TEMAVerkiesings en Vergissings.

SPREKER: Johann Kriegler                MEDEREDER: Johann Scholtz 

Ofskoon verkiesings natuurlik lank reeds ’n bekende verskynsel was, het die opheffing van koloniale en Sowjet-heerskappy in die tweede helfte van die 20e eeu en die ‘Arabiese lente’ ’n menigte verkiesings ontlok. Regmatige verkiesings is universeel beskou as wesenselement van demokrasie, trouens ’n essensiele deurgangsrite daarvoor. Johann bespreek aan die hand van persoonlike waarneming enkele aspekte van die meegaande vloedgolf politieke en akademiese belangstelling, navorsing en kennis (en wanbegrippe) dienaangaande. 
 
‘Ná ’n leeftyd in die regsberoep val ek toevallig in ’n onbekende en fassinerende nuwe wêreld van verkiesingsadministrasie en -beregting in dosyne ontluikende demokrasieë van Oos-Timor tot Noord-, Wes-, Oos- en Suidelike Afrika via byvoorbeeld Afganistan, Maledive en Irak.  Arbitrasies, advokate-opleiding hier te lande en in buurstate, asook in Engeland en Hong Kong, die bevordering van die regsorde en koerantresensies van nie-fiksie hou my besig.’
 

IEDEREEN IS WELKOM!


Plek: Pronk, Greenlyn Village, Menlopark, Pretoria

Datum: Saterdagoggend 14 Junie 2025

Tyd: 9vm – 12 vm

Bespreek asb by Lamé +27828951139 / oopgesprek@filosofiekafee.co.za.

Toegang: R190 pp sluit ‘n kontinentale ontbyt met koffie of tee in.

Betaal asb met dié datum P14/06 en jou naam by hierdie portaal: 

http://pay.yoco.com/filosofiekafee