Wie is hierdie
enigmatiese denker-skrywer wat die geeste, internasionaal en in Suid-Afrika,
bly boei? Met die herdenking van sy honderste geboortedag (7 November) is
dit die moeite werd om weer na sy blywende betekenis te kyk.
Hierdie bydrae fokus
nie net op die biografiese aspekte van Camus se lewe nie, maar ook
op die tematiese ontvouing van sy denke. Die standaard-interpretasie
van Camus is sy hantering van begrippe soos die absurde, verset, rebellie - met
ander woorde die vroeëre fase van sy eksistensialisme. Dié bydrae sal egter ook
aantoon dat daar 'n latere fase by Camus bestaan. Dit is naamlik die fase van die
vroeë-1950's tot met sy onverwagse dood in 1960. Hierdie fase word gekenmerk deur
die volgende tematiese verskuiwing: individu en gemeenskap, die ander,
geregtigheid, liefde asook die plaaslike en die universele. Kortom: In hieredie bydrae sal
daar gepoog word om 'n genuanseerde blik op Camus te ontwikkel in gesprek
met 'n Suid-Afrikaans en Afrikaanse
gehoor.
Hierdie is die laaste gesprek vir die jaar, en dus ons afsluiting. Kom
gerus vroeg en geniet die samesyn, daar is nog Beaujolais Nouveau beskikbaar!
Cafe Riche
Kerkplein 2
Pretoria. Parkeer op Kerkplein.
R75 per persoon (sluit 'n heerlike aandete in wat bedien word al vanaf 18:00)
rsvp: 012 328 3173 of caferiche@kerkplein.co.za