Oor oordaad - in wat ons sê en wil hê, en waar ons emosies lê
Hoekom praat mense so in die oortreffende trap?
Hoekom glo mense hulle ideologieë so voluit? - of dit nou in 'n
godderigheid is, of in 'n politiekery, of in 'n ekonomiese sisteem, of sommer
in 'n sportspan.
Hoekom wil mense wat baie besit, meer hê, en hoekom wil sosialismes hê
niemand moet te veel hê nie?
Hoekom probeer ons mense bangpraat in die politiek, of binne
verhoudings, of in die kantoor, of met die hel, en dies meer?
Nie almal nie. Maar baie mense. Moet hulle goed so ekstreem sê, besit en voel om hulle eie stille
twyfels te oordonder? Of om bo-oor die lawaai van die samelewing gehoor te
word? Christo Lombaard vra dié vrae, en vra na antwoorde. Hier en daar
geïllustreer met 'n chrisman baard-song.Kom dink saam, en soek antwoorde saam.
Vrydag 13 Januarie 2017 vanaf 19:00
R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien
word.
Bespreek by 012 328
3173 / hostess@caferiche.co.za
Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek:
@Filosofie_Kafee met die tema #Emosies
Iedereen Welkom!
Café Riche |
Kerkplein 2, Pretoria
Toegang
tans verkieslik vanuit Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat, en parkeer op
Kerkplein, reg voor die Café Riche. Die opgradering rondom Kerkplein is nog nie
voltooi nie. Daar is professionele wagte buite.