Mei 2: ATKV-Bôrdienghuis, Wellington.
Tema:Suid-Afrika se kernwapenprogram: feite of fiksie.
Spreker: Lydia von Wielligh-Steyn.
Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien. Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én kwessies aan te durf! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998. Die volgende gesprek is Vrydagaand 2 Mei, in Wellington. Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word na Lamé Ebersöhn by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
In Achieving Our Country: Leftist Thought in 20th Century America het die filosoof Richard Rorty in 1998 die opkoms van ’n figuur soos Trump voorspel:
“Members of labor unions, and unorganized unskilled workers, will sooner or later realize that their government is not even trying to prevent wages from sinking or to prevent jobs from being exported. Around the same time, they will realize that suburban white-collar workers — themselves desperately afraid of being downsized — are not going to let themselves be taxed to provide social benefits for anyone else.
“At that point, something will crack. The nonsuburban electorate will decide that the system has failed and start looking for a strongman to vote for — someone willing to assure them that, once he is elected, the smug bureaucrats, tricky lawyers, overpaid bond salesmen, and postmodernist professors will no longer be calling the shots.”
Rorty het in dié boek daarop gewys dat die Left in Amerika gedurende die 60’s in twee kampe verdeel geraak het: die sogenaamdle “reformist left” en die “cultural left”.
Eersgenoemde het gefokus op die poging om menslike gierigheid aan bande te lê. Daardie “reformist left” het in Amerika vir Rooseveldt se New Deal, vakbonde, die 40-uur-werksweek en ’n vorm van welsynstaat gesorg. Die klem was op ‘n herverdeling van rykdom ná die 2de Wêreldoorlog en op die vermindering van ongelykheid. Hierby het die werkersklas en middelklas gebaat.
Die “cultural left” se fokus was op die vermindering van menslike wreedheid en diskriminasie. Die doel was groter sosiale geregtigheid en die gevolge was identiteitspolitiek en ‘n meer inklusiewe elite. Hierdie stroming het met politieke korrektheid gepaard gegaan het en later sinoniem geword met wokeness, waaarby die werkersklas min gebaat het.
Met Rorty se gedagtes as vertrekpunt spekuleer Danie Marais oor die rol wat die strategie van linkse politici en aktiviste van die afgelope dekade in Trump se verkiesing en ’n wêreldwye swaai na regs gespeel het. Is daar nog ’n linkse alternatief tot die neoliberale orde wat floreer onder tegnokrate, binêre denke en die opbloei van etniese nasionalisme?
Danie Marais is in Kimberley gebore en het grootgeword in Pretoria. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en die Carl van Ossietsky Universiteit van Oldenburg. Marais het nege jaar in Noord-Duitsland gebly en woon die afgelope tien jaar in Stellenbosch saam met sy vrou, Carine, hul twee kinders, Lea en Sam, en twee (soms drie) katte.
IEDEREEN IS WELKOM!
Twee GRATIS kaartjies vir nuwelinge of studente.