'Reeva en
Anene: Geslag, Ras en Geregtigheid?' - Amanda Gouws
In 2013 is
twee vroue binne twee weke uitmekaar deur mans vermoor. Die een se storie was
vir ‘n paar dae op die voorblaaie van koerante en toe het haar storie
verdwyn. Die ander een se storie word beskou as die “hofsaak van die
eeu”. Kry al twee geregtigheid? En wat het geslag en ras daarmee te
doen? Hierdie gesprek ontleed geslagsgeweld en geregtigheid in die
konteks van Suid-Afrika.
Amanda is professor in die Departement Politieke Wetenskap
en die houer van 'n PhD van die Universiteit van Illinois in Urbana-Champaign
in die VSA. Sy spesialiseer in Suid-Afrikaanse politiek, genderpolitiek en
politieke gedrag. Tans fokus haar navorsing op vroue en burgerskap, die
nasionale geslagsmasjinerie en verteenwoordiging. Sy dien op die raad van die
Afrika Genderinstituut by die Universiteit van Kaapstad.
Iedereen welkom!
R80 sluit 'n smaaklike aandete in.
rsvp: Zanté, hostess@caferiche.co.za / 012 328 3173
Café Riche, Kerkplein, Pretoria.
Parkeer reg voor die bistro op Kerkplein (wagte gereël)