het. Daarbenewens is daar nog “geologiese tyd”, ’n tydsbegrip wat onderliggend is aan die werk van die omgewingsbeweging.
Die argument is vervolgens dat, indien daar nie tot dringende voorkomende handeling oorgegaan word wat die verband tussen hierdie aspekte van die netwerksamelewing en ekologiese degradering betref nie, wat hand aan hand behoort te gaan met die herwinning van die etiese en politieke kapasiteit van die hele spektrum van menswetenskappe, die drievoudige krisis heel moontlik kan uitloop op die vernietiging van die samelewing en van die nie-menslike natuur soos ’n mens dit ken.

Prof. Desmond Painter

Die teenkoloniale kliniek: Patologie, simptoom en asiel in die politieke denke van Frantz Fanon

Ek bespreek in hierdie referaat die rol van patologie, simptoom en asiel in die politieke denke van Frantz Fanon. Eerder as om Fanon se kritiek op die kolonialisme te lees as ʼn verskuiwing van aanvanklik psigologiese (Zwart Huid, Witte Maskers) na later meer politieke vorme van analise (De Verworpenen der Aarde), argumenteer ek dat Fanon se kliniese werk deurslaggewend is vir ʼn begrip van die dialektiek van sy denke oor koloniale rassisme, teenkoloniale geweld en postkoloniale bevryding. Eerstens, die kliniek, as ruimte van mis-erkenning, trauma en gefnuikte intimiteit, keer telkens terug in Fanon se werk, van sy eerste gepubliseerde essay oor die sg. ‘Noord-Afrikaanse Simptoom’ tot die gevalstudies in die voorlaaste hoofstuk van sy laaste boek, De Verworpenen der Aarde.
Tweedens, Fanon analiseer die koloniale situasie, die dekoloniseringsstryd en die teenstrydighede van neokolonialisme vanuit die perspektief van kliniese patologie. Fanon fokus veral op die psigosomatiese: ʼn verstarring van die liggaamlike, wat as metafoor dien vir die koloniale situasie as sodanig. Fanon se pato-analitiese benadering is egter nie psigologies reduksionisties nie. Die gevalstudies de-psigologiseer die simptoom deur histories en polities daarna te kyk, eerder as deur die normaliserende lens van die psigologie. Fanon bedryf as’t ware ʼn anti-psigologiese psigologie, in die sin dat hy die patologiese nie as “gebreekte normaal” sien nie wat tot norm herstel moet word nie, maar as ʼn trans-subjektiewe ruimte se verlies aan normerende kapasiteit. Eerder as ʼn politiek van geweld, ressentiment en melancholie, suggereer my lesing van die teenkoloniale kliniek ʼn Fanoniaanse etiek van psigo-politieke asiel.

Prof. Vasti Roodt

Die grense van geweld

Om ʼn handeling of ʼn stel omstandighede as vorme van geweld te beskryf is gewoonlik ook om sodanige dade of omstandighede te veroordeel. Die besondere morele impak van die begrip “geweld” maak dit egter ook vatbaar vir begripsinflasie. In hierdie referaat argumenteer ek dat die onoordeelkundige toepassing van die begrip geweld ons juis verhoed om dié doeleindes te bedink ter wille waarvan geweld veroordeel moet word. Ek argumenteer eers breedweg ten gunste van die inperking van die begrip geweld, waarna ek ʼn saak uitmaak vir ʼn strenger normatiewe definisie van geweld as die gebruik van onredelike dwang deur identifiseerbare menslike agente. Ek kom tot die gevolgtrekking dat hiedie beperkte definisie ons in staat stel om te onderskei tussen geweld as a kenmerk van spesifieke menslike handeling en ongeregtigheid as ‘n kenmerk van beleide en instellings wat nie gereduseer kan word tot menslike agentskap nie.

