TEMA: Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede.

SPREKER: Lydia von Wielligh-Steyn

Suid-Afrika is 'n uitstekende illustrasie van hoe belangrik konteks is om historiese gebeure te begryp. Die land het gedurende die tagtigerjare oor 'n gesofistikeerde kernwapenprogram beskik. Vandag is min mense nog bewus van die feit dat Suid-Afrika uraan kon verryk en ses kernwapens geproduseer het. Dit het teen die agtergrond van die Koue Oorlog op globale vlak - en streekbedreigings ter plaatse - geskied. In 1989 het die winde van politeke verandering egter begin waai en dit is weerspieël in die aftakeling van die kernwapens en Suid-Afrika se heraansluiting by die internasionale gemeenskap. Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens, wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit 'n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers?

Lydia von Wielligh-Steyn het in Pretoria grootgeword en studeer. Sy het vier jaar in Parys gewerk en daarna teruggekeer na Suid-Afrika waar sy by verskeie Franse instansies gewerk het. Sy was 23 jaar in diens van 'n groot parfuumhuis waar sy met internasionale kliënte gewerk het en olfaktoriese opleiding gegee het. Sy is mede-skrywer van Die Bom, Suid-Afrika se Kernwapenprogram, wat in 2014 gepubliseer is. Die boek is in 2015 na Engels vertaal en in Wene, Oostenryk, bekend gestel. Sy het 'n meestersgraad in Franse letterkunde en is tans besig met haar PhD oor kernontwapening. Sy is 'n ywerige leser en woon tans in Pringlebaai, tussen die fynbos, berge en see.

                                   IEDEREEN WELKOM!

PLEK: ATKV-Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.

DATUM: Vrydagaand 2 Mei 2025

TYD: Vanaf 6nm

TOEGANG: R150 pp sluit ‘n glasie welkomsdrankie in.

Pizza, soetgoed en koffie/tee is ekstra beskikbaar.

Bespreek asb spoedig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal met dié datum W02/05 én jou naam direk by dié portaal http://pay.yoco.com/filosofiekafee




 

Mei 2: ATKV-Bôrdienghuis, Wellington.

Tema:Suid-Afrika se kernwapenprogram: feite of fiksie.

Spreker: Lydia von Wielligh-Steyn.



Waar het LINKS skeef geloop? - Danie Marais

In Achieving Our Country: Leftist Thought in 20th Century America het die filosoof Richard Rorty in 1998 die opkoms van ’n figuur soos Trump voorspel: 

“Members of labor unions, and unorganized unskilled workers, will sooner or later realize that their government is not even trying to prevent wages from sinking or to prevent jobs from being exported. Around the same time, they will realize that suburban white-collar workers — themselves desperately afraid of being downsized — are not going to let themselves be taxed to provide social benefits for anyone else.

“At that point, something will crack. The nonsuburban electorate will decide that the system has failed and start looking for a strongman to vote for — someone willing to assure them that, once he is elected, the smug bureaucrats, tricky lawyers, overpaid bond salesmen, and postmodernist professors will no longer be calling the shots.” 

Rorty het in dié boek daarop gewys dat die Left in Amerika gedurende die 60’s in twee kampe verdeel geraak het: die sogenaamdle “reformist left” en die “cultural left”. 

Eersgenoemde het gefokus op die poging om menslike gierigheid aan bande te lê. Daardie “reformist left” het in Amerika vir Rooseveldt se New Deal, vakbonde, die 40-uur-werksweek en ’n vorm van welsynstaat gesorg. Die klem was op ‘n herverdeling van rykdom ná die 2de Wêreldoorlog en op die vermindering van ongelykheid. Hierby het die werkersklas en middelklas gebaat. 

Die “cultural left” se fokus was op die vermindering van menslike wreedheid en diskriminasie. Die doel was groter sosiale geregtigheid en die gevolge was identiteitspolitiek en ‘n meer inklusiewe elite. Hierdie stroming het met politieke korrektheid gepaard gegaan het en later sinoniem geword met wokeness, waaarby die werkersklas min gebaat het.

 

Met Rorty se gedagtes as vertrekpunt spekuleer Danie Marais oor die rol wat die strategie van linkse politici en aktiviste van die afgelope dekade in Trump se verkiesing en ’n wêreldwye swaai na regs gespeel het. Is daar nog ’n linkse alternatief tot die neoliberale orde wat floreer onder tegnokrate, binêre denke en die opbloei van etniese nasionalisme?


Danie Marais is in Kimberley gebore en het grootgeword in Pretoria. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en die Carl van Ossietsky Universiteit van Oldenburg. Marais het nege jaar in Noord-Duitsland gebly en woon die afgelope tien jaar in Stellenbosch saam met sy vrou, Carine, hul twee kinders, Lea en Sam, en twee (soms drie) katte. 

Hy is ’n digter, vryskutjoernalis, taalpraktisyn, musiekskrywer en omroeper.
In 2024 verskyn ’n nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, by Tafelberg. 


 IEDEREEN IS WELKOM!

Twee GRATIS kaartjies vir nuwelinge of studente.

Bespreek asb vroegtydig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang R150pp sluit 'n glasie wyn in.
Pizza, koffie/tee en soetgoed is ekstra beskikbaar.
Betaal asb met verw no W03/07 plus jou naam, by hierdie betaalkanaal