TEMA: Die enigmatiese verbintenis van die romankuns en die filosofie.
SPREKER: Charl - Pierre Naude.
Het die roman enigiets vir die filosofie te sê? Het die filosofie iets vir die roman te sê?  Is daar iets soos ’n filosofiese roman? Hoe verskil ’n roman wat ’n filosofiese onderbou het van ’n roman wat filosofiese impliksies het? 
So pas het ’n sogenaamde “filosofiese” romansier, Laszlo Krashnahorki, wat in Hongaars skryf, die Nobel-prys vir Letterkunde gekry.
Ek wil ’n oorsigtelike blik gee oor hierdie enigmatiese kreatiewe verbintenis. Eintlik gaan dit oor meer as die roman, naamlik die uitbeeldingskunste in die algemeen, waarvan die film en die gedig ook voorbeelde is. Ek gaan enkele kunsprodukte se intense verstrengeling met die filosofie bespreek: J.M. Coetzee se roman Disgrace, Krashnahorki se dramafilm TheTurin Horse (met die ooglopende toespeling op Nietzsche), en die gedig “Die kerk”, van Kavafis.

Charl-Pierre Naudé is ’n bekroonde digter en romansier, met ’n doktersgraad in die filosofie met kruisverwysing na die letterkunde. Sy D.Phil is verwerk tot ’n boek vir die ingeligte leesmark met die titel In die rede geval: Waarom die mens mites maak (Naledi, 2023). Sy roman The Equality of Shadows (Picador Africa, 2024) het vroeër vanjaar die National Institute for Humanities and Social Sciences (NIHSS) se toekenning  vir Beste Roman gepubliseer in 2024  verower. In 2026 sal ’n keur van sy gedigte in Duitse vertaling deur Sylvia Geist by Edition Ruderup verskyn. Die keur is gedoen uit gedigte wat in Europese literêre tydskrifte in vertaling verskyn het of by poësiefeeste in Europa voorgelees is.
Charl is in Kokstad aan die voet van die Drakensberge gebore, het in Durban sy vroeë skoolloopbaan begin en in Oos-Londen aan Grens Hoërskool (nou Ooskus Hoërskool) gematrikuleer.
In 2024-15 woon hy in Berlyn as ontvanger van die gesogte Berliner Kunstlerprogramm van die DAAD se jaarlange residensiebeurs.
  In 2018 verskyn sy roman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey en verower verskeie pryse.  Dit is hierdie roman waarvan The Equality of Shadows die selfvertaling is. Dit is ’n roman wat Naudé as ‘’n “talige roman” beskryf, en waarin hy ’n denkbeeldige eentalige Afrikaanse wêreld in Engels laat opklink het.
 Charl doen tans met ’n rektorsbeurs postdoktorale navorsing aan die Universiteit Stellenbosch en is verbonde aan die Department Filosofie.
Charl is in Kokstad aan die voet van die Drakensberge gebore, het in Durban sy vroeë skoolloopbaan begin en in Oos-Londen aan Grens Hoërskool (nou Ooskus Hoërskool) gematrikuleer.
In 2024-15 woon hy in Berlyn as ontvanger van die gesogte Berliner Kunstlerprogramm van die DAAD se jaarlange residensiebeurs.
IEDEREEN IS WELKOM!  
Datum: Vrydagaand 7 November 2025
Tyd: Vanaf 6nm - 9nm
Plek: ATKV Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Bespreek asb by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Toegang: R150pp sluit 'n welkomdrankie in.
Betaal asb met dié datum W07/11 en jou naam ny hierdie portaal:
http://pay.yoco.com/filosofiekafee.