"Die siel van ons polis: hoe koester ons ons stad?" -Stephan de Beer
Die
gesprek besin oor die "siel" van die "polis" in die enger
sin van die woord, nl. die stad as geografiese plek, maar dan met implikasies
vir ons openbare betrokkenheid in stedelike ruimtes. Dit oorweeg die
(verlore) siel van die stad, en verbeel die moontlikheid van 'n politiek van
animasie, "van onder af", om maniere te vind om helend te werk aan
die breuke / frakture in ons stadsgemeenskappe.
Die
politiek van animasie sluit aan by die idee van Aristoteles, psigoterapeut
Thomas Moore, en ander, dat die stad reeds 'n anima het, 'n 'innerlike krag', wat die stad wil koester, wat die
goeie wil, maar soms verwond is, of vergete; dat die tegnokrasie en burokrasie
die siel van die stad stilmaak dmv die drie-eenheid van "nabootsing,
eenvormigheid en sanitasie". 'n Politiek van animasie wil op
verbeeldingryke maniere, van onder af as't ware, die anima onderskei, en soos in die maak van animasie-rolprente die
verskeidenheid van beelde en ingrepe en goeie stories verweef met mekaar tot
dit n beweging van heling word. Nie net te esoteries nie, maar ook prakties.
Stephan het na 20 jr in die
middestad by die Tshwane Leadership Foundation nou ook aangesluit by die
Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan die Universiteit van Pretoria. Sy fokus
is op voortgesette teologiese opleiding en opleiding vir
gemeenskapsontwikkeling, die skep van 'n eenheid vir maatskaplike kohesie en
versoening, en die daarstel van 'n sg Urban Innovation Hub.
rsvp: (geen plekbesprekings nie, slegs vir getalle vir sjef)
012 328 3173 /caferiche@kerkplein.co.za
19:30 parkeer op Kerkplein.