-->
Hier is die teks:
"Wat kan die ander ons leer van onsself?" - Fransi Phillips
Ons het in ‘n klein huisie op
die bult gebly, wat beteken dit was voordat ek begin skool gaan het, toe ek die
eerste keer vir my ma gevra het of sy dink daar gaan oorlog kom. Iets aan die manier waarop sy
geantwoord of nie geantwoord het nie, of aan die manier waarop sy haar hare uit
haar gesig gevee het, het my laat begryp: ek weet nie van oorlog nie, maar hier
kom kak. En die oomblik as mens begryp hier kom kak is vanselfsprekend ook die
oomblik waarop mens begin probeer om jou pad uit dit uit te vind.
Die eerste pad uit die kak is
vir my uitgestippel deur my
Afrikaner ouers:
Doen altyd jou plig
Moenie kos en water mors nie,
daar’s kinders wat honger ly en dalk kom reen dit nooit weer nie
Pasop vir die kommuniste
Moenie die huishulp rondfok nie
( in daardie dae is sy bediende genoem)
Moenie na donker huis toe kom
nie
Moenie by die strooise speel
nie
Glo in God.
Maar toe word Verwoerd geskiet,
en my pa kry ‘n snaakse trek in sy oë, en my ouma wat sap stem vee haar oë met
haar voorskoot af en se sy voel jammer vir sy vrou, en sy kyk na jou asof sy
verwag dat jy iets moet begryp, en
iets verander, maar jy weet nie wat nie, maar die feit dat daar kak gaan kom,
is nie die ding wat verander het soos wat jy gehoop het nie. Jy weet nog steeds
en meer as ooit daar kom kak, as dit nie alreeds gekom het nie, en die kak wat
kom het iets te doen met die vet minister wat so skreeu . En jy doen alles wat
jy moet doen en daarby staan jy nog eerste in die klas en kry ‘n trofee vir
tennis, maar dit verander niks aan die kak wat gaan kom nie, en jy raak bietjie
skepties oor die pad wat vir jou
aangedui is uit die kak, maar jy dink nog steeds jy moet iets daaraan verander,
en as dit nie verander nie beteken dit jy het nie die regte ding gedoen om dit
te verander nie want jy is ‘n getroue calvinis wat glo dat straf ‘n teken is
van sonde, en die fok weet, die stories met die land klink of dit ‘n vorm van
straf inhou.
Teen die tyd dat jy in st. 10
kom tref die Soweto opstande die land, en dit klink al meer soos die kak wat jy
verwag het sou kom, ten spyte van al jou pogings om die regte ding op skool en
by die huis te doen, en teen die tyd is jy gatvol vir die hele besigheid en vir
jou ouers en die skool, so die volgende jaar op Universiteit besluit jy daar
moet ‘n beter uitweg wees en die liberals en Marxiste in jou filosofieklas vry
in elk geval beter en trek
interessanter aan as die tokkelokke en die konserwatiewe VSR, en jy doen
Marxisme en Neo-Marxisme in die filosofieklas en jy’s die moer in oor die tyd
wat jy gemors het om te probeer goed wees terwyl jy in werklikheid heeltyd sleg
was, en jy ontmoet vir Ampie Coetee en jy lees Breyten se poësie by die
digterskring en Koos Prinsloo se verhaal in “Vlieg” oor bloedksandelike
kinderseks word verban op Tukkies, en dit wys jou net hoe sleg is die sisteem
en in elk geval is die hele wêreld nou teen apartheid so dit sal onnosel wees om nog steeds vir dieselfde party as jou ouers
te stem.
Die enigste vlieg in die salf
is hierdie ding: Jy sukkel om die
opstande te ondersteun omdat hulle kinders daarvoor gebruik en omdat die
necklace ding nie na pret lyk nie. En dan is daar nog die keer op Kerkplein toe
die bom afgegaan en almal met bloed aan hulle gesigte rondgeloop het terwyl die
ambulanse waansinniglik verbyjaag hospital toe. En daar is die buurman in die
flat wie se bene altwee geamputeer is na daardie bom, en sy suster vertel dat
hy al soveel operasies moes kry aan sy longe dat hy wakker word onder narkose
omdat dit nie meer veel van ‘n verskil aan hom maak nie. En die feit dat hy ‘n poephol is, is
nie die punt nie. Die punt is dat
iemand wat nie ‘n poephol is nie op daardie oomblik daar kon geloop het, en dat
jyself in werklikheid baie naby was.
En behalwe dit is daar hierdie
lastige herinnering aan die kommunistiese propaganda-kuns wat die
kunsgeskiedenis lektrise in die klas gewys het, en as dit is waar alles
heengaan gaan ons vir seker ‘n toekoms van onkreatiewe onnoselheid tegemoet,
maar wie weet dalk is die mense wat nou klippe gooi en necklace speel in plaas
van om skool te gaan miskien intellektuele teen die tyd dat hulle aan bewind
kom. Dit sal dalk ‘n tydjie vat, maar jy is al meer bereid om te wag soos wat
die drama ontvou, en sal dit trouens verkies as die wonderwerk iewers na jou
dood eers sou gebeur.
Verder worry jy bietjie oor jou
rassistiese pa wat glad nooit geleer het hoe om sy bek te hou nie en verwonder
jou oor die feit dat hy kort voor die bevryding nog ‘n job aangebied word as
konsultant terwyl baie van die gatkruiper omies met pakette gestuur word om ‘n
strandhuis iewers aan die kus te gaan koop, en party van hulle kry hartaanvalle
omdat die huise wat hulle in ‘n rivierbedding gebou het tydens ‘n vloed
weggespoel word na die see. En die wat nie oorsee gaan nie moor hulleself en
hulle gesinne uit asof dit uit die mode gaan.
Terwyl jy werk in die
staatsbiblioteek om geld te kry vir ‘n oorsese trip is daar al hierdie verbode
lektuur van ANC lede wat in Rusland en Tsjeggo-Slowakye leer waar om die bomme
te plant wat jy enige dag kan aftrap, en tydens jou oorsese trip kom jy agter
jou vriende is net die met wie jy saamstem dat dit eintlik jou plig is om
selfmoord te pleeg, en jy voel al minder lus vir die ding van vriendskap met
Wes-Europieers.
En jou broer wat medies swot
vertel van mense wat met byle in hulle koppe by ongevalle sit en wag as hy
aanklok vir sy aansdskof by die hospital, en dis moeilik om die depressie wat
oor hom toesak te ignoreer. En jou
ma koop vir jou ‘n sak kruideniersware sodat jy gereed sal wees wanneer die dag
kom, wat jy alles voor die tyd opeet want jy is nou geskei en arm en bly in ‘n
flat tussen swart bure in Sunnyside waar jy elke nag ‘n roof of verkragting
aanhoor. En jy kyk op TV na die skouspel van die bevryding en voel effens
skuldig oor hoe verveeld jy halfpaddeur
raak, amper soos in die kerk ‘n
kwart-eeu gelede, en jy vertel elke dag vir jouself hoe wonderlik die bevryding
is, kompleet asof jy jouself nie wil glo nie .
Jobs raak nou skaarser en
misdaad meer en
dis half vanselfsprekend dat
boere vermoor sal word omdat hulle plase het en as jy nog nooit fokkin verlig
gevoel het dat jy nie die plaas geerf het omdat jy nie die voël het soos jou
broer nie, is jy nou verlig daaroor.
Maar behalwe van boere is daar ook stories van babas wat verkrag word en
ou tannies wie se vingers afgekap word en kinders wat aan stukkies gesny word
vir toordokters wat mens nou nie meer tootdokters mag noem nie want hulle is
nou traditional healers. En so begin dit tot jou deurdring dat die spul wat
klippe gegooi het toe nie in intellektuele verander het soos wat jy gehoop het
nie en jy probeer maar incash op
die kak wat om jou vlieg en skryf ‘n verhaal vir swart skole op aandrang van ‘n
uitgewer, maar die uitgewer pleeg selfmoord net nadat jou boek uitgekom het
omdat sy nie betaal is vir die boeke wat sy gelewer het nie, en sy word deur ‘n
gang verkrag terwyl sy doodgaan en die boek verdwyn en jy hou jou bek bascally
omdat jy te verward is om te weet wat de fok om te sê, en Dan Roodt wie se boek
verban is deur die Nasionale regering is daar iewers buite besig om sy moer te
strip vir die nuwe regering en dan het hy boonop nog die cheek om dit te sê en
geleidelik begin dit tot jou deurdring dat jy die naasteliefde vir jou reënboognasie
net so sleg afgepull gaan kry soos die scene van Afrkaner voorbeeldigeheid en
voortrekkers en volksfeeste.
So as jou Afrikaner opvoeding nie ‘n oplossing inhou nie,
en jou Westerse liberalisme doen dit ook nie, en Afrika is ‘n totale disaster,
waar gaan ons hulp vandaan kom?
Ek het Oos-Europa ontdek , nie
terwyl ek op soek was na hulp nie, maar na ‘n job. Ek was besig om op vryskut grondslag vir die Pretoria News
kunsresensies te skryf, toe ek gevra is om ‘n uitstalling te open van ‘n kunstenaar
wat in die geheim agter die ystergordyn met soveel styl uitgemis het op die
twintigste eeu dat haar werk my vir die eerste keer laat wonder het
of daar hoegenaamd iets betekenisvol gebeur het in die eeu van avant garde en
hippies, wat afgesluit is met ‘n
belofte van ‘n new age waarin die gelykheid van almal en alles tot so ‘n mate
untouchable geraak het dat die
fokkin hoenders van wie mens eiers
koop se vegetarian
status nou al in mens keel afgedruk word .
Dit was in die eerste plek
lekker om elke oggend te voel of ek die land van disasters verlaat vir ‘n land
waar die mense besig was om hulle eie kultuur te herontdek nadat hulle vir
amper ‘n eeu lank verbied was om dit te beoefen op grond van die feit dat
kulturele onderskeid in die gelykmakingsproses verbode was. En
dit was toevallig ‘n klein land wat dit nie polities inkorrek geag het om van
sy kleiner buurland af te split en twee verskillende state te word nie, en toe
ek vir die ambassadeur vra hoekom daar twee verskilllende lande moet wees vir
mense wat dieselfde taal praat, beduie hy vir my dat sy land se vrouens wilder
is as die vrouens in die ander land wat vroeër dieselfde land was en dat dit ‘n
uitstekende rede is om afsonderlik te wil bly. En dit was lekker om te werk
tussen mense wat witter was as ekself, en wat geen skuldgevoelens daaroor gehad
het nie. Maar die lekkerste van
alles was die politieke attaché se vrae: “Fransi, what means kortbroek?” Waarop ek “Short pants” antwoord. “Fransi, what means voetsek?” “It’s a rude way of telling someone to
go away.” “Fransi, what means politically correct?” “It means that if you are black you are allowed to
hate whites but if you are white you are not allowed to hate blacks.”
“But Fransi I don’t understand”
“Actually I don’t want you to
understand.”
En terwyl so ‘n vraag, uit die
mond van iemand wat geen skuldgevoelens het nie bloot omdat hy geen skuld het
nie, maklik sou kon lyk na politieke agterlikheid, en terwyl die haarstyle en
oogpotloodstrepe van party van die mense se vrouens bietjie aan die fifties sou
kon herinner, moet mens in gedagte hou dat hulle ‘n halwe eeu gelede reeds
onderwerp is aan die fok-op van gelykmaking en eendersmaking waarheen die Weste besig is om ons teen
‘n stink spoed agter hulle aan te sleep.
Vir tien mooi jare het ek elke
oggend in my tweede land aangekom, waar ek moes bontstaan om die oggend se nuus
vir die politieke attaché te interpreteer. Terwyl ons in sy kar op pad is na ‘n
Europese Unie vergadering sou hy terloops vra: “Were there as many beggars in the streets under apartheid?”
En dan sou ek antwoord : “No, definitely not” en hy so vra “Were
they shot?” En ek sou sê “I really
don’t think so” en hy sou vra “Where were they?” en ek sou eerlikwaar nie weet
hoe om hom te antwoord nie, net so min as wat ek sou weet hoe om my embarrassment
te verberg met Mbeki se uitgesproke ingenomenheid om ‘n “kommunistiese” land se
president daar te hê toe ‘n president
wat sy lewe lank teen kommunisme geveg het ‘n amptelike besoek aan
Suid-Afrika bring, en net so min as wat ek Zuma se ongeletterdheid kon
verduidelik aan ‘n diplomaat uit die land van Vaclav Havel en Vaclav
Klaus.
Die politieke attaché van
die klein Oos-Europese land was
bekommerd toe hy hoor dat ek op pad Rusland toe is: die vrees vir Rusland is
nie iets wat maklik afgeskud sal word in daardie lande nie . “Fransi” het hy gesê, “ Be careful of the chernobil mushrooms. “ En
toe ek oor die vakansie terugkom met ‘n stuk staal in my gebreekte arm: “A micro chip, Fransi! See, I
told you so.”
Vrees was ook my eerste reaksie
toe ek in Rusland aankom: ek
onthou die brat wat met sy fiets in my bagasie vasslet en vererg maak asof dit
my skuld is, en Jana die administrateur wat my later sou staan en streel terwyl
ek gil van pyn met ‘n gebreekte arm wat verkeerd gespalk is, het met die eerste
oogopslag maar baie na ‘n bitch gelyk, en die goed was almal so wit dat dit
gelyk het of hulle nie ‘n skaduwee sou kon gooi nie, soos deurskynende rotte
wat ontsnap het uit Chernobil, en ek was skyt bang om te verdwaal want ek het
gehoor dat mens nie ‘n Rus op straat nader nie, wat ‘n totale kakstorie was.
My tweede reaksie was ingenomenheid met hulle onverwagse
generosity: terwyl vroutjies wat
deur die kommunisme geleef het nie genoeg kan kry van die wonder van koop nie, voel hulle oënskynlik net mooi presies vere vir besittings,
en al wanneer dit vir hulle iets beteken is die oomblik dat hulle dit kan
weggee. Hulle het my letterlik toegegooi onder geskenke. Hulle bly almal in
flats wat omtrent so groot soos myne of kleiner is, met dosyne katte en reuse
honde wat elke dag in die sneeu gaan rol en oor nuwejaar saamgevat word in die
koue om die vuurwerke te waardeer, terwyl daar wilde honde soos wolwe deur die
strate hardloop. Toe ek eenkeer
dink ek sien die eerste betoging in die geskiedenis van die Russiese Federasie,
kom ek agter dis net ‘n klomp mense wat saamdrom om ‘n meisie wie se klein
katjie hulle wil streel.
In Januarie laasjaar het ek
saam met Anja en Vlad op Rooiplein in Putin vasgeloop waar hy besig was om in
jeans te staan en yoyo speel terwyl die skares hom flat ignoreer. ‘There is Mr Putin”, het Vlad gesê. “Please don’t look at him.” Waaruit ek
die verkeerde afleiding gemaak het dat omdat hulle dink Putin is ‘n idioot,
hulle graag ‘n regte demokrasie sou wou hê.
My tweede reaksie was dus net
so verkeerd soos die eerste: ek
het nou die onoorbrugbare
gaping tussen die Weste se idee van die “onderdrukte” Russe, wat eintlik ‘n
gevolg is van die onoorbrugbare gaping tussen die regering en die “onderdrukte”
mense, begin toedig aan die “onderdrukte”
mense se politieke naïwiteit, en ewe naïef het ek vir hulle begin
verduidelik van politieke verantwoordelikheid wat saamgaan met politieke
vryheid, totdat ek agterkom dat hulle my in my gesig sou uitgelag het as hulle
net klein bietjie minder van my gehou het, of as hulle nie van my afhanklik was
om hulle Engels deur te kom nie.
Een van die studente, die
sestienjarige Lera, het my op ‘n mooi manier uit my misery probeer help. “We do not believe in democracy”, het
sy gese. “Obama is not better than Putin.”
“But what do you see as an
alternative ?”
“We do not need an
alternative.”
“So, you like President Putin?”
“No, we don’t like him, but we
don’t believe in revolution and we don’t like politics.”
“What do you believe in?” het ek
gevra
“In ourselves”, het sy
geantwoord.
“And are you happy?”
“Yes”, het sy gese. “We are not very poor or very rich, and
we are all crazy. We do as we like and we say whatever we want to. We are
happy.”
“But what about the
demonstrations after last year’s elections?”
“Haha, they were arranged by
mr. Putin. People were paid to go
there. The Russians are
corruptable because they are bored, and they are bored because they are not stupid.”
En toe ek my vriend Evgeny vra
wat dink die Russe van Pussy Riot het hy
geantwoord: “They are
stupid cunts.”
Die waarheid is dat die Russe
nog veel minder as die Afrikaners kan saamstaan om ‘n demokrasie teweeg te
bring. Elke Rus wat ek ooit ontmoet het is die held in die een of ander
makabere en waansinnige soap opera wat in sy eie, en net in sy eie kop afspeel.
‘n Rus wat lus is om hom dronk te suip en agteruit oor ‘n besige straat te
loop, doen presies dit. ‘n Rus wat
‘n rot so groot soos ‘n hond as troeteldier wil hê, het ‘n rot so groot soos ‘n
hond as troeteldier. ‘n Rus wat
geirriteerd raak met die cheeky duiwe onder mens voete op die Leninplein in
Podolsk, ghwel op die duiwe.
En die onderdrukte massas is toe nooit onderdruk nie, eenvoudig omdat
dit nie moontlik is om hulle te onderdruk nie. Hulle is wel by tye in die
geskiedenis in massas doodgemaak,
maar nog steeds dink ek nie iemand het ooit die voorreg gehad om hulle te
onderdruk nie. Die rede hoekom ek
so dink is omdat ek self my
uiterste bes gedoen om ‘n paar van hulle te onderdruk, maar daar was eenvoudig
geen manier nie. Nie eers op ‘n basis van ek, die adminstrateur en die ma saam
teen een vyfjarige nie. Elke sisteem wat mens uitdink om orde te prober
handhaaf word ewe logies uitmekaar
gehaal en binne ‘n paar minute vernietig. Elke game eindig in chaos, en dis vir die administrateurs
van die skool normaal, en ek is geprys vir my goeie werk en oorval met
geskenke. Die enigste mense vir
wie daar hoegenaamd respek is, is die babushkas wat ‘n skrikbewind voer met
hulle knoffel-asems. Al wat vir my werk is om te kan lag, en te kan
entertain. Wat werk is om
die Russian soul te ontmoet waar hy is en nie waar jy verwag om hom te sien
nie.
Wat ek van hulle saambring is
nie soveel hulle politieke onverskilligheid nie, maar ‘n herontdekking van die waarde wat hulle heg aan
individuele vryheid. Ek’s nie op hierdie stadium seker of die anargie in
Rusland ‘n gevolg is van die despotisme in hulle geskiedenis en of die despotisme ‘n gevolg van die ingebore anargie is nie, en ek is glad nie
meer seker of dit saak maak of nie.
Wat wel saak maak is om te mag hou van wie jy
wil, en om mense te mag vermy as jy lus voel, al is dit op grond van hulle geslag of ras of
kleur. Om te mag praat met wie jy
wil, om te mag vriendelik wees met wie jy wil, om jou kultuur te mag beoefen,
om te mag trots voel op jou voorouers, om te mag werk, om jou kind se
veiligheid te mag verdedig, om jou
taal te mag praat, om die kleur te mag wees wat jy is, om te mag bly saam met
wie jy wil, om te mag droom wat jy wil, al is dit dan ook van ‘n land waar
almal soos jy is en waar jou regte beskerm word.
Dit
gaan nie meer vir my daarom om ‘n pad uit die kak te vind nie. En ek wil julle mooi vra om asseblief
nie te probeer saamstaan nie, want julle kan nie en ek kan nie. Dit gaan daaroor
om net minder fokkin skynheilig en papbroekig en gatkruiperig en apologeties te
wees oor wat jy is. En om jou
middelvinger in die lug te druk, as jy een van die gelukkiges is wat wel nog ‘n
middelvinger het, vir wie ookal om watter rede ookal jou vanselfsprekende reg
sou bedreig om te sien wat jy sien en te weet wat jy weet.