Lappe Laubscher is 'n bekende joernalis en antikwariaat van beroep. Hy
is 'n boorling van Kaapstad, het in Stellenbosch studeer en woon tans in
Pretoria. Hy skryf die afgelope tien jaar 'n weeklikse rubriek in Tshwane
Beeld. Verder bestuur hy die Africana-afdeling by Protea Boekwinkel in Hatfield.
Hy lees baie wyd en versamel ook seëls en modelkarretjies.
Sy filosofie kan soos volg opgesom word: "Moenie verbaas wees as jy
verkeerd is nie. Om te kan dink is 'n avontuur!"
Kom vroeg en
ontmoet nuwe gespreksgenote in die heerlike sfeer van die Café Riche se
Merkurius -vertrek, wat uitkyk oor Kerkplein.
19:30
Cafe Riche
Kerkplein no 2, Pretoria.
rsvp: 012 328 3173 / hostess@kerkplein.co.za
R90 pp sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00
Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien. Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én oor kwessies na te dink! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998. Die volgende gesprek is Vrydagaand 1 November, in Wellington. Dit is dan ook die afsluiting vanjaar. Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word na Lamé by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.