Die FilosofieKafee® skep 'n gasvrye omgewing waar aktuele onderwerpe onbevange bespreek word. Ons poog om gesprek oop te beur, en vooroordele te eien.
Iedereen is welkom om met nuwe idees te verlei én kwessies aan te durf! Hierdie oop gesprek is standhoudend elke maand sedert 1998.
Die volgende gesprek is Vrydagaand 2 Mei, in Wellington.
Voorstelle oor temas en sprekers kan direk gestuur word na Lamé Ebersöhn by oopgesprek@filosofiekafee.co.za.
‘”Terwyl
ek ‘n student was het ek op die werk van Hannah Arendt afgekom. Ek het, kort op
mekaar se hakke,The Origins of
Totalitarianism, On Revolution en On Violence gelees, en toe ook Eichmann in Jerusalem:A Report on the Banality of Evil– haar
verslag oor die verhoor van Adolf Eichmann. Een van die dinge wat my toe opgeval het was dat Eichmann,
anders as sê Hans Frank of Ernst Kaltenbrunner, nie direk betrokke was by die
dood van mense nie. Hy was ‘n betrokkene, eerder as die een wat die sneller
getrek het of die bevele gegee het vir die wat wel die snellers getrek het of
die gif in die kamers gestort het. Tog was hy hoog op die soeklys van die
na-oorlogse Nazi jagters, soos Simon Wiesenthal, en is hy dan ook ontvoer uit
Argentinië en in Israel verhoor, skuldig bevind en tereggestel. Die vorm van ‘n
roman gee mens die vryheid om die innerlike lewe van karakters te ondersoek en
ontgin. Dit is wat ek met my boek, Die Twee lewens van Dieter Ondracek probeer
aanpak het. Al die idees, al die agtergrond en lees en wonder oor hoekom mense
sou doen wat hulle doen, kan in karakters se koppe en monde gesit en so getoets
word.‘n Hele reeks verskillende
vraagstukke kan aangepak word in die lewe van een fiksionele karakter. So kan
mens ondersoek hoe mense, wat nie ooglopend so is nie, bose dinge kan vermag. Hoe
word skuld toegeken, en hoe leef mense met skuld? En, belangrik, kan mense van
hulle verledes ontkom? “