Julie 26: Waarom openbare kunsmuseums? - Marilyn Martin

Dit is belangrik om te besin oor die rol en plek van openbare kunsmuseums in Suid-Afrika, met die fokus op die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum (SANK). Die plaaslike openbare instansies is in ‘n veelvuldige krisis gedompel. Met die opening van die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) en die Norval-stigting het die rol van die SANK eintlik vervaag . Wat word van die nasionale kunsmuseum binne ‘n ontwikkelende ekosisteem en in die lig van die redelik nuwe verhouding tussen openbare en private kunsmuseums in die land? Het privaat ruimtes en kommersiële galerye openbare kunsmuseums se plek ingeneem? As die antwoord ja is, hoekom het dit gebeur en hoe kan die gemeenskap help om hierdie museums se voortbestaan te verseker?

Ná11 jaar as direkteur van die SANK is Marilyn Martin in 2001 as direkteur van die kunsversamelings by die Iziko-museums aangestel. Sedert haar aftrede in 2008 werk sy as ‘n onafhanklike skrywer, kurator en lektor. Sy is 'n ere-navorsingsgenoot by die Michaelis-Skool, aan die Universiteit van Kaapstad.

Marilyn se boek, wat pas deur Print Matters gepubliseer is, sal  teen 'n spesiale prys beskikbaar wees. Een gelukkige gespreksgenoot gaan die wenner wees van so'n boek! 

'Vir die eerste slag binne die Suid-Afrikaanse kunshistoriese dissipline het ons nou hier 'n omvangryke teks deur 'n gerespekteerde kuns- en argitektuurgeskiedkundige wat die moed het om omstrede en sleutelkwessies oor die kunste in ons land vreesloos aan te vat.  Sy trap oor politieke mynvelde en stel dit dat die Staat dikwels in die hede en verlede nagelaat het om die nodige steun aan die kunste te verleen'.  Eunice Basson

Between Dreams and Realities vertel die boeiende verhaal van Suid-Afrika se toonaangewende kunsmuseum, en bekyk weer belangrike uitstallings, gebeure en strydpunte.

R150 pp sluit aandete in.
rsvp: oopgesprek@filosofiekafee.co.za 

Plek: Rupert Museum, Stellentiaweg, Stellenbosch.
Tyd: 18:00
Datum: Vrydag 26 Julie 2019