TEMA: Kernkrag In Suid-Afrika? - Ja of Nee .
SPREKER: Pieter Bredell
Die gesprek stel die vraag : «Dink julle dat kernkrag ‘n betroubare, volhoubare en veilige energiebron in Suid-Afrika kan wees? «.
Die huidige stand van sake in die internasionale arena sal bespreek word met die klem op die openbare mening rondom kernkrag, en as deel van die gesprek, insluitend die hoofredes vir teenkanting en verset teen kernkrag.
Vervolgens word vlugtig gekyk na die belangrikste rolspelers binne die Suid-Afrikaanse kernbedryf, naamlik, die betrokke regeringsinstansies, die reguleerders, aanlegbedrywers, nywerheidsverkaffers en die plaaslike gemeenskappe. Die klem val uitsluitlik op skakeling met die publiek. Pieter wil graag fokus op sy skakeling met die publiek rakende kernkragkwessies, veral rondom die bestuur van kernafval, een van die mees uitdagende projekte van sy loopbaan!
“Dit het vir my as kerntegnoloog tot diep insigte gebring van die belangrikheid van ‘n onderliggende sosiologiese wêreld, waarvan ek onbewus was.”
Ter afsluiting gesels ons vlugtig oor die regering se planne, sover bekend, met die oprigting van nuwe kernkragstasies in Suid-Afrika.
IEDEREEN IS WELKOM!
http://filosofiekafee.blogspot.com
Pieter Bredell is in Pretoria gebore en het op Middelburg gematrikuleer. Hy het ‘n graad in chemiese ingenieurswese van die Universiteit van Pretoria en 'n regsgraad van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het 50 jaar ondervinding in die kernbrandstofbedryf, insluitend uraanontginning, -omsetting en -verryking, die uitbedryfstelling van kernaanlegte, die bestuur van radioaktiewe afval en kernbeveiliging. Meeste van sy werksloopbaan was by die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), eers as prosesingenieur, later hoofbestuurder Uraanverryking en -omsetting.
Tussen 2012 en 2015 was hy as deeltydse kernkonsultant aktief betrokke by die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) in Wene met internasionale kernprojekte en tegniese sendings na verskeie IAEA-lidlande
Pieter skilder van kleinsaf en het onlangs met beeldhou projekte begin werk. Hy stap elke dag en lees deesdae nie meer so baie filosofiese boeke nie.
Datum: Saterdagoggend 12 September 2026
Tyd: vanaf 9vm – 12nm
Plek: Proe, Afriforum Teater, Greenlyn Village-sentrum, Menlo Park
Bespreek by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
R175 pp sluit ’n kontinentale ontbyt in.
Betaal asb met dié datum P12/09 en jou naam by hierdie portaal: