FilosofieKafee: September 27, 2013

-->
  "Waarom het Eugène N. Marais so'n belangstelling in wonderbaarlike verskynsels gehad?" - Johann Lodewyk Marais.

In Eugène N. Marais (1871-1936) se prosa is daar meermale 'n belangstelling in die geheimsinnige en onverstaanbare. Die pogings wat aangewend word om wetenskaplike verklarings vir dié verskynsels aan te bied, gee aanleiding tot besinning oor rasionaliteit en nie-rasionaliteit. 'n Mens kom as 't ware onder die indruk dat Marais sterk partydig vir die wetenskaplike feit en uitleg is, maar tog ook die grys gebiede van die wetenskap verken en 'n belangstelling in pseudowetenskaplike praktyke gehad het. Met sy Engelse opvoeding moet hy deeglik met boeke uit die negentiende eeu kennis gemaak het, waaronder Edgar Allan Poe (1809-1849) se speurverhale en sielkundige rillers, waaraan 'n aantal van Marais se verhale en afwykende personasies herinner. In hierdie gesprek word vertel hoe Marais te werk gegaan het om op 'n besondere manier met sy lesers te kommunikeer en hoe dit tot heelwat variasie in sy oeuvre lei. Dit gee ook aanleiding tot 'n aantal fassinerende verhale
Johann Lodewyk Marais is 'n skrywer, letterkundige en historikus. Hy voltooi tans sy negende digbundel, en skryf 'n reisboek oor Kenia en 'n biografie oor Cleopatra.

Vrydagaand vanaf 19:30
Soff kamer - Café Riche
Kerkplein, Pretoria
R75 pp (sluit aandete in)
rsvp: caferiche@kerkplein.co.za  0f 02 328 3173

Kom gerus al vroeg, u kan aandete vanaf 18:00 geniet!


Vrydag se Filosofiese Gedagte!


“ ‘Respondeo etsi mutabor’ / Ek antwoord, al verander ek daardeur.” Eugen Rosenstock-Huessy. (1888-1973)

In die betrokke werk (Out of Revolution: Autobiography of Western Man (1938) wat verskyn het nadat jy in 1933 na Amerika geëmigreer het, skryf hy in die hoofstuk ‘Afskeid van Descartes’ oor die eensydige ‘cogito ergo sum’ (ek dink, daarom bestaan ek). Volgens Rosenstock-Huessy is sy generasie wat die eerste Wêreldoorlog meegemaak het, nie meer geïnteresseerd in die openbaarwording van die ware God of die ware aard van die natuur nie, maar meer in die oorlewing van ‘n ware menslike samelewing. Teenoor die (cogito)  stel hy die dialogiese inset, waardeur die waarheid ‘vitaal’ is en sosiaal  verteenwoordig moet word: respondeo etsi mutabor – ek antwoord al verander ek daardeur.
(Vry vertaal uit die Filosofie Scheurkalender)