Tema: Wat kan Machiavelli ons leer oor Ekonomiese Oorlog?
Spreker: Raenette Gottardo (voorheen Taljaard)
Medereder: Lydia von Wielligh-Steyn
Niccolò Machiavelli was ’n senior Florentynse diplomaat. Hy is op 29-jarige ouderdom deur Piero Sonderini aangestel en is later deur die Medici-familie opgesluit. Hy het sy meesterstuk, Die Prins, aan Lorenzo de Medici opgedra. Sy denke oor beginsels, en die verskeie uitdagings wat beginselvaste leiers dikwels in die spervuur plaas, is tans meer relevant as ooit tevore. Sy persoonlike ervarings met die magtige Medici-familie is ’n interessante invalshoek om na die huidige fluktuerende globale internasionale ekonomiese orde te kyk. Te midde van globale handelstariefkonflikte en geopolitieke ekonomiese magstryde kan hy ons heelwat oor strategie leer.
Raenette Taljaard, nou Gottardo, het bekendheid verwerf toe sy tussen 1999 en 2004 ’n parlementslid vir die Demokratiese Alliansie was. Sy was die jongste vroue parlementslid. Ná 1999 het sy die akademiese wêreld betree en gedoseer aan die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die Witwatersrand. Tussen 2006 en 2009 was sy direkteur van die Helen Suzman-stigting en in 2011 is sy benoem tot kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Sy beskik oor ’n PhD in politieke wetenskap wat sy aan Stellenbosch Universiteit verwerf het en is ook die skrywer van die boek: Up in Arms: Pursuing Accountability for the Arms Deal in Parliament. Tans werk sy as ’n onafhanklike internasionale konsultant. Sy is lief vir letterkunde, opera en Italië. Raenette het onlangs die gesogte Cavaliere dell’Ordine della Stella d’Italia toekenning van die Italiaanse president ontvang.
IEDEREEN IS WELKOM!
http://filosofiekafee.blogspot.com
Datum: Vrydagaand 5 September 2025
Tyd: vanaf 6nm – 9nm
Plek: ATKV Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington
Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang: R150 pp sluit ‘n welkomsdrankie in.
Betaal asb met dié datum W05/09 en jou naam by hierdie portaal: