"Waarom het Eugène N. Marais so'n
belangstelling in wonderbaarlike verskynsels gehad?" - Johann Lodewyk Marais.
In Eugène N. Marais (1871-1936) se prosa is daar meermale
'n belangstelling in die geheimsinnige en onverstaanbare. Die pogings wat
aangewend word om wetenskaplike verklarings vir dié verskynsels aan te bied,
gee aanleiding tot besinning oor rasionaliteit en nie-rasionaliteit. 'n Mens
kom as 't ware onder die indruk dat Marais sterk partydig vir die wetenskaplike
feit en uitleg is, maar tog ook die grys gebiede van die wetenskap verken en 'n
belangstelling in pseudowetenskaplike praktyke gehad het. Met sy Engelse
opvoeding moet hy deeglik met boeke uit die negentiende eeu kennis gemaak het,
waaronder Edgar Allan Poe (1809-1849) se speurverhale en sielkundige rillers,
waaraan 'n aantal van Marais se verhale en afwykende personasies herinner. In
hierdie gesprek word vertel hoe Marais te werk gegaan het om op 'n besondere
manier met sy lesers te kommunikeer en hoe dit tot heelwat variasie in sy
oeuvre lei. Dit gee ook aanleiding tot 'n aantal fassinerende verhale
Johann
Lodewyk Marais is 'n skrywer, letterkundige en historikus. Hy voltooi tans sy
negende digbundel, en skryf 'n reisboek oor Kenia en 'n biografie oor Cleopatra.
Vrydagaand vanaf 19:30
Soff kamer - Café Riche
Kerkplein, Pretoria
R75 pp (sluit aandete in)
rsvp: caferiche@kerkplein.co.za 0f 02 328 3173
Kom gerus al vroeg, u kan aandete vanaf 18:00 geniet!