Hierdie is die bekendstelling van Johann Lodewyk Marais se negende digbundel, Nomade (Cordis Trust 2014).
Dit is ook die afsluiting van vanjaar se program. Kom dus vroeg genoeg en geniet die tuuruur in die hart van ons stad. Ontmoet nuwe gespreksgenote en dink saam oor aktuele sake van belang.
Tans konstruksie op Kerkplein weens opgradering:
Toegang dus via Pretoriusstraat, regs in Parlementstraat en dan parkeer reg voor Cafe Riche.
Behoorlike beligting met 3 solarligte, en sigbare teenwoordigheid van Metro Polisie. Wees skepties oor lapswaaiers.
19:30 Soffkamer, Café Riche, Kerkplein 2, Pretoria.
R80 pp sluit aandete in.
rsvp: 012 328 3173.