Dr. Johann Rossouw

Moderniteit en die liturgiese gemeenskap


Een manier waarop tussen die voormoderniteit en die moderniteit onderskei kan word, is deur aan te voer dat waar die voormoderniteit sy gesag aan tradisie ontleen, die moderniteit sy gesag aan die ontkenning van tradisie ontleen. Die moderniteit kan omskryf word as die tradisie wat begin by die ontkenning van tradisie. Uit die oogpunt van die voormoderniteit skep die moderniteit ’n krisis. Hierdie krisis is al beskryf as ’n krisis van betekenis, van die rede, van die gees, ensovoorts. Een van die vernaamste strategieë wat tradisiegebaseerde kritieke van die moderniteit volg, is om op die krisis van die moderniteit te antwoord vanuit die spore van voormoderne tradisies. Een so ’n spoor is daardie gemeenskappe wat vanaf die antieke tye tot vandag rondom ’n transendente ideaal en ’n liturgie beslag gekry het en steeds voortleef. In hierdie referaat sal ingegaan word op die krisis van die moderniteit, en die antwoord wat die liturgiese gemeenskap op hierdie krisis bied.

Prof. Anton van Niekerk

Vriendskap en liefde: vreemdelinge of bedmaats?


In hierdie referaat word sowel die aard van, as die verhouding tussen, vriendskap en romantiese liefde ondersoek. Kan vriende verliefdes wees? Kan verliefdes mekaar se vriende wees? James Conlon reken van nee. Ek reageer krities op die twee modelle (die een “Platonies”, die ander “Nietzscheaans”) in terme waarvan hy die moontlike verhoudinge tussen vriendskap en liefde analiseer. Conlon se voorkeur vir die Nietzsceaanse model bring mee dat hy vriendskap en liefde as inkommensurabel beskou; waar die een voorkom, is die ander onmoontlik; die analogie wat hy gebruik, is dié van verkillende literêre genres. In my kritiese reaksie voer ek drie argumente aan. Die eerste is dat hy die versoenbaarheid van literêre genres onderskat. Die tweede is dat menslike verhoudinge komplekser is as wat Conlon se gefikseerde kategorieë suggereer. En die derde is dat laasgenoemde kompleksiteit onder andere voortspruit uit die feit dat sosiale verhoudinge nie ʼn sub-kategorie van natuurlike verhoudinge is nie, maar produkte van menslike skeppingskrag.

Prof. Paul van Tongeren

Denken over danken na de dood van God


Er bestaat in onze tijd een verlegenheid in verband met de dankbaarheid. Niet de dankbaarheid jegens iemand van wie we iets gekregen hebben, maar de dankbaarheid voor het bestaan, voor wat het toeval ons biedt, voor het kind dat we krijgen, voor de loopbaan die we afsluiten, en misschien zelfs “voor alles”. Die dankbaarheid kunnen we niet meer goed uiten omdat we niet weten wie we daarvoor dankbaar zouden moeten zijn. Ik probeer uit te leggen wat die dankbaarheid te maken heeft met wat Nietzsche nihilisme noemt en probeer een weg te vinden die het ons mogelijk maakt ook zonder God “dankbaar” te zijn. Daarvoor maak ik twee keer een gang door de geschiedenis van het denken over dankbaarheid: een keer om het heersende begrip van dankbaarheid te zien ontstaan, de tweede keer om te zien wat daarin verborgen is geraakt of gebleven. Dat laatste probeer ik te verzamelen in een alternatief begrip van dankbaarheid, dat ik illustreer aan de hand van de bekende voorstelling van de drie gratiën.

Dr. Ad Verbrugge

De plaats van gemeenschap in een tijd van globalisering


In zijn beroemde trilogie The information age uit de jaren negentig van de vorige eeuw schetst Manuel Castells een zorgwekkend beeld van de spanningen die besloten liggen in de opkomende mondiale netwerksamenleving. Globalisering als een ingrijpende transformatie van de tijd en ruimte waarin mensen leven leidt tot een verandering van sociale praktijken waarin nieuwe scheidslijnen ontstaan. Een van de meest opvallende tegenstellingen die uit zijn werk naar voren komen is die tussen een mondiale kosmopolitische elite die een eigen plaatsloze en ahistorische identiteit ontwikkelen en de ‘locals’ die een sterk plaatsgebonden leven leiden en afgesneden zijn van deze globale cultuur.
Voor zover politiek ten diepste verband houdt met de zorg voor een gemeenschap die institutioneel en ruimtelijk begrensd is, werkt deze sociale gespletenheid tevens een proces van depolitisering in de hand, dat zelf weer (anarcho-) politieke tegenacties oproept. Vanuit een historische en cultuurfilosofische duiding van het moderniseringsproces zal in deze voordracht worden getracht hedendaagse verschijnselen – variërend van de mondiale opkomst van religieus extremisme en nationalistische partijen tot de populariteit van de Hungergames en Fifty Shades ¬– te begrijpen als een verlangen naar gemeenschap. Daarbij neemt dit verlangen onherroepelijk de vorm aan van het proces waaruit het opkomt en waartegen het zich verzet, met alle tegenstrijdigheden van dien.

Prof. Anné Verhoef

Die einde van transendensie in godsdiensfilosofie?


Die begrip transendensie se betekenis het tot so ʼn mate in ons kontemporêre kultuur verander, dat dit ʼn vraag is of die “einde van transendensie” aangebreek het. Dit blyk veral in die godsdiensfilosofie waar die term in dispuut geraak het. Ironies genoeg is daar egter die laaste paar jaar ʼn hernude soort belangstelling en fokus op die begrip transendensie – veral binne die kontinentale filosofie. Hierdie belangstelling in transendensie is identifiseerbaar in filosofie, teologie, kuns, politiek en in verskeie kultuurvorme. Wat met die begrip transendensie in hierdie verskeie dissiplines bedoel word wissel. Waar die begrip byvoorbeeld vroeër sterk konnotasies met ʼn vertikale transendente gehad het, val die klem al meer (amper eksklusief) op die horisontale transendente. Die immanente (teenoor die transendente) kry byvoorbeeld al meer klem – hoofsaaklik om etiese en “beliggaamde” redes. Verskillende soorte transendensie is al meer identifiseerbaar en boonop is die onderskeid tussen immanensie en transendensie nie meer so duidelik nie. Laasgenoemde word duidelik in die verstaan van transendensie as “andersheid” (alterity) – ʼn soort verstaan daarvan wat deur die werk van Derrida en Levinas geïnspireer is.
Ek sal aanvoer dat op grond van die verandering in die gebruik en betekenis van die begrip transendensie en die toenemende uitrangering daarvan in die godsdiensfilosofie, die toekomstige gebruik daarvan in gedrang gekom het. Die “einde van transendensie”, veral binne die godsdiensfilosofie, is meer ingrypend en omvattend as wat daar dalk vermoed is. Die implikasies hiervan vir religie en filosofiese antropologie kan verreikend wees. Aan die ander kant is daar egter juis vanuit die godsdiensfilosofie ʼn herbesinning en herwaardering van die begrip wat kan lei tot ʼn meer kreatiewe en vrugbare verstaan daarvan.

Charles Villet

Loftus as Afrikaner heterotopie: Die lewenswêreld van rugbymentaliteit


Hierdie bydrae poog om die aard van die kontemporêre Afrikaner-identiteit filosofies te verstaan aan die hand van die topos van Loftus en die spel, die skouspel en die ervaring van rugby. Ek stel voor dat die Loftus Versfeld rugbystadion in Pretoria ʼn soort heterotopie is vir baie Afrikaners. Die konsep van die heterotopie, soos voorgestel deur Foucault, verteenwoordig ʼn plek waar beide die idees van utopie en distopie terselfdertyd langs mekaar teenwoordig is. ʼn Analise van Loftus as heterotopie verskaf verskeie insigte oor die plek wat die stadion verteenwoordig vir Afrikaners in beide ʼn fisiese en psigiese sin.
Loftus is ʼn soort spieël vir die lewenswêreld van baie Afrikaners, hier verwoord as ‘rugbymentaliteit’: Loftus wys dat die politieke stem van Afrikaners na Apartheid nie regtig meer noemenswaardig is nie, en dat hulle daarvoor probeer kompenseer met vooruitstrewende rykdom. Loftus verteenwoordig hierdie gelyktydige ekonomiese vooruitgang en politieke agteruitgang van die Afrikaner, wat nou ʼn politieke slaaf maar wel ook ʼn ekonomiese meester is. Die resultaat is ʼn maaksel van tradisie, postkoloniale nostalgie en verbruikerskapitalisme, ʼn soort kultuur wat ʼn identiteit verteenwoordig en wys wat dit vir vele beteken om ʼn Afrikaner te wees. Loftus en rugbymentaliteit funksioneer as ʼn poging deur sekere Afrikaners om of laer te trek teen post-Apartheid Suid-Afrika of om deel te word van die kulturele mosaïek van die land, wat beide uitgedruk kan word deur middel van uitmuntendheid in rugby.

Prof. Rudi Visker

De einde van vriendschap


Deze paper wil op een eenvoudige manier een m.i. centrale vraag behandelen m.b.t. het thema ‘vriendschap’: onder welke voorwaarden komt een vriendschap ten einde?
Meer bepaald zal aandacht worden besteed aan een paarlijnen in een bekende novelle: ‘ook nu ben je nog mijn vriend’. Ook nu, d.w.s. nu ju mij verraden hebt en teruggekeerd bendt ondanks dat verraad.

Prof. H.P. van Coller Dr. Anthea van Jaarsveld

Deiktiese patrone in die verfilming van J.M. Coetzee se Disgrace (2008).


In hierdie referaat word J.M. Coetzee se bekende roman Disgrace (1999) eerstens ontleed en daarna word ook die verfilming daarvan in 2008, onder die loep geneem. Coetzee self het in sy werk uit 1988, White Writing, gesaghebbend geskryf oor die Afrikaanse plaasroman en ook oor die romans van C.M. van den Heever, ’n seminale skrywer binne hierdie sub-genre. Sentrale begrippe binne die Afrikaanse plaasroman is erfopvolging, wat daarvan uitgaan dat die plaas 'n onvervreembare ruimte is wat deur erfopvolging oorgaan van vader na seun (Coetzee praat van lineal consciousness), die oorheersing van patriargale waardes en die plaas as idilliese ruimte, maar ook as hiërargies gestruktureerd met die eienaar as Middeleeuse lyfheer en al die lyfeienes op feodale wyse as onderhoriges: bywoners én arbeiders. Daar word in hierdie referaat uitgegaan van verskeie hipotetiese aannames: dat Coetzee in sy roman voorkennis verwag van sy leser (ook van die aard van die Afrikaanse plaasroman) en dat sy roman inderwaarheid 'n parodie van hierdie sub-genre is. Dit word teoreties verduidelik aan die hand van teorieë van ondermeer Hall, Bourdieu en Even-Zohar. Voorts word die kinematografiese narratief teoreties belig en aangevoer dat kommunikasie deikties van aard is deurdat semiotiese tekens nie gedekodeer kan word sonder bepaalde voorkennis asook kontekstuele kennis nie. Vervolgens word die film Disgrace (2008) ontleed, maar veral dan as persiflage van die plaasnarratief. Hierdie film werk met vaste topoi van die plaasroman-genre: die patriargie, erfopvolging, sosiale stratifikasie (van spesifiek eienaar en bywoners), die opposisie: plaas/stad, en die belang van die ruimtelike, maar op duidelik parodiërende wyse.

In die referaat staan die verfilming van J.M. Coetzee se gelyknamige roman sentraal. Die vertelsituasie in die tradisionele Afrikaanse plaasroman is die ouktoriële (ook bekend as die alwetende) verteller. In die verfilming van Disgrace word telkemale gefokus uit die subjektiewe perspektief (in die prosa-teorie staan dit bekend as die personale vertelswyse) van David Lurie. Daardeur staan die gebrek aan logika voorop; die traumatiese persoonlike ervarings van 'n buitestaander- individu belas met eksistensiële angs. In die ouer plaasroman en film word gewoonlik gesuggereer dat die plaas die sentrum van die universum is: daarvandaan word vertrek (gewoonlik deur ʼn seun of dogter wat hulle heil in die stad gaan soek), maar daarheen sal ook teruggekeer word; die narratologiese struktuur is daarom ook siklies en tipies van hierdie grondpatroon van wording, evolusie en verkryging. In Disgrace vind presies die teenoorgestelde plaas: die narratologiese struktuur dui eerder op devolusie: Paradise lost; verwording, devolusie en verlies staan voorop (hier van materiële dinge soos status, posisie, maar ook van trots, liefdesgeluk én geborgenheid). Die plaas is geen veilige ruimte meer nie; dit word plek van vertrek eerder as verblyf; die lokale word omvorm en wyk voor die universele waarheid. In die referaat sal gekonsentreer word op die wyse waarop die kinematografiese elemente van die film hierdie onderskeie boodskappe tuisbring, nie net deur handelingspatrone nie, maar veral deur die wyse waarop die kamera gemanipuleer word.