Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien.
Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én kwessies aan te durf! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998.
Die volgende gesprek is Vrydagaand 3 Julie 2026 in Wellington.
Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word aan Lamé Ebersöhn by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Mei 2:ATKV-Bôrdienghuis, Wellington.
Tema:Suid-Afrika se kernwapenprogram: feite of fiksie.