Augustus 29: “Die uitdaging wat etiese kwessies tydens mediese navorsing in Afrika bied.”-Mariana Kruger

Navorsing is krities belangrik om algemene voorkombare siektes te ondersoek en maniere te vind om hierdie siektetoestande beter te hanteer én effektief te voorkom. Afrika het haar eiesoortige problematiek soos erge armoede, beperkte toegang tot mediese sorg, weerloosheid van weeskinders, ensovoorts. Gevolglik is die beskerming van navorsingsdeelnemers in die mediese navorsingsproses uiters belangrik.

Mariana Kruger is die redakteur van ‘n boek - pas vrygestel - wat handel oor die etiese hantering van navorsing in Afrika. Alle aspekte van navorsing word in hierdie publikasie bespreek vanaf die hantering van kliniese proewe tot die deelname van weerlose kinders, asook genetiese navorsing in Afrika.  Hierdie boek, wat befonds is deur die European and Developing Countries Clinical Trials Partnership(EDCTP), is in Julie in Berlyn bekendgestel.

Mariana is ‘n kinderonkoloog en etikus. Sy is tans vol professor en uitvoerende hoof van die departement Pediatrie en Kindergesondheid te Stellenbosch Universiteit en Tygerberg Hospitaal. Sy dien op verskeie etiek-komitees en is tans die Afrika kontinentale president van die Internasionale Vereniging van Kinderonkologie (SIOP).


Iedereen Welkom ! 

Vrydagaand 19:30  in die Soffkamer, Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
R80 pp (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein.