-->
Hoe kon ‘n beskaafde
volk soos die Romeine iets so verskrikliks soos ‘n kruisdood uitdink? So het die Romeinse
geskiedskrywer Suetonius honderde jare gelede gevra. En nie so lank gelede nie, is ook gevra: Hoe kon ‘n hoogs gekultiveerde nasie
soos die Duitsers ‘n Auschwitz hê?
En
vandag kan ons wel ’n paar soortgelyke vrae vra oor ons nasie, nogals ‘n
reënboognasie. Dis deels bevry
deur ‘n bevrydingsteologie wat vreesloos gestaan het vir gelykheid, die waarde van
alle mense, en vir geregtigheid, aan die een kant, en vergifnis en versoening
aan die ander. Dis ’n nasie met ’n
(sekulêre) grondwet wat menswaardigheid oor ras- en geslagsgrense heen so sterk
beliggaam, dat dit feitlik ongeëwenaard in die wêreld is. Hoe laat so ’n nasie die openbare
teregstelling van Oscar Pistorius toe, en die dierlike aanhouding van
gevangenes in sub-menslike omstandighede?
Hoe skree so ’n samelewing vir geregtigheid te midde van
menseregte-oortredings onder die vaandel van „regsprosesse“ en „regmatige
strawwe“?
Kan
dit toegeskryf word aan die hardheid van ’n post-Christelike samelewing? Het die verlies aan kerke en die
wegbeweeg van Christelike waardes soos vergewing en versoening – waarmee baie
Christene self nie goed gedoen het nie – van die reënboognasie ’n harde en
veroordelende samelewing gemaak, ’n pre-modernistiese gemeenskap waarin alles
weer net oor reg en verkeerd gaan? Het regsgeleerdes die nuwe verlossers en
bepalers van sedes geword?
Iedereen is welkom om saam te dink!
Café Riche, Kerkplein.co.za.
19:30
rsvp: Zanté 012 328 3173 /hostess@caferiche.co.za
R80 (sluit aandete in wat gereed is vanaf 18:00)
Parkeer rondom Kerkplein - wagte gereël.
Gesprek kan ook hier gebeur vooraf én daarna.