FilosofieKafee!

Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien. Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én kwessies aan te durf! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998. Die volgende gesprek is Saterdagoggend, 14 Junie in Pretoria.. Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word na Lamé Ebersöhn by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.



Terugberig :

https://www.litnet.co.za/ubuntu-augustinus-en-die-oop-gesprek/


Posted by filosofiekafee at 21:41
Email ThisBlogThis!Share to XShare to FacebookShare to Pinterest
Newer Post Older Post Home

PROGRAM 2025

Maart 7: Wellington Mei 2: Wellington Junie 14: Pretoria Julie 4: Wellington September 5: Wellington November 7: Wellington

November 1: Bôrdienghuis, Wellington

September 6: Bôrdienghuis, Wellington

Die grense van grondwetlikheid - Karin van Marle

Mei 3: Bôrdienghuis, Wellington.

"Jy is jou brein!" "Jy is nie jou brein nie!" Nie een van die twee nie? Mens, wie is jy dan...... - Wilhelm Jordaan

PROGRAM 2024

Maart 8: Wellington: Fransi Phillips. April 6: Pretoria: Elise Tempelhoff. Mei 3: Wellington: Wilhelm Jordaan. September 6: Wellington.Karin van Marle Nov 1: Wellington. Louise du Toit

April 6: PRONK, PRETORIA

Kan kommersialisering biodiversiteit beskerm? – Elise Tempelhoff

MAART 8: BÔRDIENGHUIS, WELLINGTON

Veronderstel daar is hoop - Fransi Phillips

PROGRAM 2023

Maart 17: Wellington (Die Bôrdienghuis) Mei 5: Wellington (Die Bôrdienghuis) Julie 7: Wellington (Die Bôrdienghuis) Augustus 5: Pretoria (Pronk) September 1: Kaapsehoop (Nagkantoor) September 29: Wellington (Die Bôrdienghuis) Oktober 12: Pniel (Die Boekklub) .

AUG 5: PRONK, PRETORIA

Waarom tans 'n Gesagskrisis? - Ad Verbrugge

JULIE 7: BREYTENBACH SENTRUM - WELLINGTON

Augustinus - John Enslin

MEI 5: BREYTENBACH SENTRUM - WELLINGTON

Kompleksiteit, Politiek en die Filosofiese Tradisie van Stellenbosch - Rèné Eloff

MAART 17: BREYTENBACH SENTRUM - WELLINGTON

Oorgangsregverdigheid - André du Toit in gesprek met Jaco Barnard-Naudé

PROGRAM 2022

NOVEMBER 11 - PRETORIA

ONTHOU, VERGEET en NOSTALGIE in die SUID AFRIKAANSE GEMEENSKAP - JO-ANSIE VAN WYK.

NOVEMBER 4 - WELLINGTON

From Iconoclast to Icon - Albie Sachs

SEPTEMBER 2 - WELLINGTON

Is Peterson en Harari se gewildheid 'n aanklag teen of 'n oproep tot nadenke? - Gerhard Bothma

JULIE 30: PRETORIA

Oor die grond, sterflikheid en die mistiek - Johann Rossouw in gesprek met Dolf van Niekerk

JULIE 1: WELLINGTON

Hoe het die beiteltjie dan so stomp geword? Sê my waar is al die intellektuele heen… - Wilhelm Jordaan

JUNIE 10: PRETORIA

Die koplose ruiter van Skimmelperdpan: Is Sintuiglikheid 'n wegholperd, en die Ruiter red(d)eloos? - Frederik Rudolph van Dyk.

MEI 6: WELLINGTON

DENKE WAT KAN DANS - Andrew Nash.

APRIL 8: STELLENBOSCH

Waarom die aandrif tot filosofie? - Willie van der Merwe. Medereerder: Louise du Toit

MAART 4: WELLINGTON

WAAR IS ONS (NOU) - Breyten Breytenbach Medereerder: Johann Rossouw

Hulde aan Arrie de Beer (10 Junie 1942 - 20 Oktober 2021

Een van die eerste gesprekke wat ek met Arrie de Beer gevoer het het gehandel oor ‘n gedig wat hy vir sy geliefde vrou, Nicolette (wie toe baie siek was) geskryf het. Die gedig se titel is MET 'N KLEIN SPRONG* OOR META- MET 'N KOPPELTEKEN HEEN. Dit is ‘n teer gedig oor menslikheid, siekte, liefde en die koppelteken wat hierdie lewe en die volgende van mekaar skei, asook die vraagteken wat oor hierdie verskynsel hang. Ten spyte van die vernuf en krag waarmee hy hierdie idees oorgedra het, het hy verskriklik geworstel met sy gedig. Ek kon nie verstaan waarom nie, maar nou verstaan ek. Soos hy dit toe gestel het: ‘Ek wil Nicolette net nie oneer met n simpel ding aandoen nie.’ Dit is nou ons beurt om oor die ontoereikenheid van ons woorde te struikel, en – soos Arrie – opnuut tot die besef te kom dat taal eenvouding nie ver genoeg strek nie. Hoe onthou ‘n mens in woorde? Hoe rou ‘n mens in woorde? Hoe verwoord ‘n mens die misterie van die dood? Die laasgenoemde vraag hang intiem saam met die religieuse vraagstuk, en hieroor het Arrie baie nagedink. Voor Nicolette oorlede is, het hy geskryf: ‘Ek glo die kosmos is te onbeskryflik wonderbaarlik om dit aan die begrip van die kerk oor te laat, maar saam glo [ek en Nicolette] van twee invalshoeke dat die gees/siel nie hier op n groot klip begin en na n paar dekades eindig nie. En nou sal sy hierdie ewigheidsreis binnekort of dalk n rukkie later vir eers alleen moet aanpak.’ As daar enigsins troos is vir ons wat op hierdie groot klip agterbly na Arrie se afsterwe, is dit die gedagte dat hy en sy geliefde Nicolette – na wie hy elke dag verlang het – nou die ewigheidsreis saam aanpak. Die dood van ‘n geliefde is diep ontstellend, maar ook – op ‘n ander vlak – bykans onwerklik. Die hartseer tref ‘n mens in vlae, soos golwe wat ons beide verwag, maar wat ons altyd opnuut weer onkant vang. Ek dink die rede hiervoor is dat ons nie net afskeid van ‘n lewe neem nie, maar ‘n hele leefwêreld – iets meer abstrak, amper soos ‘n vlam wat brand, en dan uitgeblus word. En, Arrie het ‘n besondere leefwêreld gehad. In die Joernalistiek, het hy diep, diep spore getrap, en sy nalatenskap leef voort nie net in die diepgaande akademiese uitsette wat hy agterlaat nie, maar ook in diegene wie hy deur die jare gementor het, en wie sy werk en werksgees in hul eie werk voortneem – dit, dink ek, is die ware nalatenskap. Maar, behalwe vir sy merkwaardige beroep, is dit ook Arrie se menswees wat ons nog lank in ons harte sal saam dra. Hy het ‘n rukkie terug die volgende geskryf: ‘[Ek] het vanaand ‘n Batman-animasiefliek gekyk. Sy punt aan die begin is dat hy op homself aangewese is, teen die einde is hy dankbaar dat hy mense om hom het. Ek het ook eers so gedink, maar ek kom al meer agter dis ‘n goeie ding dat hy sy sienswyse verander het. Ons is per slot van sake sosiale wesens.’ Arrie het die mense in sy lewe, veral sy kinders en kleinkinders, gewelding baie geniet. Arrie se skerpsinnigheid, sy waardering van mense, sy nadenke oor ons bestaan, sy lus vir die lewe, sy belangstelling in aktuele sake – al hierdie goed laat my dink aan William O’Daly se voorwoord van Pablo Neruda (naamgenood van Pablo van die Overboord – soos hy onlangs uitgewys het) se digbundel, The Book of Questions. Hy het hierdie bundel kort voor sy dood geskryf, en Daly kontekstualiseer dit as volg: ‘In The Book of Questions, Neruda achieves a deeper vulnerability and vision… integrating in these poems the wonder of a child with the intellectual and emotional life of an adult. While he craves the clarity rendered from an examined life, he refuses to be corralled by the rational mind… These poems… remind us that living in a state of visionary surrender to the elemental questions, free of the quiet desperation of clinging too tightly to answers, may be our greatest act of faith.’ Hierdie kon net sowel vir Arrie geskryf wees, Arrie. In ‘n bespreking oor sy vertaling van ‘n Engelse gedig het hy as volg verduidelik hoekom hy die word ‘vir nou’ bo ‘n ‘rukkie’ verkies. ‘Anders as “n rukkie” slaan “vir nou” vir my op die aktuele hede, maar ook op die toekoms’, het hy gese. Arrie het vir nou gelewe, maar dit insigself is ‘n kuns wat met lang ervaring van die lewe kom. ‘n Paar maande terug, na ‘n besondere uitdagende week by die werk, het hy vir my geskryf: ‘ goed wat nou belangrik/verskriklik/ontstellend/blerriesleg/beduidend/devastating… voorkom, verminder/verskraal/verloop/verklein/verdwyn nie net uit jou geheue nie, maar uit jou lewensloop ook. As jy eendag terugkyk, sal daar maar net ‘n handvol merkers langs jou lewenspad oorbly en dit gaan meestal die goeie wees. Die beste van alles is dat jy lag, omdat goed waaroor jy geglo het jy moet optense, nietig in die bossies langs die pad bly lê het. Al waaroor dit uiteindelik primêr gaan, is konteks. Konteks (binne die groot prentjie van tyd en ruimte) is alles.’ Vir sy 80ste verjaarsdag wou hy hê dat ‘n groep van sy naaste vriendinne elk ‘n kort voordrag moes lewer oor dit wat die lewe die moeite werd maak. Maar Arrie het presies geweet wat belangrik in die lewe is. Om ‘n huldeblyk te skryf is nie ‘n maklike ding nie. Op ‘n kol vra ek vir Mila, my dogtertjie, wat se ‘n mens in so ‘n huldeblyk? Sy antwoord toe: ‘It’s not that difficult Mamma. Just say that Arrie was an excellent friend; that he was always kind, loving and funny; that he loved to chat; that he always made you feel welcome; and, that he was always there, whenever you needed him.’ Ek dink baie van ons deel Mila se opsomming van wat Arrie se vriendskap vir ons beteken het. Hy was deel van dit wat vir sy familie en vriende die lewe die moeite werd gemaak het. Ek sou baie graag ‘n laaste broodjie met hom wou deel. Minka Vrba -Woermann

R.I.V Jurie le Roux 14 Nov 1944 -12 Okt 2021

Mos maar saam: Jurie Hendrik le Roux, 14 November 1944 – 12 Oktober 2021 Veral in dankbaarheid, vir wie hy was en vir so vele goeie dinge wat hy vir ons beteken het, en ook met hartseer dat hy nou heengegaan het, bedink ons vir ’n wyle, maar vir altyd, die gawe wat Jurie le Roux vir ons was. Vir sy geliefdes het hy alles gegun; aan die akademiese en kerklike werk (lg., deeltyds, 1972-2010) het hy sy werkkragte gewy. Hy was ’n intellektuele reus, met die nederige idee dat hy te min weet; hy het ons almal egter oortref. In welstand het hy nie grootgeword nie. Deur toewyding het hy egter die akademiese weë gebaan, met uiteindelik ’n Honneursgraad in die Filosofie, ‘n Meestersgraad in die Sosiologie en ’n Doktorsgraad elk in die Antieke Kerkgeskiedenis en die Ou Testamentiese Wetenskap. Hy was altyd intens dankbaar dat ‘n universiteitsloopbaan hom beskore kon wees. Hoogtepunte het ingesluit sy lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en sy voorsitterskap van die Ou-Testamentiese Werksgemeenskap van Suid-Afrika. Jurie se akademiese aanslag, eers by Unisa (1971-1986) en toe by UP (1987-2009, en na aftrede steeds in ander hoedanighede), was om hom behoorlik ín te leef in die antieke en die moderne. Dít doen ‘n mens deur te lees, lees, lees, tot jy ’n gevoel kry vir hoe die werklikheid tóé was en hoe, in die lig daarvan, die lewe nou kan wees. Dan verstaan jy. ‘n Iets. Om maar weer te gaan luister, te redeneer, te lees en te refereer. Toewyding, altyd. In Jurie se intellektuele wêreld was daar nie verlede én hede nie; daar was net verlede-en-hede. Eweneens was daar nie by Jurie geloof én lewe nie; daar was geloof-en-lewe. Mense-wat-altyd-saakmaak. God-wat-altyd-daar-en-hier-is. Al hierdie sake is te kompleks om volledig te verstaan. Daarom skryf jy daaroor, in afhanklikheid, en as diens: uitgebreide klasnotas; e-dagstukkies en die “teologiese kleinkuns” van teo.co.za; tallose preke; ‘n artikel, ‘n hoofstuk of ‘n boek. By nadenke, het Jurie deur sy Pro Pent inisiatief die mees invloedryke akademikus in die Suid-Afrikaanse Teologie geword. Hoeveel nadraaie was daar nie! Waarin ons op ander gebiede as Jurie se geliefde Pentateug, sy twee-dekade-lange ywer wou navolg oor ook die Psalms, die Profete, die Apokaliptiese literatuur, die Wysheidsboeke, Hooglied, die Qumran-geskrifte. Hierdie diepgaande spesialisprojekte dra almal die stempel van Jurie le Roux se oorspronklike bloudruk. Saam met sy naby-mense en sy werk, het Jurie ‘n lewenslange liefde gehad vir klassieke musiek en vir letterkunde van alle aard; vir die Franse eksistensialiste en die Duitse hermeneutici; vir mense wat swaarkry; vir die Afrikaanse taal (naas die ander drie antieke en drie moderne tale wat hy magtig was); vir studente en kollegas; vir die intellektuele tradisie; vir koffie en eiers, pap en wors, ‘n snytjie roosterbrood; ‘n Coke en – net soms – ‘n bier, alkoholvry. Sy kinderdae in die gesin se kafee waar hy sit en skoolwerk doen het, het ‘n onverwagte weerklank gevind in sy ontdekking van o.a. Sartre en Camus se koffiewinkelgesprekke en -werksplekke vanwaar hulle die wêreld verander het. Dit het neerslag gevind in hoe Jurie met sy studente en kollegas omgegaan het, in hoevele intellektuele etensgesprekke. Van daardie plekke bestaan nie meer nie. Maar ons wat deur sy denke gevorm is, sit onwillekeurig daardie tradisie voort. En Jurie se gedagtes verryk so verre kringe, waar dit uiteindelik neerslag vind, meestal geheel anoniem. Soos alles wat sin gee. Dit is die nietigheid en die vreugdes wat saam-saam die lewe máák; Gode sy dank – aldus die Prediker. Toe Jean-Paul Sartre die grafrede lewer na sy eertydse vriend Albert Camus se skielike sterwe, het hy op tipies Franse manier – Jurie sou oor hierdie karakterisering lag! – gesê: Om geskeid van mekaar te wees, is net ‘n ander manier van om saam met mekaar te wees. En so is ons totsiens aan Jurie ook eintlik maar geen afskeid nie. Ons is mos maar saam. Christo Lombaard.

Program 2021

September 17: "Rupert Museum, Stellenbosch. Onteiening sonder vergoeding - R.I.V.? Gaan herstel van grondregte ten gronde? " - Eberhard Bertelsmann
April 30: Pronk, Pretoria. "Wat is die verhouding tussen aanspreeklikheid en verantwoordelikheid?"- Mollie Painter

Program 2020

Desember 11: Rupert Museum, Stellenbosch. Kan die wetenskap ons iets leer van empatie tydens 'n pandemie? -Elsabe Brits
Oktober 30: BICCCS , Pretoria. Hoe inspireer Middeleeuse filosofie ons vandag? - Kobus Krüger.

Program 2019

Julie 26: Rupert Museum, Stellentiaweg, Stellenbosch.
Waarom openbare kunsmuseums? - Marilyn Martin

Junie 27: Lamar
Wat behels die 'goeie lewe'? - Minka Woerman

Maart 29: Teologie Fakulteit, Universiteit van Stellenbosch.
Wat word van die siel van die akademie? - Johann Rossouw

Februarie 22: Lamar
Menswaardigheid en medemenslikheid - John Enslin

Program 2018

November 30: Lamar
Die politiek van woede en die woede van politiek - Jo-Ansie van Wyk

November 9: Café Riche
Gewapende hommeltuie en moord robotte - Christof Heyns

Oktober 26: Lamar
Waarom die politiek van vrywillige diensknegtigheid? - Ronee Robinson

Oktober 12: Café Riche
Weerspieël Kerkplein vandag ons verstaan van ons stadskern en ons huidige wêreldbeskouing? - Yolanda van der Vyver.

September 28: Café Riche
Die tekens van die tyd - Fransi Phillips

Augustus 31: Café Riche
Is rede rasioneel? - Hesta van den Heever.

Julie 31: Café Riche
Die apokaliptiese denke - Jurie le Roux

Junie 8: Café Riche
'n Lofrede vir Taal - Fanie de Beer

Mei 11: Café Riche
Die proses van onthou: die rol van film en die geheue - Robin Burke.

April 20: Café Riche
Het ons 'na binne migreer' waar ons in isolasie nadink, of neem ons deel aan ons samelewing se openbare gesprek? - Alida Kok in gesprek met vyf ander jongmense.

Maart 23: Café Riche
Die mens as erfgenaam. Oor tradisie en vryheid. - Danie Goosen.

Februarie 9: Café Riche
Die gewetenloosheid van wetteloosheid - James Blignaut

PROGRAM 2017

November 24: Stellenbosch
Deugetiek en Levenskuns (Nederlands) - Paul van Tongeren


November 10: Café Riche

Wit Afrikaanse vroue in postapartheid SA – Christi van der Westhuizen


Oktober 13: Café Riche

Woyzeck is dood - lank lewe Wozzeck!” - Ansie de Swardt


September 9
Fanie de Villiers (Kleinboer) in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn

Augustus 11
Hoe kan ons die los drade oor grond, aard? - Theo de Jager

Julie 14
Hoe kan ons 'n ander wêreld verwesenlik? - Fanie de Beer

Junie 9
Waarom die woede in kontemporêre politiek - Jo-Ansie van Wyk

May 12
From grief to poetry - Anne Bernard-Kearney

Maart 24
Kwantumfisika - wonders sonder ophou - Jean Joubert

Februarie 10
Dekolonialiteit onder die loep - Alida Kok

Januarie 14
Té. Oor oordaad - in wat ons sê, wil hê en waar ons emosies lê -
Christo Lombaard.

PROGRAM 2016

Desember 9:
Hoe kan verbeeldig ons wakker skud vir die werklikheid? - Duncan Reyburn

November 11:
Vriendskap versoek: Oor die soektoeg na geesgenote in die digitale era - Rudi van Rensburg.

Oktober 14:
Hoe vergelyk ons kulturele waardes ? - Luc Zwaenepoel.

September 9:
Verbruikersuitbuiting: Subtiele onetiese gedrag - Leon van Vuuren

Augustus 12:
Rusland en die Nuwe Wêreld - Fransi Phillips.

Julie 8:
'Pretoria' - 'n Boekgesprek met Friedel Hansen.

Junie 10:
Friedrich Nietzsche as Afrikaner - 'n verbeeldingsvlug - Louis du Plessis

Mei 20:
Politiek van die erkenning van identiteit en die euwel van politieke korrektheid - Marinus Schoeman

April 15:
Afrikaanse Filosofie - Pieter Duvenage

Januarie 26:
Die plek van gemeenskap in die tyd van globalisering - Ad Verbrugge


Program 2015

Die volgende gesprek is 26 Januarie 2016!

Oktober 30:
Die Universiteit van die Vrystaat se Odeion Musiekskool - 'n inspirerende voorbeeld van progressiewe innovering in die Afrikaanse Hoër Onderwysarena - Marius Coetzee

Augustus 28:
Wat kan ons leer uit die Griekse geval - James Blignaut

Julie 31:
Degenaar, die mens - Dirk Hertzog

Junie 26:
Oor Gemeenskap en Plek -Danie Goosen

Mei 29:
Baie geluk Lord Milner.... -Harald Pakendorf

April 24:
Gesprek op hierdie blog - nie by Café Riche nie.

Maart 27
Die Rol van Filmkuns in die Skepping van Eietydse Mitologie
-Piet de Jager

Januarie 29:
'Is die gedrukte media nog relevant in 2015?' - Lappe Laubscher





















Vrydag se Filosofiese gedagte: Liggaam.

Liggaam: “Fascisme het die eeu van die liggaam bekend gestel, en ons leef steeds daarmee, ondanks die feit dat fascisme as ’n politieke program uit die kulturele hoofstroom verwyder is” Boris Groys in Art Power (2008)

Die Duitse filosoof, essayis en kunskritikus Boris Groys (1947) toon aan hoe die Italiaanse fascisme en die Duitse nasionaal-sosialisme ’n kunsprogram ontwikkel het waarin die medium van die liggaam as politieke boodskap gebruik word. Atlete en militariste moes die heroiese uitbeeld.

Dit vereis ’n arena, ’n platform en entourage waar die publiek hul kan vergaap aan die heldhaftige moontlikhede van die menslike liggaam. ’n Gedugte en allesomvatende media-apparaat mag uiteraard nie daarby ontbreek nie.

Ons leef vandag steeds in ’n wêreldteater waar die diskoers gereduseerd is tot soundbites, slagspreuke, en kriptiese reportages. Ons beeldkultuur word bepaal deur video clips, glanstydskrifte en infoshows. Mediapersoonlikhede word sterre vanweë hul liggame en uiterlike voorkoms; nie as gevolg van prestasie nie. Net soos met die liggaam van die atlete en die militariste in die Nazi-tyd, domineer die liggame van popkunstenaars, modelle en politici vandág ons kollektiewe verbeeldingswêreld.

Bert Herps: Filosofie Scheurkalender

Program 2013

Oktober 25:
Kallie Snyman

September

Augustus 30:

Julie 26:
Die siel van ons polis: hoe koester ons ons stad?
Stephan de Beer

Die Debat

Sedert die publikasie van Richard Dawkins se The God Delusion, is daar ‘n hernieude belangstelling in die konflik tussen die wetenskap enndie religie. Ateïsme is nog nooit so druk bespreek nie. Dawkins se boek is gou opgevolg deur o.a. wyle Christopher Hitchens se God is not Great, Sam Harris se The End of Faith en A.C. Grayling se Against All Gods.Veral in die VSA is die vraag oor die vehouding tussen die wetenskap en die religie skerp aangeroer op die debatsiklus. Behalwe vir n brief af en toe in die dagpers se briewekolom, is dit nie ‘n vraag wat Suid-Afrikaners werklik bespreek nie. Miskien het ons reeds genoeg probleme! Die rede hiervoor kan egter grootliks toegeskryf word aan ons onvermoë om werklik ‘n sinvolle meningsverskil in ‘n oop gesprek te kan handhaaf. Die VSA het ook hierdie probleem. In die tydperk rondom die Burgeroorlog het daar egter ‘n gevierde debatstradisie ontstaan waar openbare gesprekke volgens die sg. Lincoln-Douglas-formaat gehou is. Dit het sy oorsprong in die reeks debatte wat tussen Stephen A. Douglas en Abraham Lincoln in die staat Illinois in 1859 gevoer is. (Interessant genoeg was die onderwerp nie of slawerny behou moes word of nie, maar of dit ‘n morele kwessie of ‘n politieke een was. Lincoln het bv. Slegs die afskaffing van slawerny

voorgestaan, nie gelyke burgerregte vir almal nie). Ons het egter nie

Lincoln en Douglas se tyd tot ons beskikking nie, en gaan daarom ‘n

verkorte weergawe van die debatsformaat volg.

Louise Mabille

Tema vir 2013: 'n Denkende Gemeenskap

Hierdie jaar gaan die fokus val op ‘n Denkende Gemeenskap; wáár bestaan dit, hóé ontstaan dit, kán ons dit skep? Die kwellinge en knelpunte in ons gemeenskap is oorweldigend en sonder vindingrykheid en wysheid gaan ons waarskynlik uitgeput raak, moeg vir die herhaling van verwante kwessies en net té kapot om te onthou dat die lente altyd weer kom. Dalk moet ons bietjie stilstaan en dink, wéér dink.
Met een so ’n weer dink, het ons ook besluit om weg te doen met die titels van sprekers. Wat dink u daarvan?
Neem ook deel aan die oopgesprek op ons blok, indien u nie ‘n keer by die Café Riche kán uitkom nie.
Stuur asb ook ‘n voorstel oor vrae rondom hierdie tema en voorstelle van moontlike sprekers, direk aan oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Kom ons dink hoé ons wysheid kan ontwikkel?

"Is ons 'n intellektuele volk?"-Prof Wilhelm Jordaan



“Is ons ’n intellektuele volk?” het N.P. van Wyk Louw in 1955 gevra, (en nou in 2013) keer dié vraag met dubbele dringendheid terug.
Nóú hang die skaal swaar aan die kant van nee. Want geoordeel aan ons oorgawe aan aanskoulike vermaak en leefstyl-prettigheid en die koel gemak waarmee debatte ontaard in die trant van “is/is nie”, is daar ’n breedlopende verset teen intellektuele inspanning.
Dit het ’n deug geword om nie te dink nie – by voorbaat vermoei deur die langer woord, die verwikkelde sin en die beredeneerde paragraaf; amper soos Winnie the Pooh wat sê: “Ek is ’n beertjie met ’n klein verstandjie, en lang en baie woorde maak my moeg.”
Dié tendens het baie te make met die gestadigde abdikasie van die universiteit as akademiese kweekhuis van die intellektueel. Al meer gaan universiteitsbesture op in die markplein se aura om van universiteite markgerigte ondernemings met beroepsgerigte leerprogramme te maak.
Die ironie is dat die markplein self die begrip akademie se intellektuele aura opraap om die skyn van beleë kennis en intellektuele voortreflikheid te skep. Vandaar die vele byderwetse “akademies” vir sport, skoonheid, motorbestuur, haarstilering, tuinbou, gewigsverlies, varswaterhengel, kookkuns en Latyns-Amerikaanse danse.
Maar laat ons nie te gou oordeel nie. Verset teen ’n intellektuele lewe het ook te make met die hoogdrawendheid en hooghartigheid waarmee sommige intellektuele hul opstel as die alleenbesitters van nuttige insigte. Wie nie húlle esoteriese binnetaaltjies en intieme vertroudheid met groot name in die galery van geleerdheid deel nie, is nie intellektueel (genoeg) nie.
Soos Aldous Huxley dit doen as hy van intellektuele praat as “Ons, die Kulturele Familie” wat gemaklik gesels oor “Oupa Homerus”, “Tante Sappho”, “Oom Vergilius” en die “arme Johnny Keats”.
Natuurlik is dit nie fout om van hierdie dinge te weet nie, maar dit ís fout as dié binnekennis te kenne gee intellek­tueel-wees is ’n klein klub met streng lidmaatskapvereistes.
Juis hierteen het Van Wyk Louw hom verset. ’n Intellek­tueel is nie noodwendig ’n hooggeleerde, ver-gestudeerde nie. Die ware intellektueel is die mens vir wie dit ’n lewensreël is om oor belangrike sake redelik te dink, billik te oordeel, aarselend te veroordeel en die eie mening met selfkritiek te beskou.
Vele hooggeleerde mense doen dit nie en skep die indruk van fanatiese ideoloë, rotsvas oortuig dat die eie mening altyd korrek, volledig en onaantasbaar is.
Om ’n intellektueel te wees, is om besit te word deur die passie om die “waarheid” van idees oor ons mensheid en manier van saamleef versigtig en moeisaam saam te stel uit baie soorte perspektiewe. En om nie suur of bang te word as jóú “waarheid” nie seëvier nie.
Intellektueel-wees is ’n lewensplig om oor groot en klein dinge altyd fyner en dieper te delf. Wie hierin misluk, versuim om waarlik te leef.
Uitgesoekte rubriek:Spitstyd


30 November 19:30



"Wat gebeur dan nóú in ons land?" - Prof Marinus Wiechers

Kom vroegtydig, bring 'n vriend saam - dit is ons afsluitings gesprek vir 2012!
rsvp: 012 328 3173 of caferiche@kerkplein.co.za
____________________________________________

Lees gerus 'Power of Imagination' van Degenaar.

Lees gerus 'Power of Imagination' van Degenaar.
Prof Johan Degenaar

Filosofeer op 'n Vrydagaand!

25 November 2011

25 November 2011
Afsluitingsgesprek vir die jaar!

In memoriam Friedrich Paul Cilliers (1956-2011) - Philippe van Haute

Wanneer ik nadenk over hoe en wie Paul Cilliers voor mij was, dan is er minstens een term die steeds terug keert: pretentieloos. Ik heb Paul voor het eerst in het 1997 in Stellenbosch ontmoet. Daarna kruisten onze wegen regelmatig, maar ik heb hem vooral de laatste twee, drie jaar beter leren kennen in de context van het Stellenbosch Institute for Advanced Studies waar hij mij heeft uitgenodigd. Paul was – overigens volkomen terecht – erg aan het Stias gehecht. Niet in de eerste plaats, denk ik, omdat het prestigieus is, maar veel fundamenteler omdat de filosofie van het Stias zo nauw aansluit bij Pauls eigen wijsgerige inzichten en levenshouding. Het Stias wil immers een plaats zijn waar niet alleen wetenschappers uit verschillende disciplines, maar ook bijvoorbeeld journalisten en paolitici, uit binnen- en buitenland, met elkaar in dialoog kunnen gaan, terwijl ze nieuwe ideëen uitproberen en ontwikkelen.

Wanneer ik hem goed begrepen heb, noemde rector Botman van de Universiteit van Stellenbosch Paul in zijn herdenkingsrede een bruggenbouwer die niet in de vermeende eenvoud van een unieke identiteit wou leven, maar eerder op de brug wou staan tussen deze identiteiten. Identiteiten, van welke aard ze ook zijn, bestaan immers slechts en komen slechts tot stand vanuit hun steeds wisselende verbanden en verhoudingen. Dit geldt in de eerste plaats voor professionele en intellectuele identiteiten. Paul was ingenieur van vorming en hij heeft ook lange tijd als ingenieur gewerkt. Later ging hij filosofie studeren, maar hij vergat zijn eerste liefde niet. Pauls interesse in complexe systemen die in een zekere zin vorm heeft gegeven aan zijn academische carrière, vindt immers haar oorsprong in zijn ingenieur studies. Hier kwam hij immers voor het eerst in contact met bijvoorbeeld neurale netwerken en artificiele intelligentie. Paul combineerde deze interesse met een grote liefde voor het werk van o.a. Jacques Derrida en hij was de eerste die op overtuigende wijze aantoonde hoe de theorie van complexe systemen nauw bij bepaalde van Derrida’s ideëen (maar ook bijvoorbeeld bij de inzichten van de vroege Freud) aansloot. Tegelijk probeerde hij duidelijk te maken waarom uit de confrontatie tussen deze beide theorieën inzichten konden groeien die voor tal van domeinen – men denke bijvoorbeeld aan de politiek en de ethiek – van grote betekenis zijn. Naast Derrida en Freud zijn ook bijvoorbeeld Searle en Baudrillard belangrijke gesprekspartners. Het laat zien hoe Paul er niet voor terug schrok om in de spanning tussen verschillende disciplines en tussen verschillende denktradities (angelsaksisch en continentaal) te gaan staan. Paul wijdde aan deze problematiek en aan deze auteurs verschillende interessante publicaties. Zo publiceerde hij in 1998 een boek over Complexity and post-modernism dat tot vandaag erg lezenswaardig blijft en recenter (met Rika Praiser) een boek over Complexity, difference and identity (2010). Deze en andere teksten getuigen van Pauls weigering om zich in een enkelvoudige identiteit te laten opsluiten en van zijn voorkeur om in de spanning tussen vakgebieden en tradities te gaan staan. Deze weigering blijkt ook uit zijn jarenlange vriendschap en samenwerking met Jannie Hofmeyr met wie hij recent het interdisciplinaire ‘Centre for Complexity Studies’ creëerde. Paul was erg gehecht aan en trots op dit centrum dat de realisatie was van een lang gekoesterde droom.

Het Centre for Complexity Studies is gevestigd in het Wallenberger centrum waar het Stias gevestigd is. Ook het Stias wil immers bruggen bouwen tussen identiteiten die slechts vanuit steeds wisselende (en dus voorlopige) relaties tot stand komen. Het gaat hierbij uiteraard niet alleen om professionele identiteiten. Het Stias brengt niet alleen wetenschappers uit erg verschillende disciplines samen, maar ook mensen, zowel van binnen als buiten Zuid-Afrika, met zeer verscheiden politieke, culturele en sociale achtergronden. Op deze manier kan het Stias, als men geluk heeft, – en in mijn ervaring heeft men er vaak dit geluk – een plaats zijn van vruchtbare dialoog en discussie. In deze zin is Stias dus ook geen gemakkelijke plaats waar men zich in een unieke identiteit zou kunnen opsluiten. Men wordt er integendeel gedwongen uit zichzelf – uit zijn eigen zekerheden – te treden, waardoor een ‘creative space for the mind’ kan ontstaan. Ook hier was Paul een bruggenbouwer. Niet alleen genoot hij – zo heb ik hem toch steeds ervaren – van de intellectuele veelvuldigheid die aan Stias heerst, maar ook was hij bij uitstek iemand die zeer verschillende mensen met elkaar in contact wist te brengen, niet zelden bij een heerlijke maaltijd en een goed glas wijn. Nu hij er niet meer is, wordt mij pas echt duidelijk welk een belangrijke rol hij ook in dit opzicht zowel binnen als buiten het Stias speelde.

Paul behoorde tot een generatie Zuid-Afrikanen die door de boycot in de 80’er jaren de pijn van het afgesneden zijn aan de lijve heeft ondervonden. Misschien had zijn grote dorst naar contacten en dialoog met mensen uit verschillende culturele en geografische werelden hiermee te maken. Recent was Paul tot Visiting professor benoemd aan de Universiteit voor Humanistiek en er bestonden plannen voor een structurele uitwisseling met de Radboud Universiteit in Nijmegen. Paul onderhield ook erg goede contacten met ander Nederlandse en Europese universiteiten, bijvoorbeeld met de Universiteiten van Leipzig en Tilburg. Het getuigt – te samen overigens met o.a. de A-rating die hij van de Zuid-Afrikaanse Research Council kreeg en de Harry Oppenheimer Fellowship Award die hij in 2006 ontving - van de steeds groeiende appreciatie voor zijn intellectuele en wijsgerige werk. Het is hard dat Paul niet meer zelf zal kunnen oogsten wat hij met zoveel inspanning en talent heeft gezaaid.

Paul Cilliers, zoveel moet toch duidelijk zijn, was zowel institutioneel als intellectueel een belangrijke figuur in het Zuid-Afrikaanse wijsgerige landschap en ver daarbuiten. Hij liet er zich evenwel nooit op voorstaan. ‘Pretentieloos’ is het woord dat zich steeds opnieuw bij mij opdringt. Mede hierom was Paul voor wie het geluk had om zijn pad te kruisen zoveel meer dan een getalenteerde en gewaardeerde academicus. Paul hield van het leven en wat het te bieden heeft – de liefde van en voor zijn gezin, goed eten, en niet in het minst…de muziek – en hij genoot er met volle teugen van. Bovenal slaagde hij er in ons in deze liefde te laten delen. Het maakte hem tot een mooie mens die ik zal missen.


Refleksie: Paul Cilliers - Carel Anthonissen

Friedrich Paul Cilliers
25 Desember 1956 - 31 Julie 2011

Paul Cilliers het in die loop van sy lewe d.m.v. sy akademiese werk, maar ook gewoon deur die manier waarop hy gelewe het, ‘n ryk en kleurvolle tappiserie van vars insigte, nuwe waardes en verrykende vriendskappe geskep en agtergelaat. In kort: sy lewe was ‘n unieke narratief of verhaal wat die vele mense wat daaraan deel gehad het se lewens diep geraak, verruim en verryk het. Met sy onverwagse en ontydige dood word ons vandag uitgedaag om – soos Philip Knutson reeds gesuggereer het - hierdie tappiserie verder te neem, om nie toe te laat dat die storie van sy lewe doodloop nie, maar dit in te weef in en deel te maak van ons eie lewenstories.

Paul se skielike heengaan het ons, behalwe vir ‘n verskeidenheid van literêre, sosiale en akademiese skatte, ook nog agtergelaat met een lastige, maar belangrike vraag nl. die vraag na die betekenis van so ‘n eenmalige en relatief kortstondige lewe. Of dan meer toepaslik en dwingend gestel: Hoe vul ‘n mens jou lewe met sin wanneer die skaduwee van die dood daaroor hang en dreig om dit enige tyd kort te knip, dit alles onder die lig van voorlopigheid en tydelikheid te plaas? Want inderdaad is die dood, soos die filosoof Heidegger ons tereg herinner het, die een onontwykbare gegewe van ons lewe. Ons bestaan is van huis uit ‘n bestaan tot die dood.

Vir ‘n begin kan ‘n mens bloot in die algemeen dit stel – en daarvan was Paul se lewe ‘n goeie bewys of voorbeeld - dat die lengte van ons lewe nie noodwendig die sinvolheid daarvan bepaal of waarborg nie. Die teoloog Dietrich Bonhoeffer, wat self maar 39 jaar oud geword het, het op ‘n stadium toe vele van sy jong vriende in Hitler se oorlog gesterf het, opgemerk dat ‘n fragment van ons lewe reeds alles kan bevat wat nodig is om sinvol te leef.

Hierdie vraag na die sin of betekenis van ons lewe in die aangesig van die dood is natuurlik ‘n ou vraag waarmee baie filosowe, digters en godsdienstige tradisies hulle bemoei het. En hoewel die antwoorde dikwels verskil, is daar in baie gevalle ook fassinerende ooreenkomste. Die tyd is te min om breedvoerig hierop in te gaan. Maar laat ek u by wyse van ‘n kort seleksie van aanhalings en stories en selfs ‘n gedig of twee, ‘n aanvoeling gee vir sommige van die interessante antwoorde en ooreenkomste.

Uit een van die oudste geskrifte ter wêreld ,die Gilgamesh epos, verneem ons dat die mens heel vroeg al met die verskynsel van die dood en die betekenis van die lewe geworstel het. Gilgamesh, die befaamde Irakese koning, is angstig op soek na onsterflikheid. Gefrustreerd met die onbereikbaarheid van hierdie ideaal, word hy gedwing om uiteindelik nederiger te vra na wat dan uiteindelik saak maak, na wat egte betekenis aan die lewe gee? Waarop die antwoord dan lui: “Wees getrou aan jou alledaagse take, wees lief vir hulle wat deel is van jou lewe en onderwerp jou aan die wil van die gode”.

Hier het ons reeds ‘n eggo van die latere Prediker wat as verweer teen die skynbare vrugtelose vervlietenheid van alles, adviseer: “Ek het tot die insig gekom, dat daar vir die mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God” (Prediker 3:12-13)

In die Griekse konteks weer is daar die storie van Titonus wat wel onsterflik was, maar wat toenemend sy lewe begin haat het omrede sy menslike keuses nie meer belangrik was of getel het nie. Eeu na eeu het dieselfde dinge los van enige keuse of verantwoordelikheid hulle vreugdeloos en meganies herhaal. Gevolglik smeek hy die gode om hom te bevry van die ewigheid sodat hy weer sterflik kan word en sy keuses iets kan beteken.

Vir dieselfde rede het Freud, nadat hy kanker van die mond gekry het, aanhou rook, omdat hy geglo het dat die betekenis van die lewe nie net geleë was in versigtige berekening nie, maar in die vryheid om te mag kies, dikwels selfs roekeloos te kies. Hierdie keusevryheid en eie verantwoordelikheid, hoewel ook riskant en oop vir misbruik, is eie aan die mens. Daarsonder sal ons lewe vaal en vervelig raak.“For Freud it was the ability to enjoy life through love and work that determined its value. He was resolved to live to the fullest of his capacities – no matter the cost”

Selfs Woody Allen het op die punt ‘n komiese bydrae te maak wanneer hy t.o.v. van die sg. lewe na die dood, die moontlikheid oorweeg dat hierdie verveling selfs anderkant die graf kan voortgaan. “It might be a small room”, so suggereer hy, “where an insurance salesman will read the entire policy to you through the centuries”

Een van die meer aangrypende sieninge oor die betekenis van ons lewe word verwoord in Archibald MacLeish se liefdesgedig: “Not marble, nor the gilded monuments”. Teenoor Shakespeare se hoopvolle fantasie dat ten minste die digter se verse onsterflik sal bly en so betekenis kan verleen aan sy/ons lewe, bring MacLeish ons meer aarde toe. In sy vermelde gedig sê die minnaar in soveel woorde vir sy beminde, en ek lees die sielkundige James Hollis se interpreterende parafrase daarvan in Engels: “ Look, you and I are going to die; the readers of this poem will die; the page will turn to dust, so I won’t delude ourselves into immortal pretentions , but rather I will say, simply, I saw you there, outlined in the doorway, with the sun at your back – I saw you .

Hier, so kan u hoor, word Kant se bekende dictum dat die mens bestaan omdat hy dink, verder geneem en verruim: “Ek word gesien, geken, bemin, aanvaar, gedra - daarom is ek”…en daarom is die lewe ook die moeite werd.

En dan iets uit die christelike tradisie, waarvan terloops die Cilliers-familie ‘n eie variasie verteenwoordig het – pa Willie wat lank saam met sy vrou Annemarie in die swart konteks as predikant gewerk het en by uitstek ‘n ekumeniese figuur was, het dikwels na hulle werk as die miskoekvuurtjies van die kerk verwys, menende ‘n aktiwiteit met ‘n eie gloed en warmte, maar een wat nie vir almal ewe gemaklik of welriekend was nie - in elk geval, uit hierdie tradisie, waar naas ‘n verwagting van ‘n lewe na die dood, daar veral ook sprake is van ‘n uitnodiging tot egte en oorvloedige lewe hier en nou en dit veral deur die dood en dekonstruksie van ons valse egos en pretensies heen, kom die volgende gedagtes van die Amerikaanse digteres Mary Oliver:

“When it’s over, I want to say: all my life I was a bride married to amazement. I was the bridegroom taking the world into my arms. When it’s over I don’t want to wonder if I have made of my life something particular and real. I don’t want to find myself sighing and frightened, or full of argument. I don’t want to find myself simply having visited this world”.

Al die aanhalings wys daarop dat, ondanks die hoop vir iets meer na die dood wat sommige tradisies koester, ons grootste uitdaging steed bly om hierdie eenmalige lewe, hoe broos en bedreig en vol lyding ookal, hier en nou as ‘n gawe met blywende verwondering, diepe eerbied, warme liefde, sorgende verantwoordelikheid en egte vreugde te ontvang. Daarin by uitstek, so glo ek, lê die betekenis en kuns van ons lewe.

In die verband is Paul se eie voorbeeld nie te versmaai nie. Soos alle groot denkers was hy nie alleen ‘n poinier wanneer daar van hom gevra was om hierdie heerlike uitdagings van ons komplekse bestaan teoreties te peil nie. Hy was veral ook, soos sy familie en vriende kan getuig, ‘n praktiese en gekunstelde fynproewer daarvan. In ‘n laaste brief aan vriende kort voor hy en Sandra se terugkeer uit Nederland na ‘n jaar van studie, vertel hy opgewonde van hulle laaste reis deur Spanje.

“Ons het wel onlangs een ‘regte’vakansie gehad: twee weke in Spanje. Ons het gevlieg na Pau (suidweste van Frankryk) en vandaar saam met vriende gery deur die noorde, deur Basque country, Cantabria en Asturias tot by Oviedo (waar ek die ou vriend opgespoor het). Vandaar is ons suid deur Castille y Leon tot by Segovia (met sy asemrowende aquaduct en die Alcazar kasteel). Toe noordoos tot in Zaragoza waar ons die Brownes vaarwel gewens het en verder gery het na Barcelona. Hier het ons vir ’n week ’n apartement in die ou deel naby die see (Barceloneta) gehuur – fantasties!

Die week was eintlik rustig, soos ons daarvan hou om te reis. Baie gestap, en elke dag eintlik net een “ding” gedoen – hoofsaaklik Gaudi. Ons was oorstelp deur die man. Die Miro museum ook. Verder het ons geëet! Seekat, inkvis, hamme van alle soorte, klein vissies, groot visse, chorizo, gazpacho, wyne uit die Penedes en ja, confession, burgers. Ek het op die laaste dag geswig, en vir my ’n “banjo” gekoop. Vir die analfabete: ’n hele ham op die been. Jamon Iberica, gemaak van ’n wilde swart vark wat net akkers eet. Die ding hang hier in ons kombuis (amper op!) ─ saam met die Afrika beeld wat Ingrid Winterbach vir ons saamgebring het en die twee pragtige keramiek “bordjies” wat Laura du Toit vir ons gegee het ─ om die Nederlandse grense van ons woning te deurbreek.

Indien enigiemand bang was dat ons oud word: ons is twee keer uit ’n tapas bar gegooi wat wou toemaak ─ en onthou dit is Spanje! Julle moet dus regstaan vir ons terugkeer. Niks sal weer dieselfde wees nie”.

Ek sluit af. In my soeke na iets wat Paul se eie lewensuitkyk artikuleer, kom ek af op ‘n gedig van Stephen Dunn genaamd “A Postmortem guide” waarin hy vir sy “pryssanger” suggereer wat hy na sy dood oor hom moet sê. Ek lees dit graag – ek dink nogals Paul sou daarmee kon identifiseer.

A Postmortrem Guide

For my eulogist, in advance

Do not praise me for my exceptional serenity

Can’t you see I’ve turned away

from the large excitements,

and have accepted all the troubles?

Go down to the old cemetery: you’ll see

there’s nothing definite to be said.

The dead ones were all kinds –

boundary breakers and scalawags,

martyrs of the flesh, and so many

dumb bunnies of duty, unbearably nice.

I’ve been a little of each.

And, please, resist the temptation

of speaking about virtue.

The seldom-tempted are too fond

of that word, the smallspirited,

the unburdened.

Know that I’ve admired in others

only the fraught straining

to be good.

Adam’s my man, and Eve’s not to blame.

He bit in; it made no sense to stop.

Still for accuracy’s sake you might say

I oftened stopped,

that I rarely went as far as I dreamed.

And since you know my hardships,

understand that they’re mere bump and setback

against history’s horror.

Remind those seated, perhaps weeping,

how obscene it is

for some of us to complain.

Tell them I had second chances.

I knew joy.

I was burned by books early

and kept sidling up to the flame.

Tell them that at the end I had no need

for God, who’d become just a story

I once loved, one of many

with concealments and late-night rescues,

high sentence and pomp. The truth is

I learned to live without hope

as well as I could, almost happily,

in the despoiled and radiant now.

You who are one of them, say that I loved

my companions most of all.

In all sincerity, say that they provided

a better way to be alone.

Dis geen wonder dat Paul in ‘n artikel oor wie of wat die ware self is, gekonkludeer het: my lewe is ‘n gedig. Mag ons nog lank vertoef by hierdie gedig, by die ryk tappiserie en ligtende spoor wat hy agtergelaat het.

Gedenklesing in die Endlersaal, Stellenbosch op 4 Augustus 2011 om 09:30

Gedagte: "Haat teenoor die bourgeoisie is die begin van alle wysheid"

In die begin van die negentiende eeu ontstaan daar groeperinge wat hulself onderskei teenoor die fatsoennorme van die bourgeoisie; die Bohème. Hulle kom uit alle lae van die samelewing; arm of ryk, beroemd of onbekend en verset hul teen die ekonomiese statussisteem wat in hierdie tyd ontstaan het. Geld, besittings of 'n vaste loopbaan het volgens Boheme die fantasie, talent, die siel en die eiewaarde aangetas. Die geskiedenis van dié Bohème is 'n voorsetting van die pogings om die eerbiedwaardige klasse te ondermyn. Selfs radikale optredes het die kleinburgerlikes, min beindruk, maar hierdie beweging het wel 'n aantal vrae gestel aan die kleinburgerlike ideale. In 'Statusangst' (2004) betoog die Britse skrywer-filosoof Alain de Botton dat die Bohème - sowel as die kuns en die filosofie- poog om ons daaraan te herinner dat daar alternatiewe, non konformerende maniere is waarvolgens ons 'n sinvolle bestaan ( sonder statusangs) kan voer.
sms:

Andriette Stofberg was só ´n mens - Johann Rossouw

Soms sterf iemand wat wyd bekend was omdat hy of sy ´n voortreflike lewe gelei het, ´n lewe gewy aan sy of haar gemeenskap en ´n beter wêreld. So iemand se dood is ´n openbare gebeurtenis, ´n kollektiewe verlies wat almal deel.

Maar soms sterf iemand wie se lewe voortreflik was deur wat sy bygedra het tot die instandhouding van die openbare lewe waarsonder geen gemeenskap kan nie. So iemand se dood is nie noodwendig ´n openbare gebeurtenis nie, en die verlies wat haar dood beteken, is iets wat dalk nie kollektief besef word nie.

Andriette Stofberg was so ´n mens. In die saaklike, dog aandoenlike oorsig wat haar vriendin en dekadelange kollega, Marga Ley, oor haar lewe geskryf het (Beeld 15 Maart 2011) is talle van die dade van Andriette se voortreflike lewe vermeld: haar bydraes in verskillende afdelings van Beeld, haar mentorskap vir twee geslagte joernaliste, haar professionaliteit en haar nuussin.

Elke mens wat bevoorreg was om Andriette te ken, sal ongetwyfeld nog dinge oor haar lewe by hierdie lys kan voeg. In my geval was ek bevoorreg dat feitlik alle artikels en rubrieke wat ek ook ooit vir Beeld geskryf het – tussen 1998 en 2010 – deur haar hanteer is. In die proses het ek haar eers professioneel en later persoonlik leer ken as iemand wie se lewe van deugsaamheid gespreek het. Sy was ontvanklik, dapper, eerlik, vrygewig, erbarmlik en iemand met die hoogste integriteit.

Andriette was ´n klassieke joernalis: ´n intens private mens met ´n passie vir die openbare lewe, sowel wat nuus as die vertolking daarvan betref. Weens siekte en ander redes het sy geweet wat lyding beteken, maar wat haar te beurt geval het, het sy oplaas altyd as leersaam beskou en daaruit geput om steeds hoër te streef. In ´n vriendskap van twaalf, dertien jaar het ek haar amper nooit hoor kla nie. Deur alle omstandighede was sy soos ´n enkele, wit lotus onverstoorbaar op die water van die lewe.

In ´n rolprent waarvoor ons albei lief was, The Last Samurai, vra die Japannese keiser aan Kaptein Algren om aan hom te vertel hoe die groot samoerai, Katsumoto, gesterf het. Hierop antwoord Algren: “Ek sal jou vertel hoe hy geleef het.”

Ook vir Andriette, wat meermale in werk en lewe die dood in die gesig gestaar het, was die lewe – die góéie lewe – wesenlik, sodat sy uiteindelik ook haar eie uiteinde waardig en vredig tegemoet kon gaan. In die laaste besinnende SMS wat sy aan my gestuur het – enkele dae voor haar heengaan – het sy lyding beskryf as die weg na insig, die aflegging van mindere en onnodige dinge en uiteindelik die groot verligting. Slegs ´n deurleefde, deugsame mens kan in die gesig van die dood so getuig.

Wat Andriette oor dekades heen stil-stil tot die Afrikaanse wêreld bygedra het, is iets waarvan die meeste van ons nie eens geweet het nie. Haar nalatenskap is nie bloot haar skryfwerk nie, maar ook die mense wat sy gevorm het: haar seuns Thomas en Carel, en talle kollegas en medewerkers. Op die van ons wat oor dekades wetend en onwetend as vriende, kennisse en koerantlesers so baie van haar ontvang het, rus die verantwoordelikheid om haar nagedagtenis met voortreflikheid te eer.

Ek groet ´n groot vrou en onvervangbare reisgenoot.

Johann Rossouw

Is die Suid -Oos nog die Kaapse dokter?

Die Sedoos, of was dit adv Jeremy Gauntlett, het die pluimsaad gepluk in Stellenbosch iewers in Januarie en nou nog tel ons die sade op wat ver gewaai het.......terwyl ons wonder watter geslag dit is, wat dan sonder protes sal verbygaan?
Dit was nogal moeilik om ‘n regspersoon te kry wat tyd hét en óf bereid is om van hierdie sade op te tel, fyn te maal en die brood te breek hierdie Vrydagaand. Soos Prof Pierre de Vos, kou en herkou die regsgroepering steeds aan hierdie oes en hopelik val sommige sade op vrugbare grond.
Van die beste Regsfilosowe in die buiteland én ook van ons land het al temas ingelei hier by die FilosofieKafee die afgelope 12 jaar, maar die regspraktisyns in die omgewing van Kerkplein, het geskitter in hul afwesigheid. Hoe kan ons dit vertolk?
Gelukkig is Elna Wait beskikbaar en gaan sy van hierdie kwessies inlei vir ons oopgesprek.

Beweging

" Fietsry maak my denke vry" -
Marc van den Bossche in Wielrennen (2005)

Guggenheim

Guggenheim

FilosofieKafee: Vrydagaand 26 November 2010: Dr Gerhard Verdoorn

Gerhard Verdoorn is een van die bekendste bewaringskundiges in Suid-Afrika. Hy het sy Ph.D. in sinteties-organiese chemie aan die Universiteit van Johannesburg behaal en was daarna vir drie jaar aan die Universiteit van Tel-Aviv verbonde. Afgesien van sy betrokkenheid by verskeie Suid-Afrikaanse universiteite was/is hy ook betrokke by vele bewaringsinstansies. Hy is veral bekend vir die werk wat hy gedoen het om aasvoëls te bewaar. Tans is hy ‘n adviseur ten opsigte van bedreigde dieresoorte in Namibië, asook vise-president van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging. Hy tree as raadgewer op vir verskeie ander regeringsgroepe of privaatsektorinstansies.

Verder het Gerhard reeds meer as 80 publikasies oor voëlkunde, chemie en toksilogie die lig laat sien. Verder het hy 84 artikels populêre artikels oor bewaring en die verantwoordelike gebruik van gifstowwe gepubliseer. Hy bied tans drie radioprogramme per week aan en tree gereeld op by werkswinkels en opleidingskursusse oor omgewingsaangeleenthede.


Verligtingsfundamentalisme: die dogmatiese geloof in die eie gelyk

Durf om te Dink!

Met die leuse: ‘Vryheid , gelykheid en broederskap’ eis die Franse volk tydens die 1789 revolusie, die mag op. Dit was die hoogtepunt na ‘n eeu waarin denkers soos Spinoza, Pierre Bayle en Voltaire die mag van die adel en die kerk betwis het. Mense het hul uitgespreek teen bygeloof en godsdiens gebaseerde moraal en het hul mens- en wêreldvisie voortaan gefundeer op die rede en die menslike verstand.

‘Durf om te dink!’ – roep Immanuel Kant (1724-1804) uit. Kant roep iedereen op om mondig te word en haar eie verstand te gebruik. Moet nooit net aanvaar van ‘n ander nie: vorm jou eie oordeel.

Vryheid van denke, vryheid van meningsuiting en verdraagsaamheid is die kernwaarde van die Europese Verligting.

Veral sedert die moord op Theo van Gogh word hierdie waardes fel verdedig as die verdienste van die westerse demokasie: só fel dat die Vryheid van meningsuiting geen teenspraak duld nie en soms selfs ontaard in ‘n ‘reg op belediging’.

Die fanatisme waarmee Paul Cliteur, Ayaan Hirsi en Afshin Elian hierdie verligtingswaardes verdedig, het Ian Buruma gebring by die term ‘Verligtingsfundamentalisme: die dogmatiese geloof in die eie gelyk’

Daan Roovers: Kleine Geschiedenis van de Vryheid (Cultuurfilosofie-Geskiedenis van de filosofie)

Blog Archive

  • ►  2025 (4)
    • ►  May (1)
    • ►  April (1)
    • ►  March (2)
  • ►  2024 (7)
    • ►  October (1)
    • ►  June (1)
    • ►  May (1)
    • ►  April (2)
    • ►  March (2)
  • ▼  2023 (12)
    • ►  October (1)
    • ►  September (1)
    • ►  August (2)
    • ▼  July (2)
      • Morele 'goed' as politieke wapen – Louise MabilleM...
      • Terugberig :https://www.litnet.co.za/ubuntu-august...
    • ►  June (2)
    • ►  April (1)
    • ►  March (2)
    • ►  January (1)
  • ►  2022 (11)
    • ►  November (2)
    • ►  August (1)
    • ►  July (1)
    • ►  June (2)
    • ►  May (2)
    • ►  March (3)
  • ►  2021 (3)
    • ►  September (1)
    • ►  June (2)
  • ►  2020 (1)
    • ►  October (1)
  • ►  2019 (1)
    • ►  July (1)
  • ►  2017 (9)
    • ►  November (1)
    • ►  September (1)
    • ►  August (1)
    • ►  July (1)
    • ►  June (1)
    • ►  May (1)
    • ►  March (1)
    • ►  February (1)
    • ►  January (1)
  • ►  2016 (6)
    • ►  November (1)
    • ►  August (1)
    • ►  June (1)
    • ►  April (1)
    • ►  January (2)
  • ►  2015 (12)
    • ►  October (1)
    • ►  August (2)
    • ►  July (2)
    • ►  June (2)
    • ►  May (2)
    • ►  April (1)
    • ►  March (1)
    • ►  January (1)
  • ►  2014 (13)
    • ►  November (1)
    • ►  October (1)
    • ►  September (1)
    • ►  August (1)
    • ►  July (2)
    • ►  June (1)
    • ►  May (1)
    • ►  April (1)
    • ►  March (1)
    • ►  February (2)
    • ►  January (1)
  • ►  2013 (18)
    • ►  November (1)
    • ►  October (1)
    • ►  September (2)
    • ►  August (3)
    • ►  July (1)
    • ►  June (5)
    • ►  May (2)
    • ►  April (1)
    • ►  February (1)
    • ►  January (1)
  • ►  2012 (12)
    • ►  December (1)
    • ►  November (1)
    • ►  October (1)
    • ►  September (1)
    • ►  August (1)
    • ►  July (1)
    • ►  June (1)
    • ►  May (1)
    • ►  April (2)
    • ►  March (1)
    • ►  February (1)
  • ►  2011 (13)
    • ►  November (1)
    • ►  October (1)
    • ►  September (1)
    • ►  August (2)
    • ►  July (1)
    • ►  June (1)
    • ►  May (2)
    • ►  April (1)
    • ►  March (1)
    • ►  February (1)
    • ►  January (1)
  • ►  2010 (23)
    • ►  November (3)
    • ►  October (2)
    • ►  September (2)
    • ►  August (2)
    • ►  June (3)
    • ►  May (2)
    • ►  April (1)
    • ►  March (2)
    • ►  February (4)
    • ►  January (2)
  • ►  2009 (13)
    • ►  November (4)
    • ►  October (3)
    • ►  September (5)
    • ►  May (1)

Followers

skakels!

www.filosofiemagazine.nl


Travel theme. Powered by Blogger.