Vrydagaand 29 Januarie vanaf 19:30

"Gender en organisasie-leierskap: 'n gesprek oor glasdakke en lekkende pype" -
Prof Mollie Painter-Morland
Die vraag wáárom vroue nie die voortou neem in organisasies nie, is al vanuit vele hoeke beredeneer. Meesal verval hierdie tipe gesprekke te gou in stereotiperings en essensialistiese veralgemenings. Tydens die gesprek van 29 Januarie gaan Mollie Painter-Morland hierdie fenomeen, wat al aan die hand van vele metafore, soos glasdakke en lekkende pype beskryf is, vanuit 'n meer filosofiese hoek benader. Sy gaan argumenteer dat deur organisasies as kompleks-aanpasbare sisteme te beskryf, baie van ons subtiele gender vooroordele beter verstaan kan word. Sy gaan ook na die werk van Gilles Deleuze en Felix Guattari verwys ten einde die totstandkoming van sekere "gender-identiteite" en gepaardgaande waarde-oordele te verduidelik. Hierdie outeurs daag ons uit om ons verknogtheid aan identiteit te vervang met 'n openheid vir die veelvoudige en as sulks, open dit nuwe leierskapsmoontlikhede vir beide mans en vroue.
rsvp 012 328 3173
caferiche@kerkplein.co.za
R60 pp sluit aandete in