Daar is ‘n paar hardnekkige wanopvattings oor ontgroening
wat nou weer kop uitgesteek het na die herrie op die Potchefstroomkampus van
NWU vroeg in die jaar, soos dat ontgroening en tradisie ten nouste met mekaar
verbonde is; dat ‘bonding’ noodsaaklik is vir die lewe, dat dit in ‘n
universiteitskoshuis aangeleer word, en dat ontgroening die hoekstene daarvoor
lê; dat die ‘swaarkry’ van ontgroening kosbare lewenslesse leer en herinneringe
oplewer. Nog ‘n wydverspreide wanopvatting is dat ontgroening veral op
voormalige Afrikaanssprekende kampusse voorkom. Sonder om die Potchefstroomse
voorval te bespreek, sal ek teenargumente vir die voorgaande wanopvattings op
die tafel sit. My hoofargument sal wees dat ontgroening volgens die meeste van
hierdie argumente neerkom op ‘n normalisering van die sogenaamde
Stockholm-sindroom en dikwels ook van die Zimbardo-eksperiment. Die uitdaging
wat ek aan verdedigers van ontgroening wil stel, is om praktyke in te stel
waardeur gasvryheid aan vreemdelinge en nuwelinge bewys word sodat hulle sonder
vrees vir hulle aanvanklike andersheid deel kan word van ‘n florerende gemeenskap.
Johan Snyman is sedert 2012 emeritus professor in Filosofie aan die Universiteit van Johannesburg, waar hy 34 jaar onderrig in Filosofie gegee het. Sy aanvanklike skoling in Reformatoriese filosofie en sy latere kennismaking met die Kritiese Teorie van die Frankfurtse Skool (interessante parallelle ten spite van oënskynlike diepgaande verskille!) het hom sedert sy studentedae links van apartheid en van ontgroening gemaak. Hy het al in 1967, in sy eerste jaar op die Puk, ongemaklike vrae gevra oor die Sieg Heil!-saluut wat hy en sy mede-eerstejaars in Makouvlei moes gee. Tans spits hy hom daarop toe om meeste van die boeke waarna hy altyd moes verwys het, te lees, en die bolle en plante wat hy altyd moes uitstel om te plant, aan die groei te kry en aan die groei te hou.

Iedereen Welkom !
Vrydagaand
19:30 in die Soffkamer,
Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
R80 pp (sluit
aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
rsvp: 012 328
3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op
Kerkplein.