Mariana Kruger is die redakteur van ‘n boek - pas vrygestel - wat handel oor die etiese hantering van navorsing in Afrika. Alle aspekte van navorsing word in hierdie publikasie bespreek vanaf die hantering van kliniese proewe tot die deelname van weerlose kinders, asook genetiese navorsing in Afrika. Hierdie boek, wat befonds is deur die European and Developing Countries Clinical Trials Partnership(EDCTP), is in Julie in Berlyn bekendgestel.
Mariana is ‘n kinderonkoloog en etikus. Sy is tans vol professor en uitvoerende hoof van die departement Pediatrie en Kindergesondheid te Stellenbosch Universiteit en Tygerberg Hospitaal. Sy dien op verskeie etiek-komitees en is tans die Afrika kontinentale president van die Internasionale Vereniging van Kinderonkologie (SIOP).
Iedereen Welkom !
Vrydagaand 19:30 in die Soffkamer, Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
R80 pp (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 / caferiche@kerkplein.co.za
Parkeer op Kerkplein.