Vrydagaand 10 November 2017 vanaf 19:00

Wit Afrikaanse vroue in postapartheid SA :
Christi van der Westhuizen


Tydens die opening van Suid-Afrika se eerste demokratiese parlement in 1994 het die nuut verkose president Nelson Mandela 'n beroep gemaak op 'n onwaarskynlike groep: wit Afrikaanse vroue wat tydens die apartheidsera gelyktydig “onderdrukker” en ”onderdrukte” was. Hy het die gedagte van die digter Ingrid Jonker as 'n Afrikaner en 'n Afrikaan in herinnering gebring van “ons strewe (wat) oor die bevryding van die vrou, die emansipasie van die man en die vryheid van die kind (moet) wees”.

Meer as twee dekades later is die vraag: Hoe het wit Afrikaanse vroue gereageer op die bevrydende moontlikhede van grondwetlike demokrasie? Met Afrikaner-nasionalisme in verval, en met amptelike apartheid wat vervaag het, het hierdie vroue hulself weer herontdek in opposisie teen die koloniale idees van ras, geslag, seksualiteit en klas?

Christi se nuwe boek wat einde Oktober verskyn: "Sitting Pretty: White Afrikaans Women in Postapartheid South Africa "
sal die basis van die gesprek wees.

Se het haar loopbaan as joernalis by die anti-apartheidkoerant Vrye Weekblad begin. Sy tree gereeld as kommentator op in plaaslike en internasionale media en was lank politieke rubriekskrywer vir die Independent Newspapers, Beeld en By, en is deesdae rubriekskrywer vir Netwerk24. Sy is ‘n genoot van die Democracy Works-stigting en was voorheen as navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van Kaapstad se Institute for Humanities in Africa (HUMA) en die Vrystaatse Universiteit se Institute for Social Justice and Reconciliation.
Christi is ‘n skrywer, politieke ontleder en mede-professor in Sosiologie aan die Universiteit van Pretoria.

R110 pp sluit aandete in.
rsvp: Leon by 0123231332 of gasheer@caferiche.co.za