Vrydag 28 Augustus 2015 vanaf 19:30
“Die Grieke, hul geld, hul gode, en moontlike lesse wat ons kan leer” - James Blignaut
R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.
Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za
James is deeltydse professor in ekonomie (spesifiek omgewingsekonomie) by Tukkies, navorser by die omgewingsekonomie denkplatform, ASSET Research, en konsulteer via sy BK, Beatus. James se navorsing fokus op volhoubare ontwikkeling met die klem op voedsel-, water-, en energiesekuriteit sowel as die restourasie van gedegradeerde natuurlike kapitaal. Hy poog ook om van die beginsels op klein skaal tuis toe te pas en is dus onbewus van die implikasies van beurtkrag deurdat sy huis onafhanklik op biogas en sonkrag kan funksioneer. Verder word die grootste gedeelte van sy gesin se groente en vleis self geproduseer.
Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee met die tema #LesseuitGriekeland.
Iedereen Welkom !
rsvp: 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za
Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria
Toegang tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie voltooi nie. Daar is wagte buite.