In hierdie gesprek word besin oor die begrip wêreld, die gebruik daarvan, die sin daarvan, die geldigheid en omvang
daarvan terwyl die moontlike diepgaande aard daarvan ondersoek word, asook die
aannames wat daaroor geld en ‘n antwoord op die vraag ‘in watter wêrelde
lewe ons?’ gesoek word en waarin veral die verband tussen wêreld- en sinskepping bespreek word.
Hierbenewens word die onttowering van
die wêreld bespreek , die vanselfsprekendhede wat dit huisves, die faktore
wat dit verwesenlik, die onvermydelikheid daarvan en die uitdaginge wat dit
bied en in hoeverre dit eweneens ons mense se maaksel is en die mate waartoe
die onttowering sinverlies en nihilisme verwesenlik en die wêreld
onleefbaar maak.
Sou die herbetowering (skepping, maakbaarheid) van of die luisterverlening
aan hierdie wêreld ‘n geldige en
haalbare en noodsaaklike opsie wees wat ook die skepping en invensie van sin
verwesenlik? Indien wel wat sou die verwagtinge wees? Waarop sou die klem moes
val en sou dit wel, soos sommige aandui, die karakter van ‘n stryd moes aanneem
ten einde wêreldskepping en sinvervulling te verwesenlik?
Fanie de Beer (CS) is Emeritus Professor van die Departement Inligtingkunde, Universiteit van Suid-Afrika en is tans Buitengewone Professor in Inligtingkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het gegradueer in Landbou en Filosofie (doktorale werk) aan die Universiteite van Pretoria en Parys X, Nanterre, Frankryk, onderskeidelik. Hy doen tans ekstensief navorsing en publiseer oor die volgende temas: die Filosofie en teorie van inligting in die wydste sin van die woord, met besondere klem op die individuele en sosiale implikasies van inligting; navorsingsmetodologiese uitdagings; filosofieë en teorieë van tegniek en tegnologie; kennisinvensie, -disseminasie, -benutting en -bestuur; lees- en interpretasieteorieë en die bestaande geletterdheidsnood; en oor die her-invensie van menslike spiritualiteit, noölogie en die gees van ons tyd.
31 Augustus 2012 vanaf 19:30
Soffkamer:
Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.
rsvp : 012 328 3173 of caferiche@kerkplein.co.za
R65 per persoon (sluit aandete in)