Maandelikse FilosofieKafee: Februarie 22

  -->
Tema: “Oor die einde, die lyf, flieks, en ander onhebbelikhede binne die studie van die ontstaan van die Christendom: onderweg na ‘n kritiese teorie van alles.”
Spreker: Gerhard van den Heever

 Gerhard het die afgelope jaar  in Denemarke gewerk met studente en kollegas in godsdiensstudies en geskiedenis van die 18de eeuse christendom – veral die piëtisme, en oor die groei van neo-pentekostalisme in Afrika.

Sy Dlitt et Phil het gehandel oor Griekse fiksie. Sedert ‘n paar jaar gelede werk hy oor godsdiensteorie, kultuurstudies, en alles wat sy aandag trek.   Sy teoretiese vertrekpunt in sy resente werk is een van beweeg vanuit kontemporêre kultuur- en religiestudies na die antieke wêreld en terug in ‘n wedersydse poging om beide die antieke en die kontemporêre wêreld in ‘n ander lig te representeer; onder andere gebruik hy die hedendaagse vloedgolf van studies oor nuwe religieuse bewegings om christelike oorspronge mee te modelleer. Hy buikspreek veral linksgesinde teoretici soos Foucault, Bourdieu, Bruce Lincoln en Fredric Jameson. Sosiaal lê sy simpatieë nie by neo-liberaliste nie maar by die occupy-beweging.

22 Februarie 19:30 
Cafe Riche
Kerkplein, Pretoria
R70 pp sluit aandete in
rsvp: 012 328 3173 /caferiche@kerkplein.co.za