FilosofieKafee: 28 Maart 2014 vanaf 19:30

'Reeva en Anene:  Geslag, Ras en Geregtigheid?' - Amanda Gouws
 In 2013 is twee vroue binne twee weke uitmekaar deur mans vermoor. Die een se storie was vir ‘n  paar dae op die voorblaaie van koerante en toe het haar storie verdwyn.  Die ander een se storie word beskou as die “hofsaak van die eeu”.  Kry al twee geregtigheid?  En wat het geslag en ras daarmee te doen? Hierdie gesprek  ontleed geslagsgeweld en geregtigheid in die konteks van Suid-Afrika.

Amanda is professor in die Departement Politieke Wetenskap en die houer van 'n PhD van die Universiteit van Illinois in Urbana-Champaign in die VSA. Sy spesialiseer in Suid-Afrikaanse politiek, genderpolitiek en politieke gedrag. Tans fokus haar navorsing op vroue en burgerskap, die nasionale geslagsmasjinerie en verteenwoordiging. Sy dien op die raad van die Afrika Genderinstituut by die Universiteit van Kaapstad.

Iedereen welkom!
R80 sluit 'n smaaklike aandete in.
rsvp: Zanté,  hostess@caferiche.co.za / 012 328 3173
Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
Parkeer  reg voor die bistro op Kerkplein (wagte gereël)