Lees gerus die Terugberig oor die gesprek oor 'Oorgangsregverdigheid' hier op Litnet:
https://www.litnet.co.za/filosofiekafee-verslag-anc-het-die-wvk-se-aanbevelings-gepootjie/
Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien. Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én oor kwessies na te dink! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998. Die volgende gesprek is Vrydagaand 1 November, in Wellington. Dit is dan ook die afsluiting vanjaar. Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word na Lamé by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
https://www.litnet.co.za/filosofiekafee-verslag-anc-het-die-wvk-se-aanbevelings-gepootjie/
Die kwessie van amnestie vir stryders aan albei kante tydens die SA konflik was een van die grootste tergvrae tydens die Suid-Afrikaanse oorgang. Dit het uiteindelik op die WVK en sy omstrede voorwaardelike amnestie-proses uitgeloop. Ná jare se studie en ontleding het die politieke filosoof André du Toit nou vir die eerste keer die komplekse onderhandelingsproses behoorlik uitgepluis. Volgens André pluk Suid-Afrika tot vandag toe die wrange vrugte van die lukrake, deels geheime en uiteindelik ontoereikende manier waarop hierdie kwessie beding is.
André se navorsing is vervat in sy boek AMNESTY CHRONICLES, wat Vrydagaand beskikbaar sal wees teen ‘n spesiale prys
Prof André du Toit is in Bethlehem in die Vrystaat gebore. Hy het op Stellenbosch gestudeer, en in Leiden gedoktoreer. Later het André saam met Johan Degenaar klas gegee in die politieke filosofie. Hy was deel van die Afrikaanse groep wat ‘n ANC-afvaardiging in Dakar ontmoet het, en was later lid van IDASA se bestuurskomitee. Voor sy aftrede was hy hoof van ‘n program oor oorgangsgeregtighed aan die Universiteit van Kaapstad.
Jaco Barnard-Naude is tans professor in Jurisprudence en mede-direkteur van die Sentrum vir Retoriekstudies in die Regsfakulteit by die Universiteit van Kaapstad. Hy neem aktief deel aan die openbare debat en fokus deesdae op die Afrikaanse literatuur, kuns en films.
Iedereen welkom by dié oop gesprek!
Vrydagaand 17 Maart 2023 vanaf 18:30.
Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
R250 pp sluit aandete en ‘n glasie wyn/biertjie/sap in.
Rsvp: Lamé by +27828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Betaal asb by hierdie portaal. (verw W17/03 en jou naam)
http://pay.yoco.com/filosofiekafee