"Hoe behoort blankes deel te neem in die huidige openbare sfeer?" (Engels)-
Gillian Schutte en Louise Mabille
Die FilosofieKafee
het al in die verlede ‘n debat gehad losweg geskoei op die
Lincoln-Douglas-formaat soos in die Amerikaanse tradisie. Op daardie geleentheid
was die onderwerp godsdiens, nou is dit politiek! Afrikaners geniet mos
lewendige gespreksvoering! Hierdie keer is die gesprekstaal egter
Engels, ‘n uitsondering op die normale Afrikaanse medium, ten einde een van die deelnemers te akkomodeer.
Die geleentheid poog om sin te maak van ‘n diskoers wat die
afgelope
paar jaar sy kop uitgesteek het. Na Samatha Vice se oproep verlede
jaar tot ‘n wit ‘skuldstilte’ as die vanpaste optrede vir blankes het
‘n heftige debat in die media ontstaan oor wat nou eintlik die rol van
blankes in die Nuwe Suid-Afrika behoort te wees. Gillian Schutte het
haar opinie in hierdie verband gegee deur ‘n ope brief aan alle
blankes in die Mail and Guardian.
Laat weet asb vroegtydig, sodat ons voorbereiding doeltreffend kan wees. Ons hou nie plekke nie, dus kan u gerus vroeg kom; ontmoet nuwe gespreksgenote en geniet aandete.
R70 pp (sluit aandete in)
012 328 3173
caferiche@kerklein.co.za
parkering op kerkplein.