Vrydag 11 Augustus

Hoe kan ons die los drade oor grond, aard?
 


Theo de Jager

 





Theo de Jager is ‘n hout- en vrugteboer in die Noordelike Drakensberg in die Tzaneen-omgewing. Hy is President van die Wêreld Landbou-organisasie en van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-unies. As president van die Pan African Farmers Organization het hy van 2013 tot 2017 op die Afrika-Unie se Land Policy Initiative in Addis Ababa gedien. Hy was vir ‘n dekade lank voorsitter van Agri-SA se beleidskomitee oor grondsake. Hy het in 1988 ‘n doktorsgraad in Afrika-filosofie aan die Universiteit van Pretoria voltooi, en 3 Afrikaanse digbundels gepubliseer.

Grond is 'n bate, rykdom. Dit is waaruit ons gemaak is en wat ons weer eendag word. Dit is ook die sekuriteit vir lenings, die basis van kollateraal. Grond is ‘n chemiese samestelling. Dit is vol lewe. Baie lewe daaruit en daarin, daarop en daaronder, daaroor en daar oor. Grond begrond identiteit, dit is ‘n getuienis van waar ons vandaan kom. Dit is ‘n plaas, ‘n hoewe, ‘n erf, ‘n erfenis. Grond is ‘n plek, ‘n kontrei, ‘n area, ‘n streek, ‘n land, ‘n kontinent. Dit is ook ‘n tuiste; dit is huis. Dit is rou, rou emosie. Dit is waaroor die bevrydingstryd gegaan het. Grond is waarvoor pioniers, vlugtelinge, Voortrekkers en immigrante trek. Dit is die grootste oorsaak van oorloë. Grond anker die produksie van kos, vesel en energiebronne. Grondkonflik het in minder as ‘n dekade Zimbabwe van die wêreld se spens tot die wêreld se asgat afgegradeer.
Kom ons gesels oor grond in Afrika.


Dit is oudergewoonte nie ‘n lesing nie en vind in ‘n bistro-atmosfeer plaas. Gaste kan met ander woorde tussendeur eet en ’n drankie geniet en reeds vanaf 18:00 smul aan ‘n keuse van drie keurige disse. 
Daar is professionele sekuriteitswagte gereël om die parkeerarea te patrolleer. 


Vrydag 11 Augustus 2017 vanaf 19:00

R90pp - sluit aandete in wat reeds vanaf 18:00 bedien word.


Bespreek by 012 328 3173 / hostess@caferiche.co.za

Iedereen Welkom!

Café Riche | Kerkplein 2, Pretoria 

Vanweë die opgradering van Kerkplein is sekere strate gesluit.
Toegang is tans moontlik vanuit drie rigtings nl:
a)    Suid: Vanaf Pretoria Stasie of vanuit Pretorius-straat: in Paul Kruger-straat, ry verby die bus terminus, links verby die Ou Raadzaal en parkeer reg voor Café Riche (Die ingang is nou oop om die A re Yeng busse te akkommodeer; alternatiewelik kan u regs in Parlement-straat draai om voor die ou Capitol Teater te parkeer).

b)Wes(minder wenslik): Vanuit W.F.Nkomo(Kerk)-straat, oor Bosman-straat en parkeer voor die Poskantoorgebou. Hierdie opsie is minder wenslik omdat daar nagklubs in die ou Poyntongebou is, en die lawaaimakers oorspoel in die straat.
c) Noord: Vanuit Paul Kruger-straat, kruis Madiba-straat (Vermeulen), ry links om Kerkplein en parkeer reg voor Café Riche. Noem asb aan die wagte by die geel versperrings dat u op pad is na Café Riche en hulle sal u deurlaat (Kerkplein is ook afgesluit, maar ons het gereël vir toegang vir ons gaste).

Volg ons op Twitter en neem aanlyn deel aan die gesprek: @Filosofie_Kafee #grondaard