TEMA: Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede.

SPREKER: Lydia von Wielligh-Steyn

Suid-Afrika is 'n uitstekende illustrasie van hoe belangrik konteks is om historiese gebeure te begryp. Die land het gedurende die tagtigerjare oor 'n gesofistikeerde kernwapenprogram beskik. Vandag is min mense nog bewus van die feit dat Suid-Afrika uraan kon verryk en ses kernwapens geproduseer het. Dit het teen die agtergrond van die Koue Oorlog op globale vlak - en streekbedreigings ter plaatse - geskied. In 1989 het die winde van politeke verandering egter begin waai en dit is weerspieël in die aftakeling van die kernwapens en Suid-Afrika se heraansluiting by die internasionale gemeenskap. Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens, wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit 'n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers?

Lydia von Wielligh-Steyn het in Pretoria grootgeword en studeer. Sy het vier jaar in Parys gewerk en daarna teruggekeer na Suid-Afrika waar sy by verskeie Franse instansies gewerk het. Sy was 23 jaar in diens van 'n groot parfuumhuis waar sy met internasionale kliënte gewerk het en olfaktoriese opleiding gegee het. Sy is mede-skrywer van Die Bom, Suid-Afrika se Kernwapenprogram, wat in 2014 gepubliseer is. Die boek is in 2015 na Engels vertaal en in Wene, Oostenryk, bekend gestel. Sy het 'n meestersgraad in Franse letterkunde en is tans besig met haar PhD oor kernontwapening. Sy is 'n ywerige leser en woon tans in Pringlebaai, tussen die fynbos, berge en see.

                                   IEDEREEN WELKOM!

PLEK: ATKV-Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.

DATUM: Vrydagaand 2 Mei 2025

TYD: Vanaf 6nm

TOEGANG: R150 pp sluit ‘n glasie welkomsdrankie in.

Pizza, soetgoed en koffie/tee is ekstra beskikbaar.

Bespreek asb spoedig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal met dié datum W02/05 én jou naam direk by dié portaal http://pay.yoco.com/filosofiekafee




 

Mei 2: ATKV-Bôrdienghuis, Wellington.

Tema:Suid-Afrika se kernwapenprogram: feite of fiksie.

Spreker: Lydia von Wielligh-Steyn.



Waar het LINKS skeef geloop? - Danie Marais

In Achieving Our Country: Leftist Thought in 20th Century America het die filosoof Richard Rorty in 1998 die opkoms van ’n figuur soos Trump voorspel: 

“Members of labor unions, and unorganized unskilled workers, will sooner or later realize that their government is not even trying to prevent wages from sinking or to prevent jobs from being exported. Around the same time, they will realize that suburban white-collar workers — themselves desperately afraid of being downsized — are not going to let themselves be taxed to provide social benefits for anyone else.

“At that point, something will crack. The nonsuburban electorate will decide that the system has failed and start looking for a strongman to vote for — someone willing to assure them that, once he is elected, the smug bureaucrats, tricky lawyers, overpaid bond salesmen, and postmodernist professors will no longer be calling the shots.” 

Rorty het in dié boek daarop gewys dat die Left in Amerika gedurende die 60’s in twee kampe verdeel geraak het: die sogenaamdle “reformist left” en die “cultural left”. 

Eersgenoemde het gefokus op die poging om menslike gierigheid aan bande te lê. Daardie “reformist left” het in Amerika vir Rooseveldt se New Deal, vakbonde, die 40-uur-werksweek en ’n vorm van welsynstaat gesorg. Die klem was op ‘n herverdeling van rykdom ná die 2de Wêreldoorlog en op die vermindering van ongelykheid. Hierby het die werkersklas en middelklas gebaat. 

Die “cultural left” se fokus was op die vermindering van menslike wreedheid en diskriminasie. Die doel was groter sosiale geregtigheid en die gevolge was identiteitspolitiek en ‘n meer inklusiewe elite. Hierdie stroming het met politieke korrektheid gepaard gegaan het en later sinoniem geword met wokeness, waaarby die werkersklas min gebaat het.

 

Met Rorty se gedagtes as vertrekpunt spekuleer Danie Marais oor die rol wat die strategie van linkse politici en aktiviste van die afgelope dekade in Trump se verkiesing en ’n wêreldwye swaai na regs gespeel het. Is daar nog ’n linkse alternatief tot die neoliberale orde wat floreer onder tegnokrate, binêre denke en die opbloei van etniese nasionalisme?


Danie Marais is in Kimberley gebore en het grootgeword in Pretoria. Hy studeer aan die Universiteit Stellenbosch en die Carl van Ossietsky Universiteit van Oldenburg. Marais het nege jaar in Noord-Duitsland gebly en woon die afgelope tien jaar in Stellenbosch saam met sy vrou, Carine, hul twee kinders, Lea en Sam, en twee (soms drie) katte. 

Hy is ’n digter, vryskutjoernalis, taalpraktisyn, musiekskrywer en omroeper.
In 2024 verskyn ’n nuwe digbundel, Ek en jy bestaan nie, by Tafelberg. 


 IEDEREEN IS WELKOM!

Twee GRATIS kaartjies vir nuwelinge of studente.

Bespreek asb vroegtydig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang R150pp sluit 'n glasie wyn in.
Pizza, koffie/tee en soetgoed is ekstra beskikbaar.
Betaal asb met verw no W03/07 plus jou naam, by hierdie betaalkanaal



 


Wie weet waar die Willelinge woon?  - Louise du Toit

Vir ons gesprek sal Louise kortliks ondersoek instel na die idee van ‘wild’ soos vervat in ‘wildheid’, ‘wildwees’, ‘wildernis’. Die betekenis van die konsep, gewoonlik gekontrasteer met idees soos makheid, bruikbaarheid, gebreek of ingebreek wees, gekultiveer, gedomestikeer, beskaaf en ge-“potty train”,  is op sigself al interessant. Maar dan is daar ook die singewende idees daaragter: ons dink tog meestal daar bestaan so iets soos ‘suiwer’ wilde dinge (‘willelinge’!), maar dis nogal moeilik om hulle aan te dui. Of is wildheid eerder teenwoordig oral waar daar lewe is? Maar hoe onderskei ons dan in verskillende lewensvorme tussen hulle wilde en hulle mak kante? Hoe mak is die mens? Ek beoog om aansluiting te vind by Frans de Waal (Primates and Philosophers), Mark Rowlands (The Philosopher and the Wolf), Richard Louv (Last Child in the Woods) en Aldo Leopold (A Sand County Almanac and Sketches Here and There). 

“My ma het gegló aan vakansie hou, soos aan min ander dinge. Op die dag wat die skool sluit, moet die kar gepak word en die volgende oggend 3uur vertrek ons met die kombi, skaaphond en vier kinders op vakansie. Kinders word sommer so slaap-slaap in die kar gelaai en word eers wakker as die son oor die Karoo opkom. Somervakansies was by die Breërivermond en wintervakansies was kamp in Kimberley se bosveld. Duisende ure van my grootwordjare het ek die getye, sandbanke, visse, krewels, seegrasse en krappe van die riviermonding en die kliprandjies, kittels, en dongas van die bosveld vry verken. Ek dink my vesels, harsings en alles, is híérvan gemaak."

Louise du Toit is professor in  filosofie  aan Stellenbosch Universiteit.


                                    IEDEREEN IS WELKOM!     

TWEE GRATIS KAARTJIES AAN NUWELINGE TOT DIE GESPREK.

Bespreek asb vroegtydig by Lamé  0828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
Toegang R150 pp wat 'n glasie wyn insluit.
Betaal asb met hierdie verw no W01/11 en jou naam, by hierdie kanaal:
http://pay.yoco.com/filosofiekafee.
Pizza, soetgoed en koffie/tee is ekstra beskikbaar.


Die grense van grondwetlikheid – Karin van Marle.

Hoe kan die rewolusionêre moment, die moment van oorsprong, en vernuwing behoue bly? Hoe kan die grondwet as ‘n ruimtelike (spatial) begrip bedink word? Wat is die rol van interpretasie?

Die vier hoofbenaderings ten opsigte van die grondwet word omskryf. 

'n Gesprek word dan gelei oor die grense van grondwetlikheid teen die agtergrond van drie spesifieke denkers/skrywers:

- Hannah Arendt se besinning, teen die agtergrond van die Amerikaanse Verklaring van Onafhanklikheid (Declaration of Independence), oor begin (beginning), oorsprong  (foundation) en aanvulling (augmentation). 

- Drucilla Cornell se vertaling van dekonstruksie as die ‘filosofie van die grens’ en die implikasies wat dit vir interpretasie tot gevolg het.

- Die Italiaanse skrywer, Elena Ferrante, se omgaan met die ontbinding (dissolution) en oplossing (dissolving) van, maar ook herkonstruksie van grense.

Deur die grondwet as ‘n ruimte te lees, word moontlikhede vir voortdurende dekonstruksie en herkonstruksie geskep. ‘n Temporale lees verwerp ‘n metafisika van teenwoordigheid en skep ‘n toekoms wat altyd nog moet kom. 

 Karin het haar doktoraal ontvang in 1996 van UNISA as ontvanger van die H Bradlow Beurs. Vir haar LLM het sy die Regter Shock prys gekry vir uitnemendheid. Sy was 20 jaar by die Universiteit van Pretoria en daarna  adjunk dekaan by die Universiteit van die Vrystaat. UP het haar vereer met drie toekennings as uitnemende navorser. Karin se navorsingsfokus is gerig op gender studies.  Haar navorsingsnetwerke sluit in Kent Universiteit, Universiteit van London, Charles Universiteit in Tsjeggië, en sy was ook ’n navorsingsgenoot op uitnodiging van STIAS te Stellenboch Universiteit. Sy publiseer in vaktydskrifte, en skryf sewe boeke.

Prof Karin van Marle is tans navorsingsgenoot by die Universiteit van die Wes-Kaap

Sy hou van lees, kyk graag na films en hou van stap en kosmaak


                             IEDEREEN WELKOM!

Twee gratis kaartjies: vir 'n  student of eerste bywoner.

PLEK: Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
DATUM: Vrydagaand 6 September 2024
TYD: Vanaf 6nm
TOEGANG: R150pp sluit ‘n glasie wyn in! 
Pizza, soetgoed en koffie, is ekstra beskikbaar.

 

Bespreek asb by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal die direk by dié portal:  http://pay.yoco.com/filosofiekafee.
Gebruik as verwysing: Jou naam en W06/09

 TERUGBERIG:  Brein. Wie is jy dan mens..... - Wilhelm Jordaan



Kortweg wil ek dit noem: Die mens as beliggaamde bewussyn. 

Wat dit op neerkom, is dat die essensie van die mens nie te vind is ín die brein nie, maar in die mens as persoon, ‘n totaliteit, ‘n gehele eenheid wat ten dele kenbaar word deur die allesgelyktydigheid van fisiese (brein) en bewussynsfunksies.  

Dié eenheid word vervat in die begrip beliggaamde bewussyn, of soos die filosoof Maurice Merleau-Ponty sê, “die self as beliggaamde subjektiwiteit”; met intensionaliteit wat beteken jy as mens is altyd op iets gerig, hoe trivaal dit ook al mag voorkom.

Volledige teks by hierdie skakel

 

"Jy is jou brein!" Jy is nie jou brein nie!"
Nie een van die twee nie?
Mens, wie is jy dan...

Wilhelm Jordaan.

Met die koms van neurowetenskap oor brein en bewussyn het die eeue oue, en steeds onopgeloste, liggaam-gees-probleem verdiep. 

In hierdie gesprek gaan Wilhelm die reduksionistiese opvattings  in die titel kortliks prakties (nie diep-filosofies nie!) bekyk en spekuleer oor ‘n werkbare alternatief; ‘n ander manier van wees. Daarmee saam kom belangrike, selfs opwindende, implikasies vir lewenswerklike dinge soos moraliteit en spiritualiteit.

 Wilhelm Jordaan studeer voorgraads aan die Universiteit van die Vrystaat en nagraads aan die Universiteit van Stellenbosch en UNISA. Ná ‘n aantal jare as joernalis by Volksblad in Bloemfontein, Welkom en Klerksdorp word hy in 1969 lektor in sielkunde aan UNISA waar hy later hoof van die departement sielkunde, visedekaan (Fakulteit Lettere) en lid van die Unisaraad was.

WAARMEE HOU HY HOM TANS BESIG?

“Lank-lank gelede, byna soos in ‘n sprokie, moes ek ‘n intreerede by Unisa hou. My onderwerp was ‘n Grammatika vir Menskunde. Dit het gegaan oor hoe die sielkunde kan baat deur interdissiplinêre samewerking, byvoorbeeld tussen sielkunde, teologie, letterkunde en filosofie. In my akademiese loopbaan was dié tema vooropgestel en die rubrieke wat ek sedert 1987 vir Afrikaanse koerante skryf, is ‘n voortsetting daarvan. Die projek kom nie klaar nie. Jy kan maar sê ek werk nog steeds aan ‘n onvoltooide én onvoltooibare grammatika vir menskunde.

Daarnaas hou ek van lees oor alles en nog wat, vuurmaak, vleisbraai, kyk na die sterre, tuinmaak, reis na stil beskutte plekke, gesels met my geliefde, wanneer ek kan klets met my kinders en kleinkinders en praatjies maak vir die vaak – soos vanaand. " 

                                 IEDEREEN WELKOM !

PLEK: Die Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
DATUM: Vrydagaand 3 Mei 2024
TYD: Vanaf 6nm

TOEGANG: R140 pp sluit ’n glasie wyn in! 

Pizza, soetgoed en koffie is ekstra beskikbaar.

Bespreek asb by  Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za

en betaal met dié datum W03/05 en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee