FilosofieKafee: 26 April vanaf 19:30

“Tot watter mate het wetenskap die rol van religie oorbodig gemaak?” -
Louise Mabille en Piet Croucamp
Vrydagaand se gesprek neem die vorm van 'n debat aan tussen twee gedugte redenaars. Louise Mabille is verbonde aan die departement van filosofie van die Universiteit van Pretoria en Piet Croucamp doseer aan die departement van politiek by die Universiteit van Johannesburg.
 Kom oordeel self wie se argumente is die oortuigendste en lewer self 'n bydrae tot die  debat!

  
Neem gerus deel aan hierdie gesprek in 'n gasvrye omgewing en ontmoet mede-redenaars. 
 Iedereen Welkom !                              
 R70 per persoon (sluit aandete in)
Café Riche,
Kerkplein, Pretoria
rsvp: 012 328 3173 of caferiche@kerkplein.co.za