Volop vindingryke volhoubare voornemings!


Beplan vooruit hierdie jaar vir elke laaste Vrydagaand van die maand - dis nou reeds die 12e jaar wat hierdie gesprek gereeld gebeur. Ons het daarin geslaag om denkers met verskillende en selfs uiteenlopende standpunte, om 'n tafel, gasvry te onthaal. Hier moet Filosowe op hul voete kan dink! Die ingesteldheid is om aktuele onderwerpe beskaafd te bespreek in hierdie kafee in die hart van Pretoria - terwyl ons eet en drink.
U word uitgenooi om deel te neem, óók nou op hierdie blog.
Watter temas wil u graag bespreek?
Die program vir vanjaar sal binnekort hier verskyn.