Vrydag se Filosofiese Gedagte!


“ ‘Respondeo etsi mutabor’ / Ek antwoord, al verander ek daardeur.” Eugen Rosenstock-Huessy. (1888-1973)

In die betrokke werk (Out of Revolution: Autobiography of Western Man (1938) wat verskyn het nadat jy in 1933 na Amerika geëmigreer het, skryf hy in die hoofstuk ‘Afskeid van Descartes’ oor die eensydige ‘cogito ergo sum’ (ek dink, daarom bestaan ek). Volgens Rosenstock-Huessy is sy generasie wat die eerste Wêreldoorlog meegemaak het, nie meer geïnteresseerd in die openbaarwording van die ware God of die ware aard van die natuur nie, maar meer in die oorlewing van ‘n ware menslike samelewing. Teenoor die (cogito)  stel hy die dialogiese inset, waardeur die waarheid ‘vitaal’ is en sosiaal  verteenwoordig moet word: respondeo etsi mutabor – ek antwoord al verander ek daardeur.
(Vry vertaal uit die Filosofie Scheurkalender)